kategorieë: KersfeesKosSomerkos

Beet-en-lemoen-slaai met bokmelkkaas

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 8 vye, in kwarte gesny
• 4 lemoene, geskil en in dun ringe gesny
• 250 g bababeet, gekook en geskil
• 100 g bokmelkkaas
• hand vol babaslaaiblare
• 100 g okkerneute, liggies gerooster

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Slaaisous
• Meng 30 ml (2 e) balsemiekasyn, 10 ml (2 t) volgraanmosterd, 1 fyn gekapte knoffelhuisie, 5 ml (1 t) heuning en 125 ml (½ k) olyfolie in ’n klein bakkie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Rangskik die vye, lemoene, beet, bokmelkkaas, slaaiblare en okkerneute op ’n groot dienbord en sit met die slaaisous voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Geroosterde eiervrug met tuisgemaakte sagte kaas

Genoeg vir 6

Begin ’n dag voor die tyd met die kaas.

Tuisgemaakte kaas
• 420 g volroom- Griekse jogurt
• 2,5 ml (½ t) sout
• 15 ml (1 e) suurlemoensap
• 2 takkies roosmaryn, fyn gekap
• hand vol pietersielie, fyn gekap

Slaai
• 30 ml (2 e) olyfolie
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 2 groot eiervrugte, middeldeur gesny
• 100 g granaatpitte
• ’n hand vol babakruie-blaartjies

Kaas
1 Meng die Griekse jogurt, sout, suurlemoensap, roosmaryn en pietersielie in ’n groot mengbak. Skep die mengsel in ’n groot moeseliendoek en bind op met kombuistou. Hang die doek op in die yskas met ’n bak daaronder om die vloeistof op te vang. Laat hang vir 24 uur.
2 Voorverhit die oond tot 220 °C. Voer ’n oondpan met bakpapier uit.
3 Meng die olyfolie, suurlemoenskil en knoffelhuisies in ’n klein bakkie. Smeer die eiervrug met die oliemengsel.
4 Sny kepe oorkruis in die vleiskant van die eiervrugte. Sit die eiervrugte gesnyde kant na onder, op die voorbereide oondpan. Bak vir 10 min. Draai om en bak vir nog 10 min. of tot goudbruin.
5 Sit die eiervrug voor saam met die kaas en strooi die granaatpitte en blaartjies oor.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.