kategorieë: GebakKosSomerkos

Bessiestroop-en-meringue-bakkies

Basiese meringue-resep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir een middelslag-pawlowa. Ek verdubbel gewoonlik die resep om ’n lekker groot pawlowa vir 8-10 mense te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 200 g suiker
  • 4 eierwitte
  • knypie sout
  • knypie kremetart

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Voorverhit die oond tot 110 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
  2. Klits die sout, kremetart en eierwitte met ’n elektriese klitser of in ’n staanmenger tot stywepuntstadium.
  3. Gooi 45 ml (3 e) van die suiker by en klop vir sowat 1-2 min. tot die eierwitte glansend wit is en weer punte maak.
  4. Gooi die res van die suiker stadig by en klits deurentyd tot die suiker goed ingemeng is. Die eierwit moet dik en glansend wees en stywe punte maak.
  5. Skep groot lepels vol van die meringue op mekaar in die middel van die bakplaat. Vorm met die agterkant van ’n lepel ’n groot gepofte sirkel wat effens induik in die middel.
  6. Bak vir 1-1½ uur tot die meringue krakerig en gaar is, maar nie verkleur nie.
  7. Indien dit nog sag is as jy liggies met jou vingerpunte daaraan raak, kan jy die temperatuur na 60 °C afdraai en vir nog ’n halfuur bak.
  8. Skakel die oond af en droog verder in die warm oond uit tot droog en krakerig.
  9. Laat heeltemal afkoel op ’n afkoelrak.
  10. Bêre die meringues in ’n lugdigte houer. Strooi eers ’n dun lagie suiker onderin die houer en voer met bakpapier uit – dit keer dat die meringues taai word.

Meringue-bakkies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

Hierdie lekker poedinkies kan jy met enige vrugte maak. Nektariens en perskes werk goed.

  • 1 hoeveelheid basiese meringuemengsel
  • 500 g bevrore, gemengde bessies
  • 250 ml (1 k) suiker
  • sap van ½ suurlemoen
  • dubbeldikroom vir opdiening

  1. Voorverhit die oond tot 110 °C.
  2. Kook die bevrore bessies, suiker en suurlemoensap in ’n kastrol tot stroperig. Laat afkoel.
  3. Maak 1 hoeveelheid basiese meringue.
  4. Skep die bessiestroop in kolwyntjiepapiertjies of klein ramekins.
  5. Skep ’n groot lepel van die meringue op elk van die bessiebakkies en bak vir 20-25 min. tot die meringue gaar en krakerig is, maar nie verkleur nie.
  6. Sit die poedinkies met skeppies dubbeldikroom voor.
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

16 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

19 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

20 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

20 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

22 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.