kategorieë: Ontspanning

Arendsvlei-kykers bedroef ná geliefde karakter sterf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Langes (Bobby Stuurman) het al lank sy mes in vir Bompie (Jarrid Geduld), en alhoewel hy ’n ruk gelede besluit het om vir Bompie te ignoreer, het nuwe inligting hom laat rooi sien. Eva (Devonecia Swartz) het tydens Langes se tronkbesoek laat val dat Bompie haar gemanipuleer het om haarself aan die polisie oor te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was vir Langes die laaste strooi. Bompie se talle dreigemente, Janice se ongeluk en nou sy eie suster wat in die tronk sit, het Langes laat besluit tot hiertoe en nie verder nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Langes se familie en vriende het hom probeer keer, maar hy het hulle soos ’n stopstraat geïgnoreer en Arendsvlei platgery op soek na Bompie. Maar toe hy uiteindelik vir Bompie by die Mortlocks kry, het hy nooit gedink sy lewe sal so drasties verander nie. ’n Skietgeveg het tussen dié twee uitgebreek. Ayesha (Megan Saayman) het op die verkeerde tyd ingestap en is deur Langes doodgeskiet.

Ayesha se janazah (begrafnis) is op dieselfde dag gehou in die teenwoordigheid van haar familie en vriende.

“Dit was vir my ’n groot eer om deel te kon wees van die Foster-familie. Ek het so baie van Jody Abrahams en Crystal Donna Roberts geleer. Ek oordink baie dinge, maar met Jody in die omtes het jy nie tyd om te veel dink nie – jy laat gaan net en leef in die oomblik,” sê Megan oor haar tyd by Arendsvlei.

Vir Megan sal die tye tussen verfilming die grootste gemis wees. “Tussendeur tonele skiet, was die lekkerste tye van Arendsvlei. Almal sit bymekaar en vertel stories net om tyd verby te laat gaan. Mens sal die snaaksste stories hoor, maar ek is nie iemand wat baie praat nie. So, ek het geluister en baie geleer,” vertel sy.

Nie net moet die verpletterde Langes nou rou nie, maar hy moet ook versigtig wees dat niemand uitvind wie vir Ayesha geskiet het nie. Sal Bompie sy geheim bewaar?

Skakel elke Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in om te sien wat die pad vorentoe vir Langes inhou. Arendsvlei is op beide DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.