kategorieë: DieetGesondheid

Alles wat jy moet weet oor avokadopere

Alles wat jy moet weet oor avokadopere deur Salomé Delport. Foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoeveel avokado’s kan jy regtig eet?

Avokado’s is een van daardie hipervoedsame gesondheidskosse wat werklik lekker is. Boonop is dit ongelooflik veelsydig: jy kan dit inpak werk toe sonder om dit te verkoel; van kleintjies tot bejaardes, en hartlyers tot diabete kan avokado’s eet; dit is ’n heerlike geriefskos wat jy net so kan eet; aan die ander kant omtower dit van toebroodjies tot roomys in elegante ontwerperskos; dit maak selfs ’n wonderlike kosgeskenkie vir iemand wat siek is.

Lees ook: Die nuwe toebroodjie – avokadopere!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar kan jy soveel daarvan eet as wat jy wil?

Ongelukkig nie. Dit bevat taamlik baie kilojoules: amper duisend in ’n middelslag-avokado van 200 gram – so groot soos ’n driekwartkoppie, om dit makliker te visualiseer. Dit is ’n agtste van jou dag se kilojoules.

Daarby bevat avokado’s al twee (en baie van elkeen) bronne van kilojoules waaroor die groot dieetdebat gaan, naamlik koolhidrate en vette. Een avokado van 200 g bevat sowat 30 g vette – amper soveel soos jou vettoelaag per dag op die laevetdieet. Gelukkig is dit die beste moontlike vette, wat ’n avokado die ideale item as jou vetkeuse maak.

Lees ook: Hoenderslaai met avokadohoemoes en antieke grane

Vir banters is die 17 g koolhidrate daarin ’n groot hap uit jou koolhidraattoelaag vir die dag. Maar banters eet graag avokado’s, juis omdat die vette daarin jou versadig laat voel sodat jy minder eet.

Gelukkig tel voedingswaarde baie meer as kilojoules, vette en koolhidrate. Daarom sê albei groepe ’n derde tot ’n halwe avokado per dag is ’n verstandige porsie, met oorgenoeg voedingstowwe in ruil vir kilojoules.

Alles wat jy moet weet oor avokadopere

Lees ook: Almal praat hieroor – is dit tyd jy ook die vasdieet probeer?

Word avokado’s wat jy groen koop ooit regtig lekker ryp?

Soms kom jy op ’n winskopie af, ás jy kans sien vir ’n dosyn grasgroen avokado’s. Is dit jou geld werd?

Jy kry groen en té groen avokado’s, sê Julia Tew van Westfalia. “Groen avokado’s word tuis heerlik ryp. Té groen avokado’s ongelukkig nie.”

Avokado’s word om twee redes groen gepluk: dit kan nie aan die boom ryp word nie. Hulle word eers sag ná hulle gepluk is. Tweedens kan jy die rypword van groen avokado’s vertraag deur hulle te verkoel.

Lees ook: Eiers gevul met beet en avokado

Boere benut hierdie eienskappe om die tydperk van die boom na jou bord te verleng. Hulle pluk dus die avokado’s groen en hou dit koel tot dit by jou as verbruiker uitkom, waar dit in jou vrugtebak, wat tipies by kamertemperatuur staan, rustig ryp word. So kry jy die perfekte avokado al woon jy duisende kilometers ver van die naaste boord.

Dit is ’n wetenskap om ’n avokado te pluk sodat hy later lekker ryp word. Té vroeg het die olies nog nie genoeg ontwikkel nie en word jou avokado nie romerig ryp nie. Hoe langer die avokado aan die boom hang, hoe meer olie vorm en hoe romeriger smaak hy. In die regte klimaat kan avokado’s tot twéé jaar aan die boom hang voor hulle werklik ryp is. Boere gebruik spesifieke toetse om plukrypheid te bepaal – gewoonlik teen rondom 20 maande. As jy by betroubare handelaars groen avokado’s sien, kan jy hulle maar koop. Hulle is gepluk om ryp te kan word.

Lees ook: Kosse sonder suiker vir jou en jou kind

Maak avokado’s tuis ryp soos dit jou pas

  • Winkelavokado’s is ná 3-7 dae by kamertemperatuur ryp, maar as jy jou avokado’s in die yskas by 4 – 7 °C hou, word dit nie verder ryp nie. As jy ’n sakkie groen avokado’s koop, sit drie in jou vrugtebak om te begin ryp word, en die res in jou yskas. Elke keer wanneer jy een uit jou vrugtebak gebruik, sit een uit die yskas by. So kry jy gou ’n “ketting” van ryp avokado’s aan die gang.
  • Maak jou avokado’s vinniger ryp deur ’n groen avokado saam met ’n piesang of ’n appel in ’n papier- of lapsakkie te sit. Dié twee vrugte skei natuurlik etileen af, ’n gas wat avokado’s (en ander vrugte) stimuleer om ryp te word.
  • Te veel ryp avokado’s? Bak daarmee. Of verpulp die vlees saam met ’n lepel asyn of suurlemoensap en bêre in ’n lugdigte glasbottel wat klein genoeg is dat die avokado dit opvul. Dit hou ’n paar dae in die yskas.

Lees ook: Salm-en-avokadoslaai

Kan jy ’n avokado met bruin of grys kolle eet?

Ons het dit al almal oorgekom: wanneer jy die vrug oopsny, is die pulp bruin of grys. Lees jou avokado se vreemde kleure so, volgens Westfalia.

  • Die skil het klein bruin kolle; die pulp is normaal ’n Bietjie koue skade. Die avokado is heerlik.
  • Bruin kolle op die skil én tot in die pulp Swambesmetting. Gebruik jou goeie oordeel en kyk hoeveel van die avokado is nog geskik. As net ’n klein kol van die avokado aangetas is, kan jy sowat 1cm daar rondom uitsny, en die res van die avokado geniet. Gooi weg as dit deurtrek is van bruin kolle.
  • Die pulp is bruin Avokado’s verbruin om verskillende redes: ná jy dit oopgesny het, oksideer die olies en verbruin die pulp ’n bietjie. Dieselfde gebeur wanneer hulle oorryp word. Net soos ’n oorryp piesang heerlike piesangbrood maak, maak effens oorryp avokado’s heerlike gebak en gladdejantjies. Maar hokaai met erg oorryp avokado’s. Hulle smaak nie lekker nie – ook nie in gebak nie.
  • Bruin “draadjies” in die pulp Die avokado is nie heeltyd reg gestoor nie, of kom van jong bome af. Dit is geskik vir eet.
  • ’n Grys kleur Jou avokado is te lank en/of by te lae temperature gestoor. Gooi maar weg, want hy smaak nie lekker nie.

Lees ook: Die een dieetgeheim wat vir almal werk

Werk avokado-olie regtig as bakolie?

Die avokado se kroonjuweel is sy olie-inhoud – baie daarvan, en van die beste eet-olies wat jy kan kry. ’n Middelslag-avokado lewer sowat 2 eetlepels olie.

Ons ken koue gebruik van avokado-olie, soos oor slaai en vir pesto. Maar dit is ook ’n uitstekende warm olie. ’n Taamlik onbekende feit is dat avokado-olie die olie met die hoogste rookpunt is – van 250 °C tot 270 °C. Dit is belangrik om olies nie verby hul rookpunt te verhit nie, aangesien dit by hoër temperature begin oksideer en hul voedingswaarde verloor. (Die rookpunt vir botter, kanola, olyf- en sonneblomolie is sowat 170 °C, wanneer dit blou rook begin vorm en begin “verbrand”.)

Daarom kan jy met avokado-olie roerbraai, soteer, oondbak, verbruin en vleis braai. Daar is net een kooktegniek waarvoor avokado-olie nie geskik is nie: diepbraai. Sonneblomolie is beter vir aartappelskyfies, oliebolle en koeksisters.

Lees ook: Sjokoladekolwyntjies

Alles wat jy moet weet oor avokadopere

Wat van koek?

Avokado’s en avokado-olie werk uitstekend in koek, koekies, broodjies, skons, kolwyntjies, sjokoladebruintjies en selfs roomys, sê Westfalia.

As die resep een koppie botter gebruik, vervang jy dit deur ’n driekwartkoppie avokado-olie. Anders kan jy ’n vars avokado verpulp en dit koppie vir koppie pleks van botter in die resep gebruik.

Wenk Avokadopulp kan jou koek liggroen kleur. As dit jou pla, verbloem dit deur ’n bietjie kakao by te meng.

Nog ’n wenk By kamertemperatuur is avokado-olie loperig. Daarom werk dit nie in resepte wat daarop staatmaak dat die smeer by kamertemperatuur solied moet wees nie (soos botter in versiersuiker en botter wat moet help lug vasvang, soos in rolkoekbeslag).

Lees ook: Sjokolade-ontbytbakkie

Die voordele van avokado’s

Hoeveel omega-3’s is daar regtig in  avokado’s?

Die waarheid? Eintlik min.

Maar hier is vyf ander voordele van avokado’s

  • Avokado’s beskerm jou hart
    ’n Halwe avokado spog met sowat 20 g mono-onversadigde vette, en veral oleïese vetsuur, dieselfde een wat in olyfolie help om jou nadelige LDL-cholesterolvlak te verlaag. Die biobeskikbaarheid daarvan is besonder goed, met ander woorde dit is in ’n vorm waarin dit maklik opgeneem word.
    Lees ook: 11 maklike happies vir jou cholesterol
  • Avokado’s is goed vir diabete
    Dit lyk asof avokado’s en avokado-olie besonder voordelig is vir diabete, onder meer omdat dit die lewer, wat insulienvlakke beheer, help om beter te funksioneer. Dit lyk ook asof avokado’s kan help keer dat jy diabetes ontwikkel deur insuliensensitiwiteit te verhoog.
    Lees ook: Skakel oor na die laekoolhidraat-dieet
  • Avokado’s is uitstekend as jy swanger is
    ’n Halwe avokado gee jou 20% van jou dag se folaat, wat help dat die senuweestelsel van jou baba reg ontwikkel en geboorteafwykings soos spina bifida help keer.
  • Avokado’s help vir daaglikse gereeldheid
    Die vrug met die meeste vesel, en met oplosbare en onoplosbare vesel. Dit is net logies dat dit vir hierdie soort maagpyn moet help, en minstens een ondersoek het vasgestel dat mense wat gereeld avokado’s eet, ook meer gereeld is as nie-eters.
  • Avokado’s is uitstekend vir veganiste, vegetariërs
    Behalwe al die ander voedingstowwe bevat dit selfs 2 g proteïen.
    Lees ook: Wat is die verskil tussen vegetariërs en veganiste?

Groot nuus!

  • Avokado-skoonheidsprodukte is die volgende groot tendens
    Navorsers van velprodukte is gaande oor avokadovette. Waar ander olies bloot op die vel bly lê en ’n deklagie vorm (met die voordeel dat dit so velvog binnehou) gaan avokado-olie se vetsure verder. Dit dring die buitelaag van die vel binne, wat dit moontlik maak om velvoeding in die vel ín te trek.
    Lees ook: Voed jou vel met superkosse!
  • Avokado-olie help met wondgenesing
    Klein ondersoeke uit Brasilië wys dat operasiewonde wat met avokado-olie behandel is ná vyf dae opmerklik beter heel as onbehandelde snywonde.

Alles wat jy moet weet oor avokadopere

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.