kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bek-en-klouseer

So verskil die twee siektes, verduidelik dr. Etienne Bruwer, Kaapse pediater.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Hand-, voet- en mondsiekte se simptome Candida (sproei) se simptome
’n Ligte verkoue en koors vooraf Geen verkoue of koors
Pynlike rooi seertjies met ’n blasie-voorkoms. Die seertjies sit meestal dieper in die vel Wit sweertjies. Vir party kinders is dit pynlik, vir ander nie
Seertjies begin diep agter in die mond, waarna seertjies op die handpalms en voetsole en rondom die mond . Dit kan ook rondom die mond, en op die tong en tandvleise verskyn Meestal wit seertjies meestal in die mond maar as dit kan deur die hele dermkanaal versprei, met rooi seertjies soos eilandjies op die boudjies
Hand-, voet- en mondsiekte is hoogs aansteeklik. Dit versprei deur kontak met speeksel (soen, nies, en deur dieselfde eetgerei, fopspene en speelgoed te deel) en feses Candida is nie werklik aansteeklik van mens tot mens nie maar jy moet keer dat dit verder as jou kind se mond versprei. Soms ook versprei met swak gesteriliseerde bottels en gebarste tepels
Hoe om jou kind met HVM-siekte te versorg
• Hou jou kind gehidreerd met water, joghurt, melk en vrugtesap.
• Gee hom ‘n parasetamoltipe pynpil (nie ’n aspirientipe pynpil nie)
• Kry ’n verdowende mondsalfie of mondspuit om die pyn in sy mond te verlig.
• Hou dop vir ’n skielike hoë koors en ’n stywe nek, wat dui op ensefalitis (breinontsteking). Neem hom dan dadelik dokter toe
Hoe om jou kind met candida te versorg
• Kry ’n teenswam salf spesifiek vir candida vir die seertjies in sy mond en op sy boudjies.
• Gee jou kind bulgaarse joghurt of probiotika mits hy bo ses maande oud is.
• Ruil sy doeke meer gereeld om.
• Gebruik ’n salf wat die vel teen nattigheid beskerm. Boudjiesalf met sink is die beste.
• Indien candida in sy mond voorkom en dit nie binne ’n week genees nie neem jou kind dokter toe vir verdere evaluasie
Moet hy tuis bly?
Ja. Hou jou kind weg van ander kinders omdat dit hoogs aansteeklik is. Hou hom minstens ‘n week tuis, of tot die seertjies verdwyn het.
Geen soentjies nou nie – maar troetel hom gerus.
Moet hy tuis bly?
Nee. Hy kan crèche of dagmoeder toe gaan. Maar lig hulle in, want dit kan dui op swak sorg en ongereelde doekruiling. Sorg vir boudjiesalf wat hulle moet insmeer.
Keer dat hand- voet en mondsiekte versprei
• Was jou hande na jy met jou kind gewerk het – en veral as jy sy doek omgeruil het
• Hou sy speelgoed, eetgerei en gebruiksitems apart. Was en ontsmet dit elke dag
Keer dat candida versprei
• Was jou hande na jy met hom gewerk het en veral as jy sy doek omgeruil het
• Ontsmet sy bottel, fopspene en alles waarna hy graag kou
• Al is die siekte nie werklik aansteeklik nie kan jy dit tog na jou oë oordra. Moenie aan jou oë vat nie

*Lees ook die artikel “Bek(kie)-en-klou(tjie)-seer” hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.