kategorieë: DekorLeefstyl

Hoe om jou wynversameling te stoor

Waar

Die eerste stap om ’n goeie wynrak te kies, is om te weet waar jy dit gaan sit. Die meeste mense se eerste instink is om dit in die kombuis te sit, maar dit is egter nie die beste plek nie aangesien temperature en sonlig dikwels maklik verander wat die wyn sal affekteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die beste plek om jou wyn te stoor, is ’n donker plek waar die temperatuur konstant is, verkieslik by 13 °C. Enigiets warmer kan die wyn vinniger laat verouder of oksidasie veroorsaak. Vibrasie en beweging kan wyn, veral rooiwyn, negatief beïnvloed en keer dat die sediment afsak. Moet dus nie jou versameling in die motorhuis of waskamer stoor nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoeveelheid

Een van die moeilikste aspekte daarvan om ’n wynrak kies, is die hoeveelheid wyn wat jy wil stoor. Dit hang alles af van die hoeveelheid en die tipe wyn wat jy drink, asook van die spasie wat beskikbaar is. As jy net ’n hoek in ’n vertrek het, beveel ons aan dat jy eerder wynkratte in plaas van ’n groot wynrak aanskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Materiaal

Hout is die gewildste keuse vir ’n wynrak. Dit is maklik verkrygbaar en baie werkbaar. Metaal is nog ’n gewilde keuse vir wynrakke.

Metaalrakke is ’n goeie opsie vir beide kort- en langtermyn-wynberging. Die opsies vir metaalwynrakke fokus meer op estetiese, minimalistiese ontwerp omdat metaal meer vloeibare en vloeiende vorms kan maak. Metaal kan ook geverf word om by enige dekor te pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar om te begin

Sodra jy die regte wynrak het, moet jy dit begin vul. Dit is wys om eerder jonger wyne aan te skaf vir berging in jou “keldertjie”. Vra gerus die wynmaker of die persoon in die proelokaal watter wyne die beste is vir veroudering en hoeveel jare se verdere veroudering aanbeveel word en begin klein en bou eerder stadig aan jou versameling.

As jy raad vir die beste wyne wil hê, kan jy ’n Platter-boek koop wat jou wys watter wyne by watter plase beskikbaar is en ook wat die beste wyne is. Gebruik dit as ’n riglyn vir goeie wyn wat mooi sal verouder.

Lees ook: Wenke vir ’n klein spasie

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.