kategorieë: BlogsOntspanning

Yoma se blog: Die liefde is ’n blom

Die gemoed en harte van mense is vir my belangrik. Mense moet besef dat hul waarde verder strek as waarvoor hulle hulself krediet gee. Ek’s ’n trotse ambassadeur vir die ATKV: Crescendo, waar ek as mentor optree vir opkomende asook gevestigde kunstenaars. Ek’s opgewonde om te blog vir rooi rose, veral omdat hierdie platform my toelaat om julle, die lesers, op ’n weeklikse basis beter te leer ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom ons ervaar mekaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As mens probeer ek regtig om deursigtig te wees. Dis vir my belangrik om ander mense te kan sien en te ervaar. Omdat ek dit verlang is dit seker net reg dat ek dieselfde prinsiep toepas. Nie dat dit altyd maklik is nie, want die lewe is die lewe. Dit gooi jou uit en los jou naak, waar jy dan self voor die mure staan wat jy om jou bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tog blom die liefde. Al lê jy die grond van jou wese toe met sement, vind die liefde steeds ’n manier om kop uit te steek. Deur die sag van die grond en hard van die stene. Alles om lig en hoop in brokkies informasie aan jou deur te gee. Daai is soms meer as genoeg om enige iemand deur ’n moeilike tyd te dra. Daai bietjie hoop. Die liefde is ’n blom. Dit ontkiem en verlep, tog skiet die wortels dieper. Al kom dit voor asof dit uitgesterf het, blom dit weer.

Foto: ipopba / iStock images

Net so gaan ons harte seker deur dieselfde proses?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My hart was al gebreek, ek het al die liefde blameer, my oë uitgehuil omdat ek gedink het dat dit wat ek oorgekom het onregverdig teenoor my was. Asof my hart ophou bloed pomp het en bloot net daar gelê en bloei het en wat veroorsaak het dat ek niks kon voel nie. ’n Tyd van wanhoop, ’n tyd van seer. ’n Donker tyd waarin ek besluit het om nie die liefde van ’n man toe te laat om my sag te maak nie. Maar die lewe is reeds hard, waarom moet ek daarmee kompeteer?

Foto: Pappa Brown Productions

In elke letsel is daar ’n les. Deur ’n liefdesteleurstelling het ek geleer dat jy nie die volgende persoon kan forseer om die beter weergawe te wees van wat jy in hulle sien nie. Dit moet van binne af kom. Ek moes stil raak en vrede maak met die feit dat, wat moet wees, sal wees. Ek het gebid en gevra vir karaktereienskappe in ’n man wat ek weet goed by my persoonlikheid sou pas. Ek het gewag …

Sy aankoms was wel onverwags. Hy het vinniger op my pad verskyn as wat ek aanvanklik verneem het. Tydens onsekerheid van liefde wat ons albei aanbetref, het ons mekaar steeds toegelaat. Dit na ’n 7 uurlange gesprek, pas na ons ontmoet het! Van daar kon liefde stelselmatig blom.

Lirieke uit my lied: Ek Weet Wat Jy Dink

“Namatjent, jou siel is n berg en jou gees nog n laaitie wat honde loop en terg.

Tog is daar dinge in jou kop wat jou sit en pla.

Ek notice baie vrae in jou lae.

Diep soos die oseaan duik ek in en spartel rond.

My voete soekend na die grond.

Ek begin toe float in jou rus.

Met my mond wawyd oop.

Voel ek half geskok om te sien hoe jou kop om die sterre hop.

N woud met die mooiste bome, dit is jy.

Soos ek sit in die middel verander ek toe in n voeltjie in.

Ek vlieg, ek’s vry!

Jou hart is n visie en jou aanraking kan alle ysigheid ontdooi.”

Ja, ek rym in my #Moedertaal

Foto: Lindsey Appolis

Ek en my blom, Simon Witbooi (beter bekend as Hemelbesem), is nou al langer as ’n jaar getroud! Maandag sal julle meer kan lees oor ons liefde in die jongste uitgawe van rooi rose (Augustus 2017), waar ons groot nuus deel. Moet dit nie misloop nie …

As jy God nader vir ’n hartsbegeerte, moet jy geduldig wees. Die liefde kom klop en stap in net wanneer dit wil. Ongeag of jou deur toestaan of gesluit is. As God liefde is en ons as mens gemaak is volgens sy beeld, is ons dan ’n samestelling van harte wat op en af dwaal in die strate? Waarom vermy ons mekaar dan so dikwels? As ons liefde is, waarom is dit soms so moeilik vir ons om dit self te ervaar?

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor. Wat beteken die liefde vir jou? Deel jou kommentaar aan die einde van hierdie blog-inskrywing.

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en “tag” my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.