kategorieë: Leef gesondGesondheid

Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet

10+

Dis die dekade om vas te stel hoe jou ma en ouma se beengesondheid lyk: as hulle ’n lae beendigtheid of osteoporose het, is jou risiko soveel groter – en melk vir jou soveel belangriker. Het jy al ’n been gebreek? Dit verhoog jou risiko op osteoporose met ’n derde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy in Graad 6, 7 of 8 (12 – 14 jaar oud) is, is jy in die beste posisie van alle vroue om mooi bene te bou. Jou skelet suig nou kalsium soos ’n spons op en ’n kwart van ál die kalsium wat jou skelet in jou lewe gaan nodig hê, word nou in jou bene ingebou. Wat van ouer tieners? Jy bou steeds fantasties been, want jy neem steeds baie meer kalsium op as twintigers en ouer vroue. Mooi bene word letterlik nóú gemaak. Jy moet net jou liggaam genoeg kalsium gee (1300 mg elke dag). Werk met ons tabel uit hoeveel melk, jogurt en kaas jy nodig het. Is jy ver onder 1300 mg? Die oplossing is kalsiumpille. Vra jou ma om kalsiumpille op haar inkopielys te sit – dit lyk asof almal (gecheleerde kalsium, koraalkalsium, dolomiet, en so aan) ewe goed is. Kyk hoeveel kalsium jy kortkom en kombineer jou melk en jogurt met kalsiumpille.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vier dinge om te onthou
1 Tieners dieet chronies, maar jy mag nié melk uitsny nie. Los liewer stysel (brood, koeldranke, en lekkergoed).
2 Sport maak jou skelet sterker.
3 Sportmeisies sweet kalsium uit en verloor tot 0,5% been per jaar (2,5% op hoër-skool!) Mik vir ’n bietjie meer kalsium.
4 Moenie begin rook nie: dis gif vir jou bene!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

20+

Nou bepaal jou lewenstyl hoe sterk jou skelet bly – en dis vierkantig in jou hande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat jy moet doen
– Werk uit hoeveel kalsium jou eetpatroon vir jou inbring, en vul dit aan met kalsiumpille sodat jy by 1000 mg per dag uitkom (Gebruik ons tabel.)
– Bly oefen. Tot ’n derde van onaktiewe twintigers begin reeds been te verloor – iets wat eers op veertig behoort te begin. Op skool is jy outomaties aktief maar nou moet jy sélf sport in jou lewe inbring. Kies iets lekkers: dans, gim, ballet vir volwassenes, pretlope, roei, fietsry, spinning, sosiale hokkie, aksienetbal, joga, paaldans, perdry.
– Eetsteurnisse. Anoreksie en bulimie is baie algemeen onder ouer tieners en twintigers, en beskadig veral die skelet. Jy is nou emosioneel volwasse genoeg om dié twee siektes finaal af te skud.

Wat om te beperk
– Drink so min moontlik. Alkohol dood die selle waaruit nuwe been moet ontwikkel en is absolute gif vir jou skelet.

30+

Die 20-plussers se riglyne is steeds reg. Al wat bykom is:

Swangerskap Jy benodig nou 300 mg meer kalsium per dag (d.w.s. 1300 mg), waarvan jou baba 80% gaan gebruik.
Son Eers as die eerste plooitjies verskyn, skop die werklikheid vir die meeste van ons in dat die son ons velle oud maak … en dan raak ons sonsku. Maar jy het ’n halfuurtjie son per dag op die vel nodig om die vorming van vitamien D (nodig vir beenbou) te laat plaasvind. Haal jy dit in die winter as jy van sonop tot sononder in ’n kantoor werk?

40+

Jou ouderdom werk nou teen jou skelet, en jy moet sake fyn bestuur. Maak so:

Toets jou status Begin met ’n beendigtheidstoets sodat jy weet waar jy staan en wat jy moet doen. Daar is verskeie klasse medisyne as jou skelet verswak is: Baie vroue gebruik HVT (estrogeen) omdat dit been bou – maar dis nie vir jou as jy ’n verhoogde risiko op kanker of hartkwale het nie.

Die bifosfonate word as die nuwe wonderbeenbouers beskou. Daar is ’n hele aantal as daaglikse pille beskikbaar maar die jongste een word baie gerieflik net een keer per jaar as ’n inspuiting (infusie) geneem. Vra jou dokter daarna.

’n Woord van waarskuwing oor bifosfonate in die algemeen: beennekrose (die afsterf van beenweefsel, veral aan die beenkop) is seldsaam maar kom drie keer meer voor by vroue op bifosfonate.

Die risiko dat jy dit kan ontwikkel, is klein maar as jy op bifosfonate beenpyn ervaar, is pynpille nie die antwoord nie. Gesels liewer met ’n’n ortopeed of menopousespesialis.

As jou beendigtheid laag is, herinner jou dokter sodat hy nie medisyne voorskryf wat toksies vir jou skelet is nie.

Onder die berugte medisyne is sekere middels vir tiroïedprobleme, hepariene vir bloedverdunning, sekere anti-epilepsiemiddels en kortisone soos glukortikoïede, kortiskosteroïede en kortisol.

Genoeg kalsium Tot op 65 bly jou kalsiumopname en -verlies in balans, mits jy genoeg inkry; ná 75 verloor jy in elk geval meer kalsium as wat jy kan opneem. Bly dus 1200 mg kalsium inneem, opgemaak uit kalsiumryke kos en kalsiumpille (kyk op die tabel hoe om dit uit te werk).
Oppas vir dieetgaskoeldranke, sodawater en vonkelwater! Hulle fnuik die middeljaremiddel maar die fosforsuur daarin onttrek ongelukkig kalsium uit die skelet. Doodgewone of gegeurde stil water is beter en spaar ook kilojoules.

Kossoort per porsie Hoeveel kalsium
1 k melk 300 mg
1/2 k jogurt 120 mg
kaas op brood 70 mg
hand vol amandels 120 mg
maaskaas op brood 12 mg
300 ml botteltjie gegeurde melk 260 mg
100 g sardiens 450 mg
1/2 k sousbone 45 mg

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.