Vanaf 20 Maart 2015 kan Suid-Afrikaners weer die nostalgie agter Ballade vir ’n Enkeling herleef nes in die jare tagtig – dié keer op die grootskerm met ’n nuwe en vars benadering tot hierdie legendariese storie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Krog was reeds betrokke by baie van Suid-Afrika se voorste film-, televisie- en teater-projekte. Sy onlangse optredes as rolprentakteur sluit in Blitzpatrollie, asook kykNET se dramareekse Donkerland, Vloeksteen en Boland Moorde, asook Swartwater (SABC) en die kykNET-kortfilm Buurtwag. Sy mees onlangse reeks as regisseur was die TV-reeks Sterlopers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ballade vir ’n Enkeling word ook onthou vir die treffertemas Voshaarnooi, geskryf deur Louis van Rensburg en Ballade vir ’n Enkeling, geskryf deur Richard van der Westhuizen. Louis en Richard het ook saam gewerk aan die klankbaan vir hierdie reeks wat goue status bereik het.
Nou, in 2015, word hierdie treffers in ’n nuwe gedaante aangebied deur Joshua na die Reën en Die Heuwels Fantasties. Joshua na die Reën, is verantwoordelik vir ’n nuwe weergawe van Voshaarnooi, terwyl Die Heuwels Fantasties hul eie klank aan Ballade vir ’n Enkeling gee. Voshaarnooi se enkelsnit tref radiostasies op 29 Januarie 2015 en sal gevolg word deur die uitreiking van die musiekvideo eksklusief op Jukebox kykNET 146 op 21 Februarie 2015. Ballade vir ’n Enkeling se enkelsnit word ook gedurende Februarie 2015 uitgereik met die opvolg-video wat vroeg in Maart gewys sal word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('Ballade vir ’n Enkeling is ’n romantiese speurverhaal en sal die nostalgie uit die tagtigerjare weer opnuut laat opvlam, maar gaan dié keer ook ’n nuwe geslag betrek. Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat daarna kyk van voor af betower. Niemand sal onaangeraak hier uitstap nie.
Ballade vir ’n Enkeling word plaaslik op 20 Maart 2015 op die groot skerm uitgereik. Ster Kinekor Entertainment is die verspreiders.
Volg Ballade vir ’n Enkeling aanlyn en op Sosiale Media:
Webwerf: www.balladefilm.co.za
Facebook: www.facebook.com/Balladefilm
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.