kategorieë: Bekendes

Altus Theart en Zetske van Pletzen se toonkrulliefde

Altus en Zetske is albei ervare akteurs en verhoogwerk bruis veral sterk in die twee se talentvolle are. As Zetske nie voor die kameras besig is of gehore vermaak nie, gee sy dramaklasse. Altus is by kunstefeeste te sien in die verhoogstuk Samoerai en op kykNET speel hy die rol van Fafa Beltrami in die dramareeks Getroud met rugby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die smeulende paartjie het mekaar op die stel van die dramareeks Kruispad ontmoet. “Ons het dadelik gekliek. Ek het van hom gehou toe ek hom die eerste keer sien, maar dit was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Ek glo nie regtig daaraan nie,” sê Zetske. “Ek is mal oor sy sin vir humor en sy selfvertroue. Hy is ’n baie warm en toeganklike mens. Ek het vinnig agtergekom ‘there’s more to him than meets the eye’.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek love dit om by Zetske te wees,” sê Altus van sy donkeroognooi. “Ons chill by die huis, kyk movies, gaan weg wanneer ons kan, gaan ry quad bikes en eet by romantiese plekkies. Ek verras haar gereeld met blomme – sy is mal oor blomme – en so nou en dan ’n chocolate. As sy soet was. (Grappie!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons bederf mekaar met masserings wanneer een van ons ’n lang dag op stel gehad het. Ek moet bieg – ek is ’n hopeless romantic. Ek het al ’n paar keer aan die liefde begin twyfel weens vorige verhoudings wat nie gewerk het nie, maar toe kruis Zetske my pad en bewys aan my dat liefde wel bestaan. Dis vir my absoluut amazing as ek by Zetske aankom en sy wag vir my op die stoep en hou my styf vas – so asof sy my ’n maand laas gesien het – al was ek net gou kafee toe!”

Die paartjie deel dieselfde waardes en is volbloed-adrenalienverslaafdes. “Ons is altwee Christene en het dieselfde waardes. Ons wil albei dieselfde uit die lewe hê en deel ’n groot liefde vir die kunste. Ons geniet extreme sport en die buitelewe en kan nie wag om saam uit ’n vliegtuig te spring nie!” sê Zetske.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar aantreklike kêrel glo kommunikasie is een van die belangrikste aspekte van ’n suksevolle verhouding. “Ek en Zetske kon nog altyd lekker gesels. Om met mekaar te kan praat is vir ons die belangrikste aspek van ’n verhouding. Ons praat ’n ding uit sodat ons kan vasstel wat fout is en kan besluit wat ons daaraan gaan doen voor dit dalk weer gebeur. Compromise en vergifnis in ’n verhouding is ook baie belangrik.”

5 vrae aan Zetske

Wat is jou gunsteling-liefdesfliek?
Daar is baie! Van my gunstelinge is Bridges of Madison County en The Notebook.

Wie is vir jou die romantiesste bekende paartjie?
Will Smith en Jada Pinkett-Smith. Hulle is een van die min rolprentpaartjies wat ná 12 jaar nog saam en gelukkig is. Hulle handhaaf ’n goeie balans tussen die kollig en hul persoonlike lewens.

Is daar baie druk op ’n paartjie wat in die vermaaklikheidsbedryf is?

Ek dink daar is wel ’n bietjie druk, maar net omdat ons meer in die openbare oog is. Dit is soms moeilik, maar op die ou end is dit ’n verhouding, nes enige ander. Ek glo nie die publiek of media sal ons verhouding beïnvloed nie.

Wat is jou en Altus se resep vir liefdesgeluk?
Kommunikasie. As daar iets is wat krap, pluis ons dit uit, ons laat nie dinge broei nie. Ons behandel mekaar altyd met respek, selfs al sit ons vas. Ons is beste vriende en hoef nie voor te gee as ons by mekaar is nie. Ons aanvaar mekaar en gee mekaar ruimte.

Som Altus in ’n paar woorde op.
Sagte hartjie. Fun. Liefdevol. Sexy.

5 vrae aan Altus

Wat is die meeste pret: om enkellopend of in ’n verhouding te wees?
Albei het sy voor- en nadele, maar ek sal ’n verhouding met Zetske vir niks anders verruil nie. Ek het altyd my beste vriend én my meisie aan my sy – in een mens! Met wie anders sal jy nou die dinge wat vir jou belangrik is, wil deel? Dis beslis meer pret saam met haar as om single te wees!

Wat beteken dit vir jou om ’n verbintenis met Zetske te hê?
Om alles vir haar op te offer. Om altyd daar te wees wanneer sy my nodig het, hetsy met ’n skouer om op te huil of ’n oor om te luister, of om net daar te wees as sy ’n drukkie nodig het. Om haar altyd eerste te stel. Sy is my one and only.

Watter kenmerke van haar waardeer jy die meeste?
Fisiek? Alles! Veral haar oë en bene. Haar geaardheid. Sy is so ’n sagte en warm mens en het soveel liefde om te gee. Sy aanvaar my en die mense om haar soos ons is, sonder om te oordeel. Haar lag is aansteeklik. Sy het nou maar net daai onweerstaanbare “iets”.

Wat is vir jou belangrik in ’n verhouding?
Vertroue, verdraagsaamheid, nederigheid, gehaltetyd saam, om die klein dingetjies te onthou wat jou aanvanklik na haar toe aangetrek het, vergifnis, passie, liefde en ’n sin vir humor.

Som Zetske in ’n paar woorde op.
Donkerkop, prikkelpop, liefdevolle engelmensie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.