Lees ook: Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous
Lees ook: Eier- en glutenvrye pannekoeke met karamel-appels
Lees ook: Tannie Poppie se broodpannekoek (ons manier)
~
As pannekoekbak na te veel werk klink, het jy nog nie ons resep getoets nie. Leer gerus hierdie resep uit jou kop en gee dit ’n kinkel met variasies soos pannekoeke met geroosterde appels. Resep deur Vickie de Beer. Foto Robbert Koene1 Klits die water en eiers met ’n elektriese of handklitser tot lig en skuimerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg by die eiermengsel terwyl jy deurentyd klits tot die nuwe mengsel ook skuimerig is.
2 Laat die mengsel vir 30 min. met ’n lappie bo-oor staan.
3 Smeer minstens twee verhitte pannetjies met olie. Gooi sowat ’n ½ k deeg in elke pannetjie en draai die pan sodat die deeg oor die boom versprei. Draai die pannekoek om as daar lugborrels op die oppervlak sigbaar word. Bak aan die anderkant tot goudbruin.
4 Haal die pannekoek uit die pan, strooi kaneelsuiker oor en geniet.
Lees ook: Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous
Lees ook: Eier- en glutenvrye pannekoeke met karamel-appels
Lees ook: Tannie Poppie se broodpannekoek (ons manier)