kategorieë: Bekendes

Angelique Gerber & ander bekendes se tweelinge

Jacques Junior kry eersdaags nie een nie, maar twee nuwe sibbe by. Sy ma, Angelique Gerber en pa, Jacques Potgieter het onlangs aangekondig dat Angelique swanger is met ’n tweeling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

A post shared by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ander Suid-Afrikaanse bekendes wat met tweelinge spog is Karlien van Jaarsveld en eks-man Derick Hougaard met hul twee seuntjies Eliah en Daniel.

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Oorsee is Beyoncé moontlik die bekendste tweeling-ma met haar seuntjie Sir en dogtertjie Rumi. Bayoncé en haar man, Jay Z, het hul kinders se name as amptelike handelsmerke geregistreer – nes die twee met hul eie name gemaak het. Die naam Sir is ’n manstitel, en Rumi is glo ’n gewilde Japanese babanaam, maar ook dié van die 13de-eeuse Persiese digter.

Lees hier oor die aankondiging van hul geboorte.

Jennifer Lopez se tweeling se name is Emme en Max. Hulle is nou nege jaar oud.

Mariah Carey en haar voormalige man, Nick Cannon, het ook ’n tweeling: Moroccan en Monroe. Dié boetie en sussie is gereeld aan Carey se sy en sy laai gereeld foto’s op Instagram waar hulle saamkuier.

Ander bekendes met tweelinge sluit in Julia Roberts en haar man Daniel Moder met boetie en sussie Phinnaeus en Hazel. George en Amal Clooney se tweeling is op 6 Junie 2017 gebore. Dié boetie en sussie se name is Alexander en Ella.

Die Jolie-Pitt-huishouding het ses kinders in totaal. Angelina Jolie en Brad Pitt, wie se verhouding deesdae redelik onseker is, het drie aangenome kinders (Maddox, Pax en Zahara) en drie biologiese kinders (Shiloh, Knox en Vivienne). Knox en Vivienne is boonop ’n tweeling en hul name is familiename van Jolie se kant af.

Ons wonder nogal wat Angelique en Jacques se tweeling genoem sal word …

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.