kategorieë: DekorLeefstyl

Baba- en kleuterkamerdekor vir ’n moderne mamma

Wanneer jy die kamer begin beplan, hou in gedagte dat jy nie nét by kinderafdelings in winkels hoef te kyk nie. Kies ’n tema waarvolgens jy gaan werk en hanteer dit soos ’n proses. Jy moet vroegtydig begin beplan – só kan jy ook elke maand ietsie aankoop (dit help met die uitgawes!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die 5 beste wenke vir jou kind se kamer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

6 Stappe om te volg om jou kleinding se kamer te beplan

1. Kies die babakamer
2. Stel ’n begroting op – en hou daarby!
3. Besluit op ’n tema vir jou baba se kamer
4. Beplan ’n kleurskema
5. Neem afmetings sodat jy weet waar groter meubels sal inpas
6. Nou is dit tyd vir jou aankope!

iStock/KatarzynaBialasiewicz

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

9 slim wenke vir jou kind se kamer

Onthou hierdie 9 stukkies raad wanneer jy jou kind se kamer beplan

1 Verf die kamer vroegtydig

Indien die kamer geverf moet word, doen dit vroegtydig sodat die kamer genoeg kan oopstaan voordat jy die dekor aanpak.

iStock/AlenaPaulus

2 Kry iets sentimenteels

Kies ’n persoonlike item wat jy graag in die kamer wil hê, soos ’n skildery of kombersie uit jou kleintyd. Die kleure wat in daardie item voorkom moet vir jou ’n aanduiding gee van watter kleure jy in die kamer gaan gebruik.

iStock/Дмитрий Ларичев

3 Maak seker dat dit maklik is om skoon te maak

Maak seker dat, wanneer jy aankope doen, alles wasbaar is. Alles moet gewas kan word sodat wanneer daar ’n glips was, jy nie moeite hoef te doen om dit met die hand te was nie.

iStock/onurdongel

4 Raam foto’s

Voeg iets persoonlik (soos foto’s in rame), by die aantrektafel. Dit verskaf stimulasie en jou kinde sal só die mense begin leer ken.

iStock/Ondrooo

Lees ook: Hoekom foto’s belangrik is vir jou kind se eiewaarde

5 Onthou ’n sitplek vir die ouers

Maak seker jy het ’n gemaklike sitplek vir daardie laat aande of vroegoggende.

iStock/KatarzynaBialasiewicz

6 Beligting is belangrik in ’n babakamer

Beligting in ’n babakamer is belangrik – soms wil jy die kamer ordentlik belig hê en ander tye slegs ’n flou liggie. Maak seker dat jy dit so kan stel.

iStock/KatarzynaBialasiewicz

7 Beplan die kamer om die bababedjie

Begin met die kot. Die regte kot is ’n groot besluit en dis nie altyd beskikbaar nie. Jy het nodig om te weet hoe groot jou kot gaan wees voordat jy die res van die kamer kan beplan.

iStock/belchonock

8 Stoorplek is baie belangrik!

Beplan jou stoorspasie slim! Waar gaan jy die doeke, room en ander toiletware bêre? Maak seker jy het genoeg praktiese stoorplek.

iStock/RuslanDashinsky

9 Skep ’n kamer wat met min moeite kan verander soos jou kind groei

Beplan ’n kamer wat jy nie te veel hoef te verander nie. Onthou, kinders word vining groot. Dit kan baie duur raak as jy die kamer elke nou en dan moet verander.

iStock/KatarzynaBialasiewicz

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.