kategorieë: Blogs

Betonboer in Busan

Maandagaand, 29 Julie 2013. Starbucks. Busan. 31 ºC met ‘n humiditeit van 79%. Dis hittig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek’t uiteindelik die moed bymekaar geskraap om weer te beginne skryf. Ja-nee, ek verstaan heeltemal as jy nou jou skouers optrek en ‘n effense frons oor jou voorkop het. Waarom op aarde sal iemand wat so lief vir skryf dan as’t ware moed nodig he om te skryf? Dis mos maklik om gou ‘n paar sinne en spitsvondige woordspelings neer te pen, mag jy dalk dink. Dan is daar diegene wat glo dat jy jou siel moet skoon skryf met ware of fiksionele karakters en plotte en komplotte. Ek onthou hoe my ma en haar jarelange vriendin altyd skerts dat sodra die een vloere beginne vee of die ander kaste beginne uitpak, is hulle besig met ‘n sielswroeging. Ek neem aan dat skryf vir baie mense ‘n uitlating skep om jou hartseer en frustrasies weg te skryf. Dat jy met elke woord en gedagte wat jy neerpen die bitterheid en trane en onsamehangende gedagtes uit jou kan uitwoed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die laasgenoemd stryk meer akkoord met my. Sodra ek skryf, konfronteer ek my diepste en kleurrykste gedagtes en dit intensifiseer die emosies en dinge waardeur ek werk. Ek wens soms ek kon daardie skrywersput makliker oopsluit. Want op die oog af lyk die put stil en stemmig, maar soos Laurika Rauch jare terug gesing het: “Onder draai die duiwel rond”.
Nietemin. Hier staan ek nog. Soos my ma en ouma my bly herinner, is ek die vyfde agtereenvolgende Martha en moet ek nes my naamgenote my eie Drakensberg(e) kaalvoet aanpak om sterker bo uit te kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier by die halfpadmerk is ek soms verstom oor die voorreg wat my te beurt geval het om hierdie land te kan verken.
In Boeddha se verjaarsdagnaweek (17 – 19 Mei 2013) het ek drie ongeëwenaarde tempels besoek. My gunstelling was die Samgwangsa Tempel duskant die Sajik stadion hier in Busan. Elke liewe denkbare oppervlakte was bedek met die kleurrykste laplanterns. Elkeen van die lanterns simboliseer ‘n gesin wat ‘n bedraggie neergesit het in die hoop dat Boeddha hulle in die komende jaar sal seën. Die statige monnike neurie met vorsheid in hul stem lirieke van ouds. Ek’t myself herhaaldelik betrap dat ek myself sommer so op die grond sit gemaak het, en met my oë toe al my sintuie ingespan het om elke reuk en kleur en oomblik vas te vang. Wierook en simbale op die agtergrond het my verbeelding na vervloeë jare teruggeneem waar drake dalk nog werklik oor die blou-blou see kon afpyl.

‘n Ander imponerende hoofstuk in my lewe was my onlangse hospitalisasie en noodprosedure in een van Busan se tophospitale. Praat van lost in translation. Dis hier in my uur (eerder ure) van donkerste nood dat ek aan die goedheid en genade van vreemdelinge oorgelaat is. My boeddhistiese vriendin en haar ouers was male sonder tal langs my hospitaalbed, altyd gereed om my klam voorkop af te vee en my op hoogte te bring van my mediese dokumente. Vriendinne van nabygeleë dorpies het besoek kom aflê. Selfs my boeddhistiese monnik-vriend van Jinhae (oorspronklik van Sri-Lanka) het dan en wan kom inloer om ‘n wakende ogie oor my te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Een staaltjie wat my sal bybly is hoe ek na die operasie ontwaak het, hoog soos ‘n kaait van al die morfien en hoe ek almal (selfs die sjirurg en sy span) beskuldig het dat hulle my swart Haviana plakkies waarmee ek die operasiesaal in is, gesteel het. My ma vertel hoe ek haar erg ontstoke tweeuur die oggend Suid Afrikaanse tyd gebel het om te vertel van hierdie godverlate land waar hulle wragtigwaar die pasiënte se plakkies steel.
In hierdie tydjie was ek geseënd deur mense from all walks of life, ongeag of ons dieselfde geloof deel. God is darem maar so kreatief – lees gerus Romeine 8:28.

As ek eendag ‘n ervare kosmopolitaan is en met ‘n sigaar in die hand en stola om die skouers oor my villa tuur, sal ek dalk die chutzpah hê om aan Martha se Memoirs te werk. En in detail te skryf oor hierdie noue ontkoming. (Nota aan self – daai kan wraggies ‘n goeie titel vir ‘n boek of bundel maak).

Dis darem maar snaaks hoe die lewe werk: hoe meer jy jouself beskikbaar stel vir geleenthede, hoe meer val hierdie rype geleentheidsvruggies in jou voorskoot. Korea het my geleer om nie “nee” te sê vir ‘n uitdaging nie. Met my amateurswemvernuf (‘n verspotte kombinasie van vlinderslag en hondjieswem) het ek by Songdo Strand, Busan, etlike meters ver in die see in geswem net om van ‘n hoë duikplatform af te duik. Herhaaldelik. Want ek kon. Ek lewe. (My baaikostuum het wel gebewe maar die koue water het my vinnig van die ergste vrese laat vergeet.) Net so het ek etlike dae voor my operasie nog in Daegu se HerbHillz soos ‘n wafferse akrobaat oor styfgespande kabels getrippe-trappe-tone en honderde meters ver ge-zipline. Wat nog van die rotsklim wat ek met ‘n erge hoogtevrees aangepak het. Waterponieritte en branderplankrylesse op Dadaepo strand was maar enkele hoogtepunte. Genoeg hieroor.

Korea bied my hierdie groot spoeg-en-plakboek wat ek baie maal inkleur deur my observasies van die mense, die skrefiesoogmense wat nie bang is om ure lank op die grond te sit nie. (Harde gat word nooit sagte gat soos ons as groentjies geleer is nie). As jy sover gekom het om van my skrywes te lees, sal jy agterkom dat ek meer gefassineerd is met die mense agter die maskers as die ruimte waarin die storie afspeel. Dis die mense wat jy so tussen deur die straights ontmoet wat jou herinneringe vleis gee. Dis die liewe lawwe stories wat die boer in beton weer nuwe moed laat sluk om nog ‘n paragraaf te skryf.

Ek travel tans in staail. Mag jy ook, waar jy jouself ookal bevind.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.