Hierdie Suid-Afrikaanse bekendes het onlangs opwindende baba-nuus gedeel:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het onlangs aangekondig dat hulle hul eerste klein lyfie in Januarie 2025 verwag. Die paartjie het die opwindende nuus op Instagram gedeel deur aanhangers met ‘n ‘nuwe liedjie’ te verras wat toe al die tyd hul swangerskap-aankondiging is. Hul het nog nie hul eersteling se geslag bekend gemaak nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, en haar man Adriaan Bergh, Mnr. Suid-Afrika 2011, verwag hul tweede kind in Januarie 2025. Die egpaar, wat tans vakansie in St. Tropez, Frankryk hou, het die nuus met hul volgelinge in ‘n stylvolle foto op Byblos Beach gedeel. Hul eerste kind, Ruach, is verlede jaar 10 Maart gebore.
Dokter Tamaryn Green-Nxumalo, ook ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika, “kon nie vir ‘n beter geskenk op haar 30ste verjaardag gevra het nie.” Sy en haar man, Ze Ndwandwe Nxumalo, het gister hul baba-nuus in ‘n hartroerende video op sosiale media gedeel. Dit is hul eerste kind, en die verwagte geboortedatum is nog nie bekend nie.
Die akteurspaar Mila Guy en Bennie Fourie het onlangs hul swangerskap en die geslag van hul eersteling in twee skreeusnaakse video’s op sosiale media aangekondig. Hulle verwag ‘n seuntjie volgende jaar, Januarie. Mila en Bennie het in April 2023 na jare van vriendskap uiteindelik die knoop deurgehaak.
Die aktrise Greteli de Swardt en haar man, Juan, het onlangs aangekondig dat hulle hul tweede kind, ‘n seuntjie vroeg volgende jaar verwag. Hul eersteling, Alé, is verlede jaar April gebore, en die video’s wat Greteli op haar Instagram-profiel tot dusver gedeel het, spreek boekdele van die gesin se opwinding oor die nuwe toevoeging.
Lees ook: ‘Een keer om die son’: Weet pa’s altyd beter?
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.