kategorieë: Leef gesondGesondheid

Alles wat jy van dehidrasie moet weet

Die verskil tussen goeie hidrasie en ligte dehidrasie kan baie subtiel wees, maar die effek daarvan op jou lewensgehalte is onverwags groot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ongelooflik soos dit klink, kan selfs matige dehidrasie bydra tot buierigheid. Daarby voel mense wat gedehidreer is moeg en tam. Ligte dehidrasie word aan swak konsentrasie gekoppel. Dus, as jy moet konsentreer, fokus, helder oordeel vir moeilike besluite nodig het of feite moet memoriseer, drink water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is glad nie vergesog om te sê goeie hidrasie hou jou gelukkig, slim en propvol energie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die probleem is dat ons almal voortdurend vog verloor. Sweet, lugreëlings, waaiers en verwarmers is berug vir dehidrasie. En dan is daar ons sonnige klimaat, droë lug en wind. Alle soorte oefening, selfs swem, dra baie by tot dehidrasie. So ook ligte oefening soos trappe klim, huistake en tuinwerkies.

As jy selfs net effens dors voel of bewus daarvan is dat jou keel of lippe droog is, is jy reeds ligweg tot matig gedehidreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe keer jy dehidrasie?

Hier is die aanbevelings vir Suid-Afrikaners:

  • As jy regtig goed wil kies, kies water. Dit is kilojoule-vry, teenoor die 400 en meer kilojoules in die meeste ander vloeistowwe.
  • Water het verskeie ander voordele. Vir jou niere is water noodsaaklik om afvalstowwe af te voer. Een van die groot voordele van water is juis dat dit jou hidreer sonder om verdere stowwe by te dra wat uitgesuiwer moet word, soos die kafeïen in elke koppie koffie wat jy drink. Daarby is water ’n bron van minerale soos kalsium, magnesium en fluoried.
  • Vroue behoort ten minste een liter water per dag te drink.
  • Vir mans is ses glase water per dag die minimum.
  • Kinders moet water drink sodra hulle dors word.
  • Help skep ’n kultuur van water drink by jou kinders se skool. Kinders behoort toegang te hê tot gratis skoon water. Hulle kan aangemoedig word om voor of tydens pouse water te drink. Snoepies behoort koue water aan te hou. Party skole laat slegs water toe tydens skoolure.
  • Melk is ook uitstekend vir hidrasie. Die ideale hoeveelheid melk per dag is 600 ml. Hierdie bietjie meer as twee koppies per dag gee aan jou die noodsaaklike kalsium en magnesium vir jou skelet, sonder om te hoog in kilojoules te wees.
  • Beperk vrugtesappe. Moenie meer as ’n glas (240 ml) vrugtesap per dag drink nie. Dit bevat baie kilojoules en min voedingstowwe.
  • Beperk ook gaskoeldrank tot ’n glas of ’n klein blikkie per dag. Die beste is om dit meestal te vermy, veral as jy onaktief en/of oorgewig is.
  • Vars uitgedrukte vrugtesap en groentesap is ook hoog in kilojoules. Daarom is ’n koppie of 240 ml per dag die maksimum.
  • Dieetkoeldranke met kunsmatige versoeters is ’n goeie alternatief vir kilojoule-ryke drankies. Jy kan tot ’n liter of drie blikkies per dag drink.
  • Tee en koffie help ook met hidrasie. Maar oppas vir die suiker wat jy byvoeg. Gebruik ’n versoeter of drink dit sonder suiker. Hou by ’n maksimum van vier koppies koffie per dag. Maar jy kan tot agt koppies tee geniet.

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.