kategorieë: Bekendes

Almal is steeds hartseer oor Grumpy Cat

Almal is steeds hartseer oor Grumpy Cat deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: iStocl/musicphone1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Grumpy Cat, bekend vir haar vreemde, altyd-knorrige gesiggie, het sommer vinnig een van die wêreld se  grootste internetsensasies geword en staan tans op meer as 2,7 miljoen volgelinge op Instagram en 275 000 intekenare op YouTube. Die amptelike The Official Grumpy Cat-blad op Facebook het meer as 8.5 miljoen aanhangers en op Twitter meer as 1.5 miljoen volgelinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar voorkoms is die gevolg van ’n genetiese afwyking, katdwergisme, en ’n onderbyt (’n onderkaak wat onderontwikkel is). Sy het ook altyd effens gewaggel wanneer sy loop omdat haar agterbene effens langer as haar voorste bene was. Maar dít het net tot haar gewildheid bygedra…

Maar op Dinsdagoggend, 14 Mei 2019, is die wêreld geskok deur die nuus dat Grumpy Cat rustig in haar eienaar, Tabathta Bundsen, se arms gesterf het.

Grumpy Cat het ‘n internetsensasie geword toe ’n foto van haar op 22 September 2012 op die sosiale nuuswebwerf, Reddit, geplaas is deur Bryan Bundesen (Tabatha Bundesen se broer). Die eerste Imgur-beeld het in die eerste 48 uur van sy bestaan ​​in 2012 byna 1,030,000 kyke gekry, volgens Know Your Meme, ’n webwerf wat viral inhoud dokumenteer. Lolcats en parodieë wat deur Reddit-gebruikers uit haar foto geskep is, het viral geraak en só het sy vinnig-vinnig diep in mense se harte ingekruip.

Daarna het Grumpy Cat ’n algemene meme geword wat gereeld op sosiale media gespog het. Sy het ’n kulturele verskynsel geword wat kunsprojekte, parfuum, handelsware, Skechers-skoene, strokiesprente en selfs ’n Grumppuccino-koffie geïnspireer het. En boonop het haar beroemdheid haar regoor die wêreld geneem.

Sy was ook die amptelike “spokescat” vir Friskies, en het op verskeie Amerikaanse TV-programme, soos “Today”, “Good Morning America”, “American Idol” en “The Bachelorette” verskyn. En kan spog dat sy ook in die Broadway-musiekblyspel “Cats” verskyn het.

In 2017 is Tardar Sauce as een van Forbes se grootste influencers gelys. Sy was ook die ster van die Lifetime Channel-film, Grumpy Cat’s Worst Christmas Ever, wat in November 2014 vrygestel is, en is die eerste kat ter wêreld wat haar eie “wasfiguur” by Madame Tussauds in San Francisco gekry het.

In haar kort lewe het sy miljoene mense gehelp om te glimlag, en baie vreugde gebring in mense se lewens. Tardar Sauce sal vir ewig onthou word as die iesegrimmigste kat ter wêreld. Rus sag, liewe Grumpy Cat!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.