kategorieë: Dra dit soMode

Meisiesnit die nuwe kêrelsnit-jean?

Hoewel die meisie- en kêrelsnit-jean soortgelyk is, vervang die een nie die ander nie, maar skep dit eerder nóg ’n keuse om jou uitrustings te bepaal. Die nuwe meisiesnit-jean is ’n stylvoller en netjieser weergawe van die sorgvrye kêrelsnit-jean. Dit is egter nie dieselfde as die jeans wat jou ma destyds in die 90’s hoog bo haar heupe gedra het nie. Met ’n effe meer gekurwe snit rondom die heupe en bene, sorg die meisiesnit-jean vir ’n fyn en vroulike silhoeët. Boonop is dit ’n pasmaat vir enige item in jou kas wat jy reeds saam met jou ander denims kon dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Paar kenmerke wat die twee van mekaar onderskei

Meisiesnit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Slanker om die bene
• Nouer om die heupe
• Denimmateriaal is effens dikker

Meisiesnit-jean (R1 323) Levi

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kêrelsnit

• Sit baie los om jou bene en heupe
• Growwer denim
• Gewoonlik meer geskeurde detail as die meisiesnit

Kêrelsnit-jean (R391) Topshop

Dra dit so

Kies die meisiesnit-jean vir ’n verfynde voorkoms, sonder om die gemaklike en sorgvrye gevoel te verloor. As jy bang is dat jou bene sy vorm in die lospassende snit verloor, trek skoene met ’n oop enkel aan en rol jou pyp rofweg op. Wissel jou uitrusting met tekkies en ’n T-hemp vir ’n gemaklike voorkoms, of ’n meer elegante spykerhak. Trek aandag met groot en kleurvolle bykomstighede wat jou voorkoms vrolik afrond.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.