kategorieë: Video'sOntspanning

Almal praat hieroor: Jack Russel skou te oulik

Ons word oor en oor uit die veld geslaan oor die toertjies wat verskillende honde aangeleer het – van honde wat deur hoepels spring tot honde wat balle op hulle snoete balanseer. Skouhonde is veral bekend vir die verskeidenheid toertjies wat hulle uitvoer, selfs onder die druk van kwaai beoordelaars.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Brittanje veral word hondeskoue baie ernstig opgeneem. Honde en hul eienaars berei jare lank voor om in een van dié kompetisies deel te neem. Maar een baie oulike en eksentrieke Jack Russel wat aan die Crufts Dog Show se “Rescue Dog Agility”-skou deelgeneem het, het besluit hy gaan dit nie te ernstig opneem nie. Hy het besluit om eerder die tyd van sy lewe te hê!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So het die Jack Russel, met die naam van Ollie, nie net die beoordelaars en toeskouers se harte gewen nie, maar ook dié van miljoene mense regoor die wêreld. Ollie se video is al meer as sewe miljoen keer op YouTube gekyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aan die begin van die video probeer Ollie om oor een van die struikelblokke te spring, maar hy spring veels te vroeg en land plat op sy gesiggie. Dit het natuurlik geen effek op se opgewondenheid nie en hy staan net daar op en hardloop verder. Op kere hardloop hy totaal en al in die verkeerde rigting, gaan groet die toeskouers en gaan kyk sommer ook wat alles in die hoek aangaan.

Alhoewel Ollie waarskynlik nie binnekort ’n skou gaan wen en met ’n blou lint huis toe gaan nie, het hy beslis ons harte gewen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk gerus na Ollie se oulike optrede hier:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.