Genoeg vir 4-6
Bestanddele
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 500 g beesvleisrepies
- 5 ml (1 t) elk gerasperde gemmer, knoffel, brandrissie
- 400 g klaargesnyde roerbraaigroente
- 60 ml (¼ k) perskeblatjang
- 60 ml (¼ k) sojasous
- 30 ml (2 e) vars lemoensap
- 30 ml (2 e) vars suurlemoensap
- 500 g Oosterse noedels, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie
- hand vol koljanderblare, gekap
- handjie vol neute soos grondboontjies of swart sesamsaad vir bo-op
Metode
- Verhit die olie oor hoë hitte in ’n wok of groot pan. Braai die vleis, gemmer, knoffel en brandrissie vir sowat 4 min. daarin tot goudbruin en gaar. Geur na smaak.
- Voeg die groente by die vleis en braai vir nog 2 min. Haal alles uit die pan en hou eenkant.
- Meng die perskeblatjang, sojasous, lemoen- en suurlemoensap, gooi in die pan en kook af vir 5 min.
- Sit alles terug in die pan, voeg die gaar noedels by en verhit tot deurwarm. Sit voor met gekapte koljanderblare en neute of sesamsaad.
(Jy kan ook hoenderrepies vir die resep inspan.)
