kategorieë: Ons menseBekendes

ARD Matthews en Tanya van Graan het sopas ‘n liedjie vrygestel – en ja, hulle is verlief!

ARD Matthews, `n ikoniese figuur in Suid-Afrikaanse musiek met ‘n nalatenskap wat oor dekades strek, en Tanya van Graan, ‘n bekende aktrise wie se vertolking in die huidige MNET trefferreeks Summertide, die publiek se verbeelding aangegryp het, is meer as `n kragpaar, hulle is deesdae ook artistieke vennote.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hul nuwe Afrikaanse enkelsnit “Die Rede” is Vrydag uitgereik. ARD het die liedjie `n rukkie terug reeds geskryf, maar nooit daarby uitgekom om dit op te neem nie. Toe hy en Tanya se paaie as paartjie kruis, was dit ‘n natuurlike gevolg – en hy het haar oortuig om saam met hom die liedjie op te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is ARD se eerste Afrikaanse liedjie en simboliseer ‘n diep konneksie tussen my en Tanya.  Ek het dit nie destyds geweet nie, maar ek het die liedjie eintlik vir haar geskryf,” vertel hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié glanspaartjie se liefdesreis het glo begin nadat Tanya die besluit geneem het om haar rol in die gewilde MNET-reeks Summertide te aanvaar terwyl sy een oggend op ‘n spesifieke bankie op Houtbaai-strand gesit het, die einste bankie waar ARD elke oggend sy handdoek los terwyl hy in die yskoue see gaan swem.

Foto: Verskaf/Marcos Cruz

ARD Matthews is ‘n ikoniese solo-kunstenaar en voorsanger van die gewilde groep Just Jinjer.

Tanya se reis van die skerm na die alteljee het vir haar gevoel soos ‘n natuurlike evolusie van haar kunstenaarskap, veral omdat sy nou saam met Ard kan leef en werk.

“Ons samewerking is meer as net ‘n projek, dit is ‘n bewys en ontgunning van ‘n liefde wat op die mees opregte en onverwagte maniere floreer. Dis asof ons persoonlike geskiedenisse en hoop vir die toekoms, soomloos in ‘n gedeelde kreatiewe visie saamsmelt,” vertel sy.

Foto: Verskaf/Marcos Cruz

Die video van “Die Rede” is volgens die paar ‘n spontane verfilming van tyd wat hul saam spandeer het, die meeste daarvan terwyl hulle in die motor ry en sing.

Tanya vertel, “dis vir ons ‘n organiese keuse, ons is nie net twee sangers wat saamwerk nie, ons is gelukkig saam en ons sing dit vir mekáár.”

Stroom “Die Rede” hier.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Riaan Grobler, ’n meester van musiek en stories

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.