kategorieë: Blogs

As 18-jariges weer op 38 saamkuier

Ek sien vandeesweek op Facebook dat daar onder fliekentoesiaste ’n wêreldwye aftelling is tot 21 Oktober 2015. Die rede? Dit is een van die datums waarop Marty McFly – gespeel deur die mooie Michael J. Fox – danksy die eksentrieke professor Emmett Brown terugreis na die toekoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die afgelope naweek het ek self so ’n “Back to the Future”-ervaring gehad: My twintigjaar-Matriekreünie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoewel ek steeds nie lekker weet hoe de drommel dit gebeur het dat reeds t-w-i-n-t-i-g jaar verloop het sedert my skoolbankjare nie, het ek ten spyte van my reünievrese, tog maar besluit om deur te druk en te gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die voorafgaande week het tonele uit elke tweederangse tienerfliek oor hoërskoolreünies in my kop afgespeel en ek het telkens gewonder of ek nie maar die nare lenteverkoue as verskoning moet inspan om nie te gaan nie.

Wat as niemand my herken nie? Of wil herken nie? Wat as iemand my wél herken…?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek is oor die algemeen ’n sentimentele sot wat soms herinneringe uit my kinderjare opdiep en met ’n glimlag of traan terugdink aan meer sorgelose tye. Die gedagte om ’n laerskoolmaat uit die ou Wes-Transvaal na 25 jaar in die Kaap raak te loop, maak my kinderlik opgewonde.

Ek koester vriendskappe wat danksy sosiale media en tegnologie steeds dekades later in stand gehou kan word.

Maar, ek is ’n introvert wat veel makliker na die stemmetjies in my kop sal luister, as om oor koeitjies en kalfies te gesels met mense wat ek nie (meer) regtig ken nie. Nie omdat ek nie wil nie, maar omdat ek wegskram van die moontlikheid dat mens heelaand met ’n mond vol tande gaan sit en jou tafelgenote sal verveel.

Kort voor die tienjaarreünie het ek ’n miskraam gehad en in daardie stadium nie kans gesien vir kuier en sosialiseer nie. Daar sou dus by die twintigjaarreünie maats wees wat ek letterlik twintig jaar laas gesien het aangesien hulle nie op Facebook is nie.

Nogal ’n angswekkende gedagte!

Maar, te midde van die “Wat as…?” het ek Saterdagaand my Rudolf die Rooineus Rendier-verkoueneus gesnuit, in my nuwe jean en ou stewels ingeklim en saam met my aantreklike metgesel van die afgelope 19 jaar die pad aangedurf na my alma mater se sportsaal.

Met die inry by die sporthek, het dit my opgeval hoe dieselfde alles steeds lyk. Geen nuwe geboue op die terrein nie en ek het onder die boom parkeer waar ek soms saam met ’n vriendin gewag het dat haar ma haar na skool kom oplaai.

As Novemberbaba moes ek my hele Matriekjaar deur kyk hoe maats agttien word, lisensies kry en op vier wiele rondkerjakker. Maar, hier, twintig jaar later ry ek darem nou ook in by die skoolhek, het ek met ’n senuweeagtige glimlag vir my man gesê.

Daar was nie ’n klomp flitsende kameras soos met die Matriekafskeid nie, daar was nie ’n rooi tapyt nie, daar was ook nie groepies slanke tieners wat agter bakhande fluister nie. Met die instap in die saaltjie, was dit wel asof twintig jaar wegval.
Die saaldekor was steeds redelik dieselfde al het daar nuwe foto’s teen die mure gepryk.

Wat my egter die meeste verbaas het, was dat ek elke gesig wat daarbinne gestaan en gesels het, herken het.

Van die ouens was nou wel gryser om die slape, van hulle het meer spiere (bultend of rustend) gehad as in die eerstespandae; van die meisies het ander haarkleure en (gelukkig) –style gehad as op skool – daar was nie ’n enkele haarsprei-styfgespuite bubble in sig nie! Maar, elkeen van die 33 Matriekmaats wat uit ons groep van 130 hier in die saaltjie byeengekom het, is nogsteeds herkenbaar.

Danksy sosiale media het ek redelik geweet wat in die meeste se lewens aangaan en watter eggenoot aan wie behoort. Maar, ek was wel verbaas oor hoe gou mens sommer so in die staan en groet opvang met diegene waarmee jy nie Facebook-kontak gehad het die afgelope twee dekades nie.

En hét ons opgevang. Dit was asof daar nie studentejare, troues, kinders kry, loopbane, loopbaanskuiwe, verliese, dertig kilogram, teleurstellings, suksesse en ander ervarings ’n demper kon plaas op die blye weereens van ’n groep tydgenote wat nou oud genoeg was om sonder clicks en issues te besef dat dit inderwaarheid ’n voorreg is om na twee dekades weer skouers te skuur en sommer net saam te ontspan nie.

Ons het gesmul aan spitbraaigeregte en glasies geklink op die vreugdes en frustrasies van menswees op 38-jarige ouderdom. Ons het gekuier. Ons het gelag. Ons het meelewend geluister na herinneringe aan vriende en geliefdes wat nie meer op aarde is nie. Ons was terselftertyd jonk en nie meer só jonk nie. Maar, dit het nie saak gemaak nie – ons was hier en ons het mekaar se geselskap geniet.

Sedert Saterdagaand gons die Klas van ’95 se Facebookblaaie weer met ’n arsenaal nuwe herinneringe soos foto’s en staaltjies van ons twintigjaarreünie gedeel word. Maats van oorsee en elders wat dit nie kon bywoon nie, kan só deel in die pret.

Ek vermoed daar is van hulle wat netso verbaas is soos ek oor hoe lekker loslit en goed vir die gees ’n weersiens na twee dekades kán wees.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.