kategorieë: DekorLeefstyl

Beplan jou kombuis slim

Deur Cornel Dunn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om ’n nuwe kombuis vir jou huis te kies kan baie opwindend wees, maar terselfdertyd duur en tydrowend. Om ’n styl te kies of ’n ontwerper te huur, kan besluite wees wat ernstige oorweging kort. Byvoorbeeld, wil jy die spasie net as kook-area gebruik of gaan dit ook as eetkamer dien? Hier is ’n paar goed wat jy moet oorweeg voordat jy jou kombuis begin beplan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dink aan loodgieterwerk en verhitting

Gaan jy bestaande pype gebruik of moet jy dit vermeerder? As jy beplan om ’n eiland met ’n wasbak in jou ontwerp te gebruik, sal jy ’n loodgieter moet kry. Maak ook seker die elektriese bedrading is in plek voor die vloer gelê word. Beplan deeglik waar jy kragproppe gaan benodig. Dit is ’n goeie idee om jou wasmasjien en skottelgoedwasser naby ’n wasbak te plaas om sodoende loodgietersfooie minimaal te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oorweeg die beligting

Beplan die beligting deeglik. Sekondêre beligting soos fokusligte bokant jou kook- en voorbereidingsareas is altyd ’n goeie idee.

Jou behoeftes

Verlang jy gladde moderne oppervlaktes, ’n eiland of dalk baie ekstra pakruimte? Beplan vooruit.

Styl

Jou keuse van styl vir jou kombuis is baie persoonlik. Maak ’n plakboek van kombuise wat jou inspireer. Kry ook monsters van oppervlaktes, verf en materiaal.

Professionele hulp

Om die absolute maksimum uit jou spasie te kry, oorweeg die hulp van ’n professionele kombuisontwerper.  Hulle ondervinding en ervaring sal aan jou opsies bied  waaraan jy waarskynlik nie self sou dink nie.

Kombuisontwerpers sal ook al die informasie van nuwe produkte hê.

Wenke

  • Belê in die beste werkoppervlaktes wat jy kan bekostig. Graniet en soliede hout is goeie keuses.
  • Maak seker jou kabinette is van ’n goeie kwaliteit. Dun raamwerke sal nie lank hou nie. Jy benodig 15 mm deurlopend.
  • Almal kan nie duur houtdeure bekostig nie. Kry die soortgelyke voorkoms met gelamineerde hout.
  • Koop slim met toebehore. ’n Goeie stoof en yskas is van optimale belang. Los liewer die koffiemasjien en wynverkoeler.
  • Om dit self te doen, is moontlik, maar ’n professionele maatskappy sal jou baie tyd, geld en kopsere spaar.

Lees ook: 4 eko-wenke vir ’n goedkoper winterhuis

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.