kategorieë: Blogs

As, en nou

As vandag my laaste dag op aarde was sou ek:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• vroeg opstaan en met my beker koffie onder ’n kombers langs die swembad gaan sit en wag dat die son opkom;
• vir my huismense brêkfis in die bed bring – eiers, spek, roosterbrood met kaas en appelkooskonfyt – en dit oorhandig sonder ’n “moenie mors nie” of ’n fronsende “pasop”;
• vir Emma-kind poeding gee as sy poeding vra, al is dit skemerdonker-skuins-voor-sewe-op-’n-Maandagoggend (sy glo immers elke maal word elke dag met poeding afgesluit);
• en, regverdige ma wat ek is, my seunskind toelaat om ’n pajamadag te hê, sonder tandeborsel of bad;
• my man vergewe as hy ongeduldig brom oor dit en dat; “als reg, kom huis toe vanaand, my Skat”;
• die hopies eenkant toe skuif, vergeet van werk en mid-oggend grimeringloos in my gemaklikste jeans en T-hemp wegloop vir ’n fliek saam met ’n vriendin, my foon af, wit sjokolade in my sak;
• later Ma, Pa, broers en skoonsusters bel en lag oor Pase, Kersfees en kleintyd-verjaarsdae saam…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As vandag my laaste dag op aarde was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is nog nie; genadiglik nie.

So hoe gemaak as jy vir ’n tweede keer vanjaar hier staan? Wonder ek in die nanag, soekende na keteltroos as kateltroos ontwyk. Skuins na twaalf land die e-pos: ons werk deur haar laaste lysie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

‘n Talentvolle, liefdevolle vriendin siek, kankersiek. Die tweede een dié jaar. Ek lees die e-pos oor en oor en oor. Spyt oor elke koppie koffie wat ons nie saam gedrink het nie. Diep dankbaar vir elkeen wat wel daar was.

As, en nou . . . ‘n bolmakiesie in my kop. Op die ewige Facebook kyk ek in die mooi oë van die Britse akteur Hugh Laurie, House-faam se ongeskikte arts met ‘n aweregse hart:

It’s a terrible thing, I think, in life to wait until you’re ready. I have this feeling now that actually no one is ever ready to do anything. There’s almost no such thing as ready. There’s only now. And you may as well do it now. I mean, I say that confidently as if I’m about to go bungee jumping or something – I’m not. I’m not a crazed risk taker. But I do think that, generally speaking, now is as good a time as any.

As, en nou.

Vroegoggend sleep ek die kombers buitentoe, gaan sit langs die swembad en vou my hande om die warm, wasige koppie en kyk hoe die son opkom.

Nou. Dis nou.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 hour Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.