kategorieë: Ontspanning

Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die fees se suksesvolle kortfilm-mentorskapprojek, waarmee kykNET ’n nuwe geslag filmmakers se loopbane ’n hupstoot gee, kring vanjaar uit na dokumentêre. Vir die eerste keer sluit die vol feesprogram die loodsepisodes van splinternuwe televisie- en stroomdiensreekse ook in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dag in Kaapstad is voorskoue van die kortfilms, dokumentêre en speelfilms vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die 11de kykNET Silwerskermfees (SSF) vind tussen 23 en 26 Augustus by die Bay Hotel en Theatre at the Bay in Kampsbaai plaas. Ná drie dae van kykgenot, verskuif die feesglans op die laaste aand na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks), waar die gesogte Silwerskerm-standbeeldjies onder die applous van meer as 1000 gaste aan vanjaar se filmfeespresteerders en die televisie-uitblinkers van die afgelope jaar in 28 kategorieë uitgedeel sal word.

Dié swierige geleentheid met die grootste sterre op kykNET se blou tapyt, en topmusikante op die verhoog, word die volgende aand, Sondag 27 Augustus, op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die benoemdes in die verskeie televisiekategorieë sal teen einde Junie aangekondig word

Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale, het aan gaste vertel dat wat die SSF van ander filmfeeste onderskei, is die kortfilms, want dis die broeikas van besondere nuwe talent. Vanjaar ding 14 kortfilms, vyf speelfilms en en ses dokumentêre wat almal tydens die fees première, om die gesogte beeldjies mee. Hy het ook gesê dat hy hoop die voordele wat die SSF vir rolptente gehad het, ook vir idioom van TV sal werk.

Nicola van Niekerk, Hoof van M-Net Premium-inhoud en ko-produksies, Tina Kruger, programhoof en Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale by die bekendstellingsfunksie.
Gaste hoor al die opwindende nuus wat vanjaar se fees nog beter en groter as vorige jare gaan maak.

Speelfilms

Vanjaar se Silwerskermfeesspeelfilms sluit twee verwerkings van blitsverkoperromans in: Hans steek die Rubicon oor, deur Rudie van Rensburg, en Annie Klopper se romantiese komedie Die tragiese saak van Pamina Vermaak.

Nicola van Niekerk, Hoof van M-Net Premium-inhoud en ko-produksies, het gesê die speelfilms is vanjaar baie kommersieel. “Dis wat ons wil hê, want ons wil mense terug in teaters kry.”

Die knorrige ou Hans wat in ’n ouetehuis gestop word en sy mede-inwoners opsweep tot ’n rebellie teen dié “tronk” se drakoniese reëls word deur die geliefde Pierre van Pletzen vertolk. Onder die akteurs wat die rolle van sy kostelike troepe speel, is die legendes Tobie Cronjé, Sandra Prinsloo en June van Merch. Die veelbekroonde aktrise Nicola Hanekom is die bitterbekmatrone wat almal se pret bederf.

In: Hans steek die Rubicon oor, word die knorrige ou Hans wat in ’n ouetehuis gestop word en sy mede-inwoners opsweep tot ’n rebellie teen dié “tronk” se drakoniese reëls word deur die geliefde Pierre van Pletzen vertolk. Onder die akteurs wat die rolle van sy kostelike troepe speel, is die legendes Tobie Cronjé, Sandra Prinsloo en June van Merch. Die veelbekroonde aktrise Nicola Hanekom is die bitterbekmatrone wat almal se pret bederf.

Die bekende televisiepersoonlikheid Kabous Meiring maak haar debuut as speelfilmregisseur met Die tragiese saak van Pamina Vermaak. Carla Smith, wat verlede jaar as die fees se beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Skyn aangewys is, vertolk die rol van Pamina, die joernalis wat na ’n skilderagtige Weskusdorpie vlug nadat sy ’n herrie op kantoor veroorsaak het. Dis waar sy haarself vasloop in die rockster Wolf de Jager, wat ook ná ’n skandaal wegkruip. Christiaan Schoombie (Troukoors en Desert Rose) is die aantreklike Wolf. Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius, Armand Aucamp en Duane Willams is almal deel van die sterbelaaide rolverdeling.

Carla Smith, wat verlede jaar as die fees se beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Skyn aangewys is, vertolk die rol van Pamina in Die tragiese saak van Pamina Vermaak.

Nog ’n romantiese komedie op die speelfilmprogram is Frankie en Felipé. Vir dié rolprent het Bradley Olivier en Solomon Cupido die toutjies vóór en agter die kamera getrek. Hulle het die fliek vervaardig, die draaiboek saam met Brett Michael Innes (Sink en Fiela se kind) geskryf én die hoofrolle gespeel. Bradley is Frankie, en Solomon is Felipé, twee broers wie se lewens heeltemal verskillende paadjies geloop het nadat hulle as kinders vanmekaar geskei is. Wanneer hulle net voor Frankie se troue herenig, lei dit tot ’n warboel van misverstande. Marvin-Lee Beukes is die regisseur en onder die ander spelers tel Ilse Klink, Zane Meas, Kim Syster en Bouwer Bosch.

Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts, wie se romantiese komedie Vir altyd loketrekords laat spat het, ’n nuwe genre – ’n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is ’n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie. Jacques Bessenger vertolk die rol van haar man en Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt is die ander akteurs wat sorg dat dié speelfilm kykers enduit naels gaan laat kou.

Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts ’n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is ’n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie.

Die drama Old Righteous Blues laat val die kollig op ’n Suid-Afrikaanse kultuurskat: die Wes-Kaap se Kersfeeskore. Hierdie boeiende Romeo en Juliet-verhaal binne ’n verskeurde Bolandse gemeenskap is in Robertson verfilm met ’n groot en indrukwekkende rolverdeling en ekstras wat in die omgewing woon. Dit vertel die verhaal van Hantjie, vertolk deur Ayden Croy, wat bitter graag sy Kerskoor se nuwe trommelmajoor wil word. Ongelukkig dra dit nie die goedkeuring van die koor se stoere leiers weg nie. Boonop is die liefde van sy lewe, gespeel deur ’n jong aktrise om dop te hou, Megan Saayman, die dogter van hul gehate oppossisiekoor se leier. Die vete tussen die kore kom ’n lang hartseer pad en die twee minnaars beland in die spervuur. Onder die talle veteraanakteurs wat in Old Righteous Blues te siene is, tel Kevin Smith, Simon Bruinders en Ivan Abrahams.

Die drama Old Righteous Blues laat val die kollig op ’n Suid-Afrikaanse kultuurskat: die Wes-Kaap se Kersfeeskore. Hierdie boeiende Romeo en Juliet-verhaal binne ’n verskeurde Bolandse gemeenskap is in Robertson verfilm met ’n groot en indrukwekkende rolverdeling en ekstras wat in die omgewing woon.more

Kort dokumentêre

Die Silwerskermfees se eerste ses dokumentêre kortfilms belig uiteenlopende onderwerpe.

Teater na die mense vertel die merkwaardige verhaal van die Cape Flats Players-geselskap wat teater ingespan het om die apartheidstelsel uit te daag en gehore bemoedig het om teen onderdrukking op te staan.

In Langafstand volg die kameras die reis van ’n rolmodel uit Cloetesville, Stellenbosch – die landloopatleet Deon-Lee Hendricks wat met die hulp van sy afrigter en die atletieklegendes Elana van Zyl en Zola Budd voorberei op die landlooproewe wat tussen hom en sy groot droom staan: om die Suid-Afrikaanse span te haal wat in Australië gaan meeding.

’n Gids vir Louzanne, nog ’n dokumentêr oor ’n inspirerende atletiekster, verken die ingewikkelde simbiotiese verhouding tussen die gesiggestremde Bloemfonteinse paralimpiese atleet Louzanne Coetzee en haar wedloopgidse.

In die aangrypende Call of the Wild sien kykers hoe ’n spesiale klanksafari ’n jong blinde meisie toegang tot die wonders van die natuur gee, terwyl Besmet ontbloot hoe die ikoniese Afrika-leeu hartverskeurend deur wrede vergiftiging bedreig word. Dan is daar ook Born Behind Bars, ’n aangrypende dokumentêr oor ’n ma wat swanger is wanneer sy tot tien jaar tronkstraf gevonnis word.

Kortfilms

Nadat verlede jaar se oes kortfilms ’n lang lys toekennings by internasionale feeste ingepalm het, is daar vanjaar 14 kortfilms deur belowende nuwe regisseurs en skrywers in dié feeskategorie. ’n Paar bekende akteurs wys dié keer hul slag met die pen en agter die kamera, en nuwe filmgenres maak hul buiging. Die volledige Silwerskermfeesprogram, is beskikbaar by www.silwerskermfees.co.za

Ná afloop van die fees sal al die Silwerskermfeesfilms op kykNET en die stroomdiens Showmax beskikbaar wees en van die speelfilms sal ’n draai by filmteaters en op DStv BoxOffice maak.

Die titels van die TV-programme waarvan loodsepisodes as ’n voorsmakie by die fees gewys word, is nog ’n geheim, maar sal binnekort bekend gemaak word.

Nog ’n nuwe aspek van die fees vanjaar, is drie eksklusiewe meesterklasse waartydens ervare Silwerskermstemme ’n handjievol deelnemers intensief gaan toerus om hul storieverteltegniek te slyp. Die meesterklasse word in drie uiteenlopende velde aangebied: spelleiding voor die kamera, die skep van treffende dokumentêre films, en die maak van films wat gemeenskappe bemagtig.

Vir dokumentêre films gaan Wim Steyn en Elle Oosthuizen, wat die gewilde reekse Devilsdorp en Steinheist gemaak het, asook Richard Finn Gregory (Boere op die Aardsdrempel, Steinheist), twee ure lank praktiese opleiding gee oor wat ’n suksevolle dokumentêre narratief behels.

Vir die spelleiding voor die kamer wys Nico Scheepers van Donkerbos– en Nêrens, Noord-Kaap– faam saam met akteurs en ’n kameraman hoe hy te werk gaan om op stel onder druk die beste spel uit akteurs te tower.

In die meesterklas om gemeenskappe te bemagtig, sal Nadine Cloete (Teater na die mense, Action Kommandant) en Muneesa Sallies (Old Righteous Blues, Twisted Christmas), fokus op narratiewe stories wat in gemeenskappe verfilm word en die gemeenskappe se outentieke verhale op ’n fiktiewe wyse vas te vang.

Lees ook: Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.