kategorieë: KosSomerkos

Beet-falafels met platbrode van antieke grane

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brood
• 160 g speltmeel + ekstra vir uitrol
• 60 g tefmeel
• 60 g giers (millet)
• 15 ml (1 e) bakpoeier
• 10 ml (2 t) sout
• 360 ml Griekse jogurt
• 5 ml (1 t) fyn komyn
• 30 ml (2 e) olyfolie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Falafel
• 125 ml (½ k) beet, gekook
• 125 g kekerertjies
• 50 g feta, gekrummel
• 30 ml (2 e) kruisement, gekap
• 1 groen brandrissie, gekap
• 1 eier
• 60 ml (¼ k) tefgraan
• 15 ml (1 e) sesamsaad
• 60 ml (¼ k) bokwiet (buckwheat)
• sout en swartpeper
• olyfolie vir vlakbraai

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Brood
1 Meng al die bestanddele behalwe die olyfolie in ’n mengbak tot ’n deeg vorm. Knie vir ’n minuut. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus.
2 Verdeel die deeg in 6 bolletjies en rol op ’n skoon werkvlak uit wat liggies met spelt bestuif is.
3 Verhit die olyfolie in ’n gietysterpan oor hoë hitte en braai die platbrood vir sowat 2 min. aan elke kant daarin, of tot goudkleurig en gaar.

Falafel
4 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Verwerk die beet, kekerertjies, feta, kruisement, brandrissie, eier en tefgraan in ’n voedselverwerker tot glad en goed gemeng.
5 Meng die sesamsaad en bokwiet by en geur met sout en swartpeper.
6 Vorm eetlepels van die mengsel in 25 g-bolletjies en druk effens platter met die hand. Pak op die bakplaat en sit vir 30 min. in die yskas
7 Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die falafels vir 20 min. tot gaar.
8 Sit saam met tzatziki en platbrode voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.