Marciel Hopkins vier haar seuntjie met reënboog-kleure
Die gewilde Boer soek ’n vrou-aanbieder, Marciel Hopkins, het haar eerste Moedersdag op ‘n besonderse manier gevier – met haar ooievaarstee! Dié stylvolle en kleurvolle geleentheid is by die De Grendel wynlandgoed gehou, en bekende gesigte soos Mila Guy, Donnalee Roberts, Anna-Mart van der Merwe en Amalia Uys was onder die gaste.
Marciel en haar man, Handré Lourens, verwag hul eersteling – ’n seuntjie – in Junie.
Op sosiale media het sy gedeel:
“Ons baba seuntjie is in al die helderste kleure van die reënboog gevier by my babatee die naweek! 😍 Dankie aan elkeen wat ons dubbel & dwars kom bederf en seën het – dit maak my eerste Moedersdag as ’n voornemende mamma ekstra spesiaal.”
(Foto’s: Instagram/Marciel Hopkins)
Demi Lee Moore verwag haar eersteling – en dit is ’n …
Die geliefde sangeres en Die Kontrak-wenner, Demi Lee Moore, het verlede week die geslag van haar eersteling met aanhangers gedeel. Sy en haar man, Barthlo Visagie, ‘n kitaarspeler, het ’n video gedeel waarin hulle blou konfettie-kanonne afvuur – die paartjie verwag dus ’n seuntjie!
Op Instagram het sy die volgende geskryf:
“…. my vriendin sê die ander dag – sy dink dit is ‘n meisie, maar sy hoop eintlik dit is ‘n seuntjie, want die wêreld kort meer Barts! – en ek stem so saam… soooo oogewonde oor ons klein mensie. “
View this post on Instagram
Die derde Pretorius-pienkvoet is hier!
Die aktrise en regisseur Simoné Pretorius (34), het pas hul gesin met nóg ’n Pretorius-pienkvoet uitgebrei. Sy en haar man, Andries, is reeds ouers van die vierjarige dogtertjie, Harper en eenjarige James (’n seuntjie).
Die nuwe toevoeging aan die Pretorius-familie is weer ’n dogtertjie, en Simoné het die goeie nuus Dinsdagmiddag op sosiale media gedeel, maar nog geen naam bekendgemaak nie.
View this post on Instagram
Refentse deel eerste foto van sy gesin
Die “Reisiger”-sanger, Refentse, het hierdie Moedersdag ’n spesiale eerbetoon aan die ma van sy kind, Tané Joubert, gebring – deur vir die eerste keer ’n foto van hul gesin op sosiale media te deel. Die paartjie se eersteling, ’n seuntjie, het op 4 Maart vanjaar sy opwagting gemaak.
View this post on Instagram
Die Pollards verwag hul tweede kind
Die Springbok-losskakel Handré Pollard en sy vrou, Marise, het onlangs op Instagram aangekondig dat sy swanger met ‘n dogtertjie is – net ’n paar dae nadat hulle hul seuntjie, Hunter, se eerste verjaarsdag gevier het.
In die oulike aankondigingsvideo dra Marise ’n geel rok wat haar bababoepie mooi wys, terwyl Hunter ’n T-hemp aanhet waarop “brother” staan. Volgens die plasing, sal Hunter in Oktober ‘n ouer boetie word.
“Our family is growing! 🍼 Hunter is going to be a big brother and we are beyond excited; God is so good. Our little girl will join us end of October 🎀,” het sy by die plasing geskryf.
View this post on Instagram
Baie geluk aan al die bekendes met hul babageluk!
Lees ook: Vreemder as fiksie: Wonderwerkbaba in die hitte van ’n kankerstryd