kategorieë: KalenderOntspanning

Aunty Merle The Musical  in Johannesburg

Aunty Merle The Musical  in Johannesburg deur Corlia Fourie. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gehoor lag dat die trane loop in Marc Lottering se heerlike musiekblyspel  Aunty Merle The Musical wat uiteindelik na drie seisoene in die Kaap in Johannesburg aangekom het. Die spelers speel, sing en dans nie net tegnies goed nie, maar met hul hele hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die verhaal draai om Aunty Merle se dogter Abigail, gespeel deur Tracey Lee Olivier wat met die whitey Alan White (Paul du Toit) gaan trou. Daar is egter ’n onaangename geheim in Abigail se verlede wat deur haar vorige kêrel, Denver Paulse (gespeel deur Loukmaan Adams),  ge-openbaar word om die trouplanne te verongeluk.

Daar is nie een swak skakel in die opvoering nie, maar Marc Lottering steel die kollig met sy vertolking van die titelrol. Tydens onderhoude vertel hy dat hy die karakter gegrond het op sy ma en twee van haar vriendinne wat hy as kind dopgehou het. Mensig, maar hy is ’n goeie waarnemer en ’n uitstekende akteur en komediant.  En ’n baie oortuigende Aunty Merle van Elsiesrivier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die musiekspel deins nie terug van kontroversiële kwessies en sosiale kommentaar nie: rassisme, homoseksualiteit, staatskaping ens. kom onder die loep, maar dit word op ’n manier aangebied wat die lagspiere prikkel.

Die  musiek is geskryf deur Tarryn Lamb en Marc Lottering en sluit heerlike  liedjies  soos “I believe in love”, “Don’t call me Ouma”, “Always a Lekker Story” en “Hier kom ‘n Ding” in. Die pryswennende regisseur,  Lara Foot,  het die regie  – so goed – waargeneem.

Daar is heeltemal niks in die produksie wat ‘n wanklank veroorsaak nie.  Dit word werklik aanbeveel.

Kaartjies vanaf R145. Vir meer inligting, besoek die webwerf: www.joburgtheatre.com

Gesels saam met die hutsmerk: #MerleInJozi

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.