kategorieë: Kos

Avokado’s met ’n groen of donker vel is dubbeld so lekker

Die botterige, romerige avo’s met groen velle is die Fuerte, Edranol, Ryan, Reed en Pinkerton, en hulle is vanaf Maart tot Oktober beskikbaar. Die ryker, neuterige avo’s met die donkerder vel is die Hass, Maluma Hass en Lamb Hass wat van Maart tot November beskikbaar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Avo’s met ’n donker of groen vel is albei groen as dit nog nie ryp is nie. Die groen tipe bly groen wanneer dit ryp is terwyl die donker avo’s persswart raak as dit ryp is – moet dit asseblief nie druk nie! Hoewel avokadopere in kleur, vorm en grootte mag verskil, is dit ’n goeie bron van voedingstowwe en kan deel van ’n gesonde eetplan uitmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die beste ding van avo’s is, dis:

– Hoog in energie.

– Hoog in gesonde vette vir jou hart.

– Hoog in vitamien K.

– Hoog in biotien.

– Cholesterolvry.

– Natriumvry.

– ’n Bron van vesel.

En wanneer dit kom by kreatiwiteit in die kombuis, dan is albei soorte ewe goed en is daar geen einde aan die peuselhappies, ligte maaltye, voorgeregte, hoofgeregte, nageregte, gebak en soet lekkernye wat jy daarmee kan maak nie.

RESEP:

Gepluisde hoenderstukke met drie bestanddele

Gebruik ’n drukkoker of Instant Pot om hierdie maklike resep te maak. Dit is die perfekte gereg wat vooraf vir besige weeksaande berei kan word en dis boonop ongelooflik veelsydig. Dit kan oor rys of gebakte aartappel bedien word, en dis heerlik in ’n worsrolletjie of burger.

4 porsies

Voorbereidingstyd: 10 minute + 30 minute marineer

Kooktyd: 40 minute

Bestanddele

– 3 hoenderdye, sonder vel

– 3 hoenderborsies, sonder vel

– 30 mℓ (2 e) Meksikaanse kruie, enchilada-mengsel of fajita-kruiemengsel

– 250 mℓ (1 k) hoenderaftreksel

– 1 bottel salsa

Bedien

– 1 groot, ryp avokadopeer, afgeskil, ontpit en gesny

– 1 sprietui

– Lemmetjie- of suurlemoenwiggies

– Brandrissie en gepekelde jalapeno

– Koolslaaimengsel

– 4 broodrolletjies

– Vars koljander om meer te versier

Metode

1. Gooi hoenderstukke met kruiemengsel en sit vir 20 minute opsy om te marineer.

2. Voeg hoenderaftreksel, salsa en hoender laag vir laag in drukkoker of Instant Pot – moenie roer nie. (Dit sal die brandkennisgewing op die pot voorkom.) Maak deksel goed toe en skakel tydhouer op 20 minute.

3. Wanneer tyd verby is, laat druk stadig vir 10 minute natuurlik vry voordat jy die uitlaatklep oopdraai.

4. Wanneer dit oop is, verwyder hoenderstukke van sous en verminder sous deur die “sauté”-knoppie op die Instant Pot te druk. Laat prut sous tot dit verminder en verdik het.

5. Gebruik twee vurke en versnipper hoender op broodplank. Voeg gepluisde hoender terug in sous en meng.

6. Opdiening: Rooster die broodrolle liggies. Skil, ontpit en sny avokadopeer. Plaas ander bykosse in bak sodat almal hul eie burger kan bou.

Maak nie saak wat jy vir jou volgende gereg beplan nie – voeg ’n avo by. Of dit nou aan die kant, bo-op of binne-in is – avo’s met groen velle of donker velle is dubbeld so lekker.

Vir meer inligting en avo-resepte, besoek www.avocado.co.za, volg @iloveavocadoSA op Facebook en @iloveavosa op Instagram.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor avokadopere

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.