Tipi vir kinders (R1500) Monoshop
Wanneer jy die kamer begin beplan, hou in gedagte dat jy nie nét by kinderafdelings in winkels hoef te kyk nie. Kies ’n tema waarvolgens jy gaan werk en hanteer dit soos ’n proses. Jy moet vroegtydig begin beplan – só kan jy ook elke maand ietsie aankoop (dit help met die uitgawes!)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lees ook: Die 5 beste wenke vir jou kind se kamer
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
1. Kies die babakamer
2. Stel ’n begroting op – en hou daarby!
3. Besluit op ’n tema vir jou baba se kamer
4. Beplan ’n kleurskema
5. Neem afmetings sodat jy weet waar groter meubels sal inpas
6. Nou is dit tyd vir jou aankope!
iStock/KatarzynaBialasiewicz
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Onthou hierdie 9 stukkies raad wanneer jy jou kind se kamer beplan
Indien die kamer geverf moet word, doen dit vroegtydig sodat die kamer genoeg kan oopstaan voordat jy die dekor aanpak.
iStock/AlenaPaulus
Kies ’n persoonlike item wat jy graag in die kamer wil hê, soos ’n skildery of kombersie uit jou kleintyd. Die kleure wat in daardie item voorkom moet vir jou ’n aanduiding gee van watter kleure jy in die kamer gaan gebruik.
iStock/Дмитрий Ларичев
Maak seker dat, wanneer jy aankope doen, alles wasbaar is. Alles moet gewas kan word sodat wanneer daar ’n glips was, jy nie moeite hoef te doen om dit met die hand te was nie.
iStock/onurdongel
Voeg iets persoonlik (soos foto’s in rame), by die aantrektafel. Dit verskaf stimulasie en jou kinde sal só die mense begin leer ken.
iStock/Ondrooo
Lees ook: Hoekom foto’s belangrik is vir jou kind se eiewaarde
Maak seker jy het ’n gemaklike sitplek vir daardie laat aande of vroegoggende.
iStock/KatarzynaBialasiewicz
Beligting in ’n babakamer is belangrik – soms wil jy die kamer ordentlik belig hê en ander tye slegs ’n flou liggie. Maak seker dat jy dit so kan stel.
iStock/KatarzynaBialasiewicz
Begin met die kot. Die regte kot is ’n groot besluit en dis nie altyd beskikbaar nie. Jy het nodig om te weet hoe groot jou kot gaan wees voordat jy die res van die kamer kan beplan.
iStock/belchonock
Beplan jou stoorspasie slim! Waar gaan jy die doeke, room en ander toiletware bêre? Maak seker jy het genoeg praktiese stoorplek.
iStock/RuslanDashinsky
Beplan ’n kamer wat jy nie te veel hoef te verander nie. Onthou, kinders word vining groot. Dit kan baie duur raak as jy die kamer elke nou en dan moet verander.
iStock/KatarzynaBialasiewicz
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.