kategorieë: Ons menseBekendes

Donnalee Roberts: liefde en sukses

Sy was nog jonk toe haar ouers geskei is, maar dit het nie Donnalee Roberts se siening van die liefde en die huwelik versuur nie. Sy glo steeds met blink oë aan ware liefde en gelukkige huwelike.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek het vir seker nie uit ’n gebroke huis gekom nie. My ouers het vir my twee wonderlike huise gegee waarin daar oorvloedige liefde was. Hul huwelik het maar net nie gewerk nie. Hulle was nie lelik met mekaar nie en het bloot die volwasse besluit geneem om te skei. My pa het nou ’n fantastiese vrou wat perfek by hom pas.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit het my nie bang gemaak om te trou nie. Niemand trou om te skei nie, en wanneer jy die troubelofte aflê, doen jy dit in die hoop dat dit vir ewig sal wees.”

“My ma sê altyd dit was alles bedoel om so te wees, en hulle was bedoel om twee wonderlike kinders te hê.”

Sy glo liefde is die kern van ’n gelukkige huwelik of verhouding. Donnalee is diep gelowig en vir haar gaan geloof ook oor liefde. “God is liefde en as jy die definisie van liefde verstaan, is dit die sambreelterm vir al die vrugte van die Gees: respek, eerbied, nederigheid … As dit die kern van jou verhouding is, kan dit nie skeefloop nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy is sedert haar jare as dramastudent op Tukkies betrokke by Joolprojekte en gemeenskapswerk en was ook in 2006 Joolkoningin. Dis daar waar sy Help-net, Places of Safety leer ken het, en vandag is sy een van hul ambassadeurs.

“Help-net verskaf  ’n tuiste vir kinders wat uit huise verwyder word waar hulle gesodomiseer, gemolesteer en mishandel word. Hulle bly daar terwyl die hofsake aan die gang is en tot bepaal word waarheen hulle moet gaan. Help-net lê my so na aan die hart. Hulle glo ook dit is ’n kind se reg om niks anders as onvoorwaardelike liefde te ervaar nie.

“Dit gaan my verstand te bowe dat mense aaklige goed aan kinders kan doen, en dat daardie kinders dan grootword met die idee dat dít liefde is.”

Sy is ook betrokke by New Beginnings in Pretoria-Wes, ’n tehuis vir weggooibabas. “Ek gaan kuier graag daar. Daar hang nooit hartseer in die lug nie. As jy daar instap, voel jy net liefde en al die kindertjies lag en speel – van pap babatjies tot kleuters.”

Vir my is dit belangrik dat mense ook besef gesondheid is mooi, dit gaan nie oor groottes nie. Dit wat in jou oë sprankel, is mooi! “Kinders kan mekaar so maklik seermaak en afkraak. Ek weet presies hoe dit voel! Ek het op skool erg deurgeloop en is vreeslik oor my ‘uitstaantande’, my knieë, ag, omtrent alles, gespot.

“Ek was lank en maer en uit proporsie. My lyf het nooit lekker gelyk nie. Boonop het my hare vreeslik gekrul en dan het ek dit nog uitgekam ook – die laaste ding wat jy moes doen! Ek was vir lank baie selfbewus en het altyd my hand voor my mond gesit wanneer ek lag, want ek was skaam oor my tande.

“Dis sommer nonsens. Dit is lekker om die lewe te geniet en te lag, en ek moes dit afleer. Jong meisies en ouens moet besef dat mense hulle moet aanvaar en liefhê nes hulle is. Dit is wat ware liefde is.

“Ek is nou in my laat twintigerjare en is nou eers daar waar ek gemaklik is met wie ek is en hoe ek lyk. Ek geniet ouer word en is versot op alles wat jy leer en die gemaklikheid wat met ouderdom kom,” sê Donnalee met perfekte wit tande en ’n selfversekerde glimlag.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.