kategorieë: Blogs

Bevry van jou lyf

Dis 19D, hoor ek haar. Ek sit in 19C en is dadelik verlig dat die lywige jong vrou nie styf langs my moet in nie. Skaam jou, betig ek myself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met haar inskuif in die sitplek weet ek: hier’s moeilikheid. Groot moeilikheid; 19D kreun. Uit die hoek van my oog sien ek hoe die armleuning van haar sitplek beswaar maak en opwip. Sy skuif haar sitvlak agtertoe; ek sien haar bene knel en bult. Die armleuning protesteer weer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy kyk af en trek haar klere reg soos, wel, soos hulle dit doen. Groot vroue. Vet vroue. Vat die hemp onder vas, en gee dit ‘n pluk of twee hier om die maag langs net sodat die rolle nie te sigbaar is nie. Trek dan die twee baadjiepante na mekaar toe om die bultende massa verder te verbloem. Al weet sy (en ek) die baadjie se knope kan lankal nie meer toe nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Buurvrou trek die blou sitplekgordel oop, skuif die gespe tot op sy maksimum lengte. Besef dan dít gaan nie werk nie. Druk die knoppie en gou is die haastige lugwaardin daar. Sy knik, is simpatiek en bring ‘n verlengstuk. Uit die hoek van my oog sien ek Buurvrou se jong hande bewe. Die verlengstuk maak dit net-net om haar middellyf. Dan kyk sy op, maak seker niemand kyk nie. Vas in my starende blik. “So ja,” sug sy. Daar’s druppels sweet tussen die slierte op haar voorkop, sien ek en wil-wil ‘n lappie aanbied om dit af te vee. Bedink myself.

My lywige buurvrou sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dis alles die Chinese se skuld,” hoor ek. Ek kyk op, Buurvrou praat met my. Ekskuus? “Dis die Chinese se skuld. Klere is kleiner, karre is kleiner, vliegtuie is kleiner. Dis die Chinese se skuld.” Ek snap.

Jy jok, dink ek.

Te veel kos. Te min oefening. Te min slaap. Te veel werk. Te veel stres. Te, te, te, te en te. Dis te se skuld.

Ek voel skuldig en vra uit. Sy’s 34, getroud, wil kinders hê, kan nie, is ambisieus, werk 14 ure per dag. “Ek’s ‘n vet, vrolike vrou. Vet, vetter, vrolikste . . . ” kom die laaste sin. Vang my weer onkant, dié opgewekte mond, hartseer oë.

Jy jok, dink ek en kyk anderpad. Ek’s klaar gepraat.

Tuis kan ek nie anders as om weer aan Buurvrou te dink nie. Hartseer, vasgevang in daardie lyf. En ek dink aan die raad van Mary Quant, Britse mode-diva van die sestigs en die vrou wat deur baie gesien word as die ontwerper van die mini en sogenaamde “hot pants”. Buurvrou, luister tog wat Mary sê: “Risk it, go for it. Life always gives you another chance, another go at it. It’s very important to take enormous risks.”

Vergeet van die Chinese. Bevry jou van jou lyf.

Tot volgende week,

Marí

www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.