kykNET is dus opgewonde om ’n nuwe deelnemer in sy plek aan te kondig – die 23-jarige Willie van Viljoenskroon in die Vrystaat. Willie het onlangs sy B.Com-graad in Landbou-Ekonomie aan die Noordwes-Universiteit behaal en is ’n saai- en beesboer.

Om vir Willie ’n regverdige kans te gee, sal die sluitingsdatum vir briewe aan hom met ’n week verleng word. Diegene wat aan Willie ’n brief wil skryf, moet dit teen middernag op 2 Junie 2017 doen – briewe aan die ander nege boere moet steeds teen middernag op 26 Mei 2017 gestuur word.

Enige iemand wat die boere beter wil leer ken en wil inskryf, kan die boere hier ontmoet. Vir meer inligting kontak 072 531 0797 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

Inligting verskaf deur kykNET