30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kom ons wees eerlik: daar is nie een stel reëls waarmee jy hierdie lewe kan aanpak nie, en wat vir een mens werk, gaan dalk nie vir ander werk nie. Maar daar is tog ’n klompie universele wenke wat jou gaan help om ’n beter jaar te hê. Die sleutel hiertoe lê in jou gewoontes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leon Ho, die stigter van die webwerf Lifehack en ’n kenner op die gebied van produktiwiteit, glo dit is heeltemal moontlik om nuwe gewoontes te vorm. Hy vereenvoudig dit deur te veronderstel dat die brein uit twee “stelsels” bestaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stelsel 1 is outomaties, vinnig en gewoonlik ’n onbewuste manier van dink, soos wanneer jy werk toe ry of stap. Jy weet  outomaties hoe om daar te kom.

Stelsel 2, daarteenoor, is ’n bewustelike interne en gekontroleerde manier van dink, soos wanneer jy navorsing doen oor ’n nuwe werk, of ’n nuwe resep vir aandete. Dit vereis energie en moeite om jou aandag te behou.”

Ho verduidelik dat die twee stelsels saamwerk. “Maar jou brein kies outomaties die eerste – en lui – opsie in ’n moeilike situasie in ’n poging om energie te bespaar. Eers as dit nie ’n oplossing vir die probleem bied nie, sal stelsel 2 betrek word.”

Die sleutel tot nuwe gewoontes is om iets van ’n stelsel 2-besluit (waaroor jy nog moet dink) na ’n stelsel 1-besluit (iets wat outomaties kom) te verander. Die geheim lê daarin om dit genoeg kere te herhaal.

Lees ook: 10 maklike dinge wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Ho onderskei ook tussen twee soorte gewoontes: Bewustelike gewoontes – soos om daagliks te gaan draf – vereis een of ander aksie van jou kant af. Versteekte gewoontes is gewoontes wat al so deel geword het van jou lewe dat jy kwalik bewus is daarvan, soos die manier waarop jy stap of sit. Dit verg geen aksie van jou kant af nie. Versteekte gewoontes maak die meerderheid van ons gewoontes uit, en is juis die moeilikste om te verander.

Ho verdeel versteekte gewoontes in vyf kategorieë:

  • Emosioneel: Hoe reageer jy op iets soos kritiek of slegte nuus? Of as jou vriendin op sosiale media met ’n lekker vakansie spog?
  • Sosiaal: Maak jy oogkontak met mense? Het jy sekere maniertjies wanneer jy praat? Gebruik jy sekere frases oor en oor?
  • Fisiek: Hoe loop jy? Hoe sit jy? Hoeveel water drink jy daagliks?
  • Energie: Hoe lyk jou slaaptydroetine? En jou oggendroetine en eetpatroon?
  • Produktiwiteit: Hoe gereeld kyk jy na boodskappe op jou foon of e-pos? Maak jy eers ’n lysie van prioriteite voordat jy ’n taak aanpak of duik jy net in?

Slegte gewoontes kan vooruitgang en vordering keer, maar goeie gewoontes kan help om jou meer produktief te maak en beter te lyk, te voel en te wees. Ho meen dit neem 100 dae (en nie net 21 soos wat dikwels beweer word nie) om nuwe gewoontes te vestig.

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

Hier is Ho en ander kenners se idees wat jou lewe kan verander:

1 Skep ’n 100 dae kalender vir al jou take

Omring deur ’n chaos of onafgehandelde takies in en om jou huis? Dan gaan jy sukkel om die res van jou lewe uit te sorteer. Stel ’n 100 dae kalender op vir opruim en regmaaktakies. Handel een ’n dag af, en jy sal gou die verskil in jou lewe agterkom. Kies bv. een dag om jou tydskrifte uit te sorteer, die volgende dag om boeke uit te sorteer, en takel DVD’s en CD’s op dag drie.

Lees ook: Gooi weg en ruim op!

2 “’n Plek vir alles en alles op sy plek”

Implementeer ’n nuwe leuse vir jou huis: ’n plek vir alles en alles op sy plek. Vier eenvoudige reëls sal help om ’n toekomstige chaos te voorkom:

  • As jy dit uithaal, pak dit weg.
  • As jy dit oopmaak, maak dit toe.
  • As jy dit afhaal, hang dit weer op.
  • As jy dit neergegooi het, tel dit op.

Lees ook: Die beste, maklikste raad vir ’n klottervrye huis

Marie Kondo se beste pakwenke vir klottervrye kaste

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

3 Dankbaarheid skep geluk

Bevorder innerlike geluk deur eenvoudige dinge, soos ’n daaglikse dankbaarheidslysie van minstens vyf dinge.

Lees ook: 70 topwenke vir geluk

4 Doen iets lekkers

Maak ’n lysie van eenvoudige goed wat vir jou lekker is, en doen daagliks minstens een daarvan. Dit hoef ook nie geld te kos nie. Doen dinge soos om jou middagete buite te eet, in jou tuin te werk, of sommer net te sit en ’n paar minute te lees – dit doen wondere vir die gemoed.

Lees ook: 7 Maniere om werklik te ontspan

5 Lees elke dag

Lees ’n boek wat jou uitdaag en dwing om te konsentreer, en lees elke dag ’n paar minute. Druk deur, al neem dit jou ook 100 dae!

Op soek na lekkerlees-verhale? Ons het die heel lekkerste kortverhale aanlyn! Klik hier.

6 Lag lekker

Lag elke dag! Kyk na ’n komedie op TV, volg iemand snaaks op sosiale media, kyk na spotprente of gesels met iemand met ’n lekker sin vir humor.

Lees ook: Lag ’n slag – dis goed vir jou!

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

7 Praat mooi met jouself!

Hou tien dae lank boek van hoe jy met jouself praat. Raas jy gedurig met jouself, voel jy ontoereikend, dink jy heeltyd krities oor jouself en ander? Maak ’n lys van emosies wat jy saam met hierdie negatiewe gedagtes ervaar. Werk daagliks bewustelik aan ’n meer positiewe ingesteldheid .

Lees ook: Jy mag sê jy’s mooi

8 Hou aan leer!

Leer elke dag iets nuuts. Dit kan iets kleins wees, soos ’n nuwe woord, die naam van ’n plant of ’n geskiedenisfeit.

Lees ook: Die beste oefen-wenke vir jou brein!

Kry weer brein-woema!

9 Laat los die negatiwiteit

Hou vir 100 dae op kla. Negatiewe praatjies lei tot negatiewe gedagtes, en negatiewe gedagtes lei tot negatiewe resultate.

Lees ook: 4 maklike dinge wat jy nou kan doen om gelukkiger te wees

10 Hoe bestee jy jou tyd?

Hou vyf dae lank boek van hoe jy jou tyd deurbring. Maak daarna ’n lys van prioriteite en stel ’n tydsbegroting daarvolgens op waarby jy die volgende 95 dae hou. Onthou om dinge soos jou rytyd werk toe, huishoudelike takies, ontspanning en tyd waarin jy ’n inkomste genereer, in te reken.

#rrWenk: Kombineer iets soos jou rytyd werk toe met Ho se raad om elke dag iets nuuts te leer deur byvoorbeeld na ’n potgooi te luister.

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

11 Verruil jou tydmors-aktiwiteite vir beter dinge

Identifiseer een aktiwiteit waaraan jy daagliks ’n klomp nuttelose tyd bestee. Gebruik eerder daardie tyd vir ’n hoë produktiwiteit-aktiwiteit. Dink krities oor iets soos jou tyd op sosiale media. Hoe gaan jou lewe verander as jy eerder daardie tyd aan jou gesin/huishouding/werk afstaan?

Lees ook: Besige ouer, eensame kind

12 Beplan jou volgende dag

Beplan jou dag reeds die vorige aand, en maak jou lessenaar netjies aan die einde van elke werksdag sodat jy soggens dadelik kan begin werk.

Lees ook: 10 wenke wat jou kan help om nou te leef

13 Multi-task se voet

Hou op multi-task. Dis nie iets wat natuurlik vir ons brein kom nie. Fokus eerder daarop om een taak sonder onderbrekings af te handel.

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

14 Doen die belangrike dinge eerste

Doen die heel belangrikste ding op jou “om te doen”-lysie heel eerste soggens.

Lees ook: Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

15 Prioritiseer

Maak ’n lysie van al jou sosiale en werksverpligtinge, en prioritiseer dit deur alles dood te trek wat jou nie werklik gelukkig maak, of die doelwitte wat jy vir jouself gestel het, bevorder nie.

Lees ook: Word uitstel, afstel? Hoe om nie uit te stel nie

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

16 Begroot slim

Stel ’n akkurate begroting op. Waaraan bestee jy jou geld? Waarop kan jy besnoei? Hou dan daarby.

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou finansies nie ’n vliegramp word nie

17 Koop slegs met kontant

Los jou kaarte (ook jou debietkaarte) by die huis wanneer jy winkel toe gaan, en koop 100 dae lank net kontant. Jy sal verbaas wees hoeveel meer bedag jy is op wat jy koop.

18 Stel ’n inkopielys saam

Maak ’n inkopielysie voordat jy winkel toe gaan, en hou daarby. Kombineer alles wat jy moet doen en ry net een keer om petrol te spaar.

19 Koop net wat jy werklik nodig het

Koop vir 100 dae net dit wat jy werklik nodig het, en gebruik die geld wat jy spaar om skuld af te betaal, ’n noodfonds op te bou of belê dit.

Lees ook: Pantser jouself teen onnodige aanlyninkopies

20 Eet jou groente en vrugte

Eet vir die volgende 100 dae daagliks vyf porsies groente en drie porsies vrugte.

#rrWenk: sluit baie “superkosse” by jou daaglikse dieet in: tamaties, uie, groen groente, sitrusvrugte, sade, neute, eiers en olierige vissoorte. Eet kos in die natuurlikste vorm moontlik.

21 Sny ongesonde kosse uit

Kies een kossoort wat jou gesonde eetplanne saboteer, en sny dit 100 dae lank heeltemal uit jou dieet.

Lees ook: 41 ander woorde vir suiker op kosetikette waarvoor jy moet oppas

22 Drink meer water!

Drink 100 dae lank water eerder as koeldrank.

Lees ook: Druk ons onthou-om-water-te-drink-lysie uit

23 Beplan jou etes vooruit om gesonder en goedkoper te eet

Stel ’n lysie op van 10 gesonde ontbyte, 20 gesonde, maklike etes en 10 gesonde peuselhappies. Trek dan ’n spyskaart op vir die volgende 14 dae. Dit vereenvoudig jou inkopielys en beplanning.

#rrWenk: Loer na al ons heerlike resepte vir inspirasie vir aandete

30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

25 Fokus op jou eie lewe, nie op iemand anders s’n nie

Fokus 100 dae lank net op jou eie doen en late, en weerhou jou daarvan om krities te wees teenoor ander, veral as jy nie regtig weet wat in hul lewe aangaan nie. En onthou, almal op jou lewenspad doen maar net hul bes.

Lees ook: 10 maniere om positief te bly

26 Leef minder op jou foon en rekenaar

Bring minder tyd op jou foon (en sosiale media) deur. Jy gaan meer tyd hê vir belangrike goed, gaan meer positief voel en gaan beter konsentreer.

Lees ook: Digitale detoks: Hoekom en hoe

27 Leer uit jou foute

As jy dinge heeltyd op dieselfde manier doen, gaan jy heeltyd dieselfde uitslag kry. Verander wat jy moet verander om die jaar te hê wat jy begeer. Moeg vir jou lyf? Eet reg en oefen. Kom jy nie uit met jou geld nie? Bestee minder.

Lees ook: 28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

28 Verander die dinge wat jy kan, en verander jouself as jy nie die dinge kan verander nie

Verander wat jy kan verander, en verander jou reaksie op die res. Aan dinge soos ’n nare baas of koerantopskrifte kan ons niks verander nie, maar ons kan ons reaksie daarop verander. Asemhalingsoefeninge kan jou help om kalm te bly. Raadpleeg ’n kenner om dit waaraan jy niks kan verander nie, te hanteer.

Lees ook: Wees positief, leef langer

29 Dis alles oor balans

Maak balans jou wagwoord – kry genoeg rus, genoeg van die regte kosse, genoeg oefening. Ontspan genoeg. Ruim genoeg tyd vir jouself in – as jou tenk leeg is, kan jy niemand anders help nie. Begin betyds met belangrike take en beplan deeglik vooruit sodat jy nie altyd voel of jy op ’n trapmeul is nie.

Lees ook: Leef stadiger, leef meer

30 Kry meer slaap!

Dis amptelik: die meeste mense slaap te min, en “slaapskuld” is iets wat jy nooit kan inhaal nie. Die National Sleep Foundation van die VSA se kenners het hersiene riglyne opgestel oor hoeveel slaap ons nodig het, en beveel 7 tot 9 uur vir volwassenes onder 65 aan. Mense ouer as 65 slaap gewoonlik minder en kan met 7 tot 8 uur slaap wegkom.

Maar hoe weet jy of jy te min slaap?
Vra jouself die volgende vrae:

  • Voel jy produktief, gesond en gelukkig met die hoeveelheid slaap wat jy nou kry?
    Nie? Dan slaap jy te min.
  • Is jy oorgewig of het jy ander gesondheidsprobleme?
    Ja? Dan slaap jy waarskynlik te min.
  • Het jy enige probleme om te slaap?
    Bespreek dit met jou dokter.
  • Maak jy staat op kafeïen om jou deur ’n dag te kry?
    Dan slaap jy te min.
  • Voel jy vaak wanneer jy bestuur?
    Jy moet meer slaap.

Lees ook: Help, ek kan nie slaap nie!

Wenke om te help dat jy lekker slaap:

  1. Hou by jou slaapskedule, selfs oor naweke.
  2. Vestig ’n ontspanne slaaptydritueel – skakel alle elektronika af (ook en veral jou selfoon), luister rustige musiek, maak jou kamer donkerder (dit help jou liggaam om melatonien, die slaaphormoon, te vervaardig).
  3. Is jou kamer warm/koel genoeg, stil genoeg, donker genoeg?
  4. Vermy slaapdiewe, soos alkohol (nee, dit laat jou nie beter slaap nie, al raak jy dalk makliker aan die slaap) en kafeïen.

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker? Ons slimste slaapwenke

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.