kategorieë: DekorLeefstyl

Beddegoed: Bly warm hierdie winter

Ons kyk na vier verskillende maniere hoe jy jou huis ‘warmer’ kan maak. Jou styl moet nie baie aangetas word nie. Hou dit netjies en laat dit jou huis se dekor komplimenteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beddegoed en komerse

’n Slaapkamer kan in die winter maklik koud voel as jy nog jou somersbeddegoed of -komberse gebruik. Al gebruik jy net ’n donkerder (en dikker) oorgooi-kombers in die winter in plaas van jou ligter en dunner kombers van die somer, sal dit dadelik ’n verskil maak. Kyk hieronder na ’n paar nuwe idees vir winter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Matte

Indien jou huis baie meer teëls as matte bevat, moet jy ander planne beraam om die vertrekke meer snoesig te maak. Enkel-matte is altyd ’n goeie opsie! Hierdie tipe matte kan jy dan ook skuif waar jy dit wil hê. Onthou, winter veroorsaak klammigheid buite en jy kan maklik modder of nat gras in jou huis intrap. Moenie té ligte matte vir die kouer maande kies nie. Dit sal ’n absolute frustrasie word om skoon te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Warmwaterbottels

Ons ken almal hierdie truuk. As kind kon ons net kies tussen rooi en blou warmwaterbottels. Vandag kan jy kies en keur en selfs kies watter jassies dit dra Daar is selfs verskillende groottes en vorms. ’n Warmwaterbottel is ook iets wat jy saam met jou kan neem wanneer jy in die kar klim. Indien jy nie ’n elektriese kombers het nie, maak jou warmwaterbottel vol en sit dit onder jou beddegoed so uur voor jy gaan slaap. Dit sal jou bed ’n bietjie opwarm en jy spaar krag. Maak altyd seker die proppie is stewig toegedraai en dat jou bottel dig is, met geen gate of lekplekkies nie.

Elektriese komberse

Hierdie komberse is ’n luukse as jy dit die dag kan bekostig. Daar is verskillende prysklasse omdat die afwerking van die komberse van mekaar verskil. Jy kry ook van hulle wat, byvoorbeeld, vir ’n dubbelbed twee skakels het, wat hanteer kan word deur twee verskillende mense. Vra ’n verkoopspersoon om jou te help kies wanneer jy die dag een aanskaf.

Verbruikersgids

@Home | home.co.za
Boardmans | boardmans.co.za
Clicks | clicks.co.za
Dischem | dishem.co.za
Mr. Price Home | mrphome.com
Pick n Pay | picknpay.co.za
Weylandts | weylandts.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.