kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Begrotingsrede: ‘n Kenner gee insig

’n Welvaartkenner  Jurgen Eckmann van Consult by Momentum sê wat verbruikers moet weet ná gister se langverwagte begrotingsrede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jurgen sê:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die BTW-verhoging is op almal se lippe ná die begrotingsrede, maar die werklikheid is dat daar meer faktore is, wat ernstige implikasies vir die verbruiker se sak inhou. Soos die inkomstebelastingtabelle wat nie vir inflasie aangepas is nie.

Hoewel daar geen duidelike verhogings in inkomstebelasting is nie, beteken die gebrek aan inflasionêre aanpassing (en onthou dit is al die tweede agtereenvolgende jaar wat dit gebeur) dat Suid-Afrikaners uiteindelik minder geld huis toe gaan vat – veral as hul jaarlikse verhoging hulle in ‘n nuwe belastingkerf dwing. As die minister die tabelle vir inflasie aangepas het, sou verbruikers steeds meer belasting betaal het, maar dit sou in lyn met hul verhoging gewees het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n voorbeeld: Kom ons sê iemand verdien R30 875 per maand voor belasting (R370 500 per jaar). As hulle ‘n 7% inflasionêre verhoging van hul werkgewer ontvang, sal dit hulle in ‘n nuwe belastingklas plaas. En met dié dat die tesourie nie voorsiening hiervoor maak nie, beteken dit dat die werknemer wat nou R33 078,75 per maand voor belasting verdien – nou R83 419 in jaarlikse inkomstebelasting sal betaal. Dit is amper R10 000 meer belastinggeld as wat hulle die vorige jaar sou betaal het (R73 726). Die gevolg is dus dat hul netto salaris eintlik met 5,65% verhoog is, maar hul belastingonkoste het met 13,15% gespring.

Belasting is gewoonlik nogal ’n tameletjie vir  baie individue, en daarom bly dit ’n goeie idee om met ‘n gekwalifiseerde finansiële adviseur te praat wat jou kan help om jou belastingaangeleenthede beter te verstaan en te hanteer.

Lees ook: Pantser jouself teen onnodige aanlyn-inkopies

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

24 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.