kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat jy moet weet oor ystertekort

Wat jy moet weet oor ystertekort deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skeelhoofpyne, vergeetagtigheid, moegheid, hare wat uitval … ’n tekort aan yster kring veel wyer as net bloedarmoede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr. Vernon Louw, ’n hematoloog verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, sê dat ’n ystertekort die mees algemene gesondheidsprobleem in die wêreld is en dit affekteer meer as 2 miljard mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is yster se rol?

Yster is die hoofbestanddeel vir die produksie van hemoglobien wat die molekule in jou rooibloedselle is wat suurstof vervoer. ’n Tekort aan yster kan dus tot bloedarmoede lei.

Yster speel ook ’n belangrike rol in die werking van al jou organe; veral jou brein, lewer en hart.

Vroue loop ’n groot risiko vir ystertekort

Omdat vroue in hul reproduktiewe jare elke maand bloed deur maandstondes verloor, is dit die groep wat ’n hoë risiko loop vir ystertekort.

Dis ook die mees algemene oorsaak vir probleme tydens swangerskap. Om alles te kroon verloor ’n vrou ongeveer 1 000mg yster tydens ’n swangerskap wat ongeveer ’n kwart van haar eie ysterstore is.

Daar is ook sprake van ’n moontlike verbintenis tussen ’n ystertekort en postnatale depressie.

Lees ook: Yster of folaat?

Foto: pexels

Wie anders loop ’n risiko?

Buiten vroue wat menstrueer en swanger vroue, loop die volgende mense ’n hoër risiko vir ystertekort:

  • Pasgebore babas
  • Groeiende kinders en tieners
  • Mense wat operasies ondergaan
  • Gereelde bloedskenkers
  • Uithou-atlete (“endurance athletes”)
  • En enigiemand wat simptome toon.

Foto: pexels

Wanopvattings oor ystertekort

Baie mense – en dit sluit professionele gesondheidswerkers (“health professionals”) in – dink dat jy boedarmoede moet hê voor jy ’n ystertekort het.

Tog kan jy al die simptome vir ’n ystertekort hê sonder dat jy anemies is.

Hierdie simptome sluit die volgende in:

  • Moegheid
  • Geïrriteerdheid
  • Vergeetagtigheid
  • Swak konsentrasie
  • Eetgiere (“cravings”)
  • Sensitiwiteit vir koue,
  • Haarverlies
  • Naels wat maklik breek
  • Seer tong
  • Seksuele wanfunksie
  • En gedragsprobleme by jong kinders.

Die meeste mense met ’n ystertekort sal minstens een van hierdie simptome hê, maar gewoonlik is dit meer.

Lees ook: Moegheid weens lae ystervlakke of Vitamien B?

Foto: pexels

Dis belangrik om hiervoor te toets en uit te vind of jy te veel of te min yster in jou liggaam het

Suid-Afrikaners het ’n hoë voorkoms van aangebore hemochromatose.

Dis ’n oorerflike kondisie waar uitermatige absorpsie van yster uit ’n normale dieet  kan veroorsaak dat die liggaam met yster oorlaai word.

Ongelukkig kan ons liggame nie van ekstra yster ontslae raak nie en dan versamel dit in die lewer, pankreas, hart en ander organe. As dit nie behandel word nie kan dit tot orgaanversaking lei.

Een uit elke ses Suid-Afrikansers dra een geen hiervoor en een uit elke 116 het twee gene wat hul baie geneig maak om te veel yster te absorbeer.

Dus moet jy altyd eers toets of ’n dokter spreek voordat jy ysteraanvullings neem.

Lees ook: Hoekom jy nie self ysteraanvullings moet doen nie

Hoe toets jy vir ’n ystertekort?

Jy kan met ’n vingepriktoets (Ferricheck kan by ’n apteek gekoop word) toets, of jy kan bloed laat trek om by ’n laboratorium getoets te word.

Om seker te wees moet vir die volgende getoets word:

  • serumyster
  • serum-transferrin-versadiging
  • serum-ferritin
  • en hemoglobien

Lees ook: Hoekom doen my dokter ’n vingerprik-ystertoets?

As jy ’n ystertekort het: Wat nou?

Moenie ysteraanvullings neem as jy nie vasgestel het dat jy wel ’n tekort het nie.

Jy kan ’n ystertekort deur jou dieet aanspreek, maar medikasie kan dit gouer korrigeer.

Maer vleis en lewer is van die beste bronne van yster. Hoender en vis is ook goeie bronne.

Moenie koffie en tee saam met maaltye drink nie, want dit benadeel absorpsie.

Yster word beter geabsorbeer as dit saam met Vitamiene C ingeneem word. Eet dus vrugte en groente wat hoog is in Vitamien C is soos sitrusvrugte, aarbeie, broccoli en lemoensap.

Sekere medikasie soos teensuurmiddels wat sooibrand behandel, belemmer die absorpsie van yster. Dit geld H2-blokkers sowel as protonpompinhibeerders. As jy hierdie medikasie neem, neem dit in die oggend en drink ysteraanvullings in die aand.

Nuwe studies toon dat dit meer effektief is om elke tweede dag ’n ysteraanvulling te drink as om dit daagliks te doen. Hierdie nuwe manier van toediening is meer effektief en het beter resultate as om dit daagliks of twee keer per dag te neem. Dit wil voorkom of jou liggaam kanale om yster te absorbeer vir 48 uur afsny as jy aanvullings neem. Dus werk dit meer effektief om dit elke tweede dag te neem.

Lees ook: Kosse ryk aan yster

Hooffoto: spawns/istock images

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.