kategorieë: Reis

Vier vyfster-ervarings in Mauritius

Spesiale aanbiedings
Four Seasons, Anahita

St. Regis, Le Morne
Constance Belle Mare Plage
Lux* Belle Mare

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Spesiale aanbiedings

Thompsons and Island Light Holidays het fantastiese aanbiedings om jou luukse-wegbreek moontlik te maak.
Kontak Thompsons by 0861 84 6677 of besoek
www.thompsons.co.za
Vir die LUX* Belle Mare aanbod, kontak Island Light Holidays by 011 770 7821 of besoek
www.islandlightholidays.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


Lux* Four Seasons Resort vanaf R26 737 per persoon wat deel

Sluit in
Retoervlugte van Johannesburg na Mauritius
Vervoer na en van die lughawe
7 Nagte verblyf by die vyfsteroord, ontbyt en aandete ingesluit
Geldig van 9 Augustus tot 3 Oktober 2013
Uitgesluit
Alle persoonlike items. Maaltye wat nie genoem is nie. Mediese en reisversekering
Bepalings en voorwaardes
Hoogseisoen-heffings en uitgeboekte datums kan van toepassing wees.
Pryse per persoon wat deel, tensy anders gespesifiseer.
Pryse kan verander vanweë wisselkoersskommelings, verhogings, styging in vliegkaartjiepryse en beskikbaarheid.

5* St Regis vanaf R20,990 per persoon wat deel
Retoervlugte van Johannesburg na Mauritius op Air Mauritius
Lughawebelasting
Vervoer na en van die lughawe
7 Nagte verblyf, ontbyt en aandete ingesluit
Geldig tot 18 September 2013
Bel Thompsons by 0861 84 6677 of kyk by www.thompsons.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5* Constance Belle Mare Plage vanaf R17,711 per persoon wat deel
Sluit in:
Retoervlugte van Johannesburg na Mauritius op Air Mauritius
Lughawebelasting
Vervoer na en van die lughawe
7 Nagte verblyf, ontbyt en aandete ingesluit
Geldig van 4 tot 25 Oktober 2013 – Bespreek en betaal 30 dae vooruit.

LUX* Belle Mare vanaf R16,869 per persoon wat deel
Sluit in
Retoervlugte van Johannesburg na Mauritius op Air Mauritius
Lughawebelasting
Vervoer na en van die lughawe
7 Nagte verblyf, ontbyt en aandete ingesluit
Land- en watersport, waterski ingesluit
Bonus:
2 kinders onder 12 bly, eet en vlieg verniet. Betaal net vir belasting en vervoer na en van die lughawe.
Geldig tot 18 September 2013. Bykomende bedrag geld van 16 Julie – 19 Augustus 2013
Een gratis voldaguitstappie na die eksklusiewe, private eiland van Ile des Deux Cocos per persoon
Vir meer inligting bel Island Light Holidays by 011 770 7821 of gaan na www.islandlightholidays.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Four Seasons, Anahita

Die ultra-luukse Four Seasons Hotel in Anahita doen die Four Seasons-groep eer aan. Dis met rede onlangs as een van die “Top 25 Hotels in the World’ aangewys op die Trip Advisor Travellers Choice.

Styl
Ek sou die styl as Mauritiaanse Zen beskryf, met drywende “pawiljoene” van hout wat oor die strandmeer uitkyk. Pragtig bedags, en eenvoudig magies wanneer dit snags verlig word. Die personeel is vriendelik en die diens uitstekend. Jy kan nie help om verwen en ontspanne te voel nie.

Ligging
Die Four Seasons is op ‘n klein skiereiland aan die oostekant van die eiland geleë, wat beteken dat jy toegang tot drie strande het. Die hotel is ‘n private toevlugsoord van 64 hektaar, 45 minute van die lughawe en 15 minute van die dorpie Flacq.

Akkommodasie
Alle gaste word in luukse villas geakkommodeer – ja, regtig! Kies tussen die Beach, Ocean, Mangrove of Garden Villas. Die villas is weelderig en ruim met afsonderlike instapklerekaste, ‘n reusebadkamer, aparte toilet en privaat buitestorte. Gaste word met L’Occitane-produkte bederf. ‘n Groot patio met ‘n eetkamertafel en gemaklike meubels kyk uit oor ‘n privaat tuin met ‘n plonspoel en dagbed. Teug aan Franse sjampanje in jou privaatpoel terwyl jy die sonsondergang geniet. Neem jou I-pod saam vir die docking station. Let wel – daar is ook Residence Villas vir groter groepe.

Maaltye
Restaurante te kies en te keur!
Beau Champ:
Geleë op drie drywende “pawiljoene” in die buitelug. Geniet ‘n tydsame ontbyt in hierdie lieflike omgewing en kyk hoe die visse suutjies in die strandmeer rondswem. Uitgebreide buffet en warm geregte.
Saans is die restaurant ‘n kontemporêre braairestaurant. Informeel elegant.
Aquapazza:
Opelug restaurant met ‘n uitsig oor die strandmeer. Geniet heerlike kontemporêre Italiaanse cuisine. Kinderspyskaart beskikbaar. Informeel.
Bambou:
Die restaurant langs die swembad bied internasionale disse en seekos. Informeel. Bedags en saans oop. Tema-aande soos Zilwa (Mauritiaans) en Indiese buffet-etes met vermaak. Die energieke Afrika-danse op die Zilwa-aand het ons geboei.
Le Club:
Langs die 18e putjie geleë. Ligte middagetes soos toebroodjies, pasta en sushi word bedien.
Kamerdiens in die villas is ook beskikbaar. Jou maaltyd sal stylvol in die privaatheid van jou villa voorgesit word.

Aktiwiteite
Gholf
Die Ernie Els-ontwerpte gholfbaan is ‘n 18-putjie, par-72 kampioenskapsbaan met ruim skoonvelde en ses putjies wat op die see front. Onbeperkte gholfspeelgeleentheid is by die hotelkoste ingesluit. Komplimentêre een uurlange inisiasiesessies word ook gebied, sowel as die gebruik van ‘n gholfkarretjie met ‘n GPS en ‘n piramide balletjies. “Pro shop” en die huur van toerusting beskikbaar. Ontmoet die reusagtige Aldabra-skilpaaie, Gromomo en Ticolo, wat in die omgewing van die gholfbaan woon.
Spa
Die spa is ‘n moet vir moeë siele. Geniet ‘n ontspannende massering terwyl jy oor die oseaan uitkyk. Paartjies kan geakkommodeer word. Skoonheidsbehandelings, masserings en verskeie interessante en energiegewende Rituele word aangebied. Ek kan die ontspannende Mauritiaanse massering aanbeveel – dit was die beste massering wat ek ooit ervaar het.
Fiksheid
Die goed toegeruste gymnasium spog met ‘n swembad van 28 lengtes, Technogym toerusting, “spinning”, roei en bokstoerusting. Fietse om in die oord mee rond te ry is komplimentêr. Daar is twee tennisbane tot jou beskikking.
Watersport
Komplimentêre waterski en niegemotoriseerde sports in die beskermde strandmeer. Ook snorkeltoere en ritte op ‘n boot met ‘n glasbodem. Vir avontuurentoesiaste is daar spoedbote, “banana-rides” en duik-eskapades.
Ander aktiwiteite
Helikopterritte, stap, perdry en “kite-surfing”.
Besoeke aan lieflike eilandbesienswaardighede soos die Pampelmousses, Grand Bassin, Black River-ravyne, Alexandra-valle en sogenaamde Seven Coloured Earth kan gereël word. Moet ook nie die inkopies in Grand Baie vergeet nie!

Die Four Seasons is ideaal vir …
Gesinsvakansies
‘n Goeie bestemming vir gesinne. Die Hobbit Village Kids Club sien om na kinders van 4 tot 12 met ‘n swembad en kinderaktiwiteite onder toesig. Die Karokan is ‘n “cool” bymekaarkomplek vir 13 tot 17-jariges met ‘n “D.J. booth”, “home cinema” en rekenaarspeletjies. Programme word vir beide die klubs aangebied. Daar is aktiwiteite om die hele gesin besig te hou, sou hulle dit verkies.
Baba-oppassers sowel as toerusting soos eetstoeltjies en bababedjies is beskikbaar.
Spesiale geleenthede en wittebroodsreisigers:
Four Seasons bied die ideale romantiese wegbreekkans. Die villas bied paartjies privaatheid en kamerdiens in die villas word aangebied. (Maaltye wat ten volle bedien word.) Pieknieks op die eiland Ille aux Cerfs, maklik bereikbaar per pendelboot, kan gereël word. Geniet ‘n kerslig-ete op Quiet Beach. Die spa is ook op paartjies ingestel.
Huwelikseremonies
As jou spesiale dag op ‘n strand moet plaasvind, of binnenshuis, is ‘n trouebeplanner byderhand om jou met die ganse beplanning te hep. Besoek die hotel se webwerf vir huwelikspakkette.
Meer inligting by www. fourseasons.com/mauritius


St. Regis, Le Morne

Die St Regis Hotel in Le Morne is ‘n splinternuwe vyfster “deluxe” hotel. Die hekke gee jou toegang tot ‘n beeldskone, stylvolle en geskiedkundige wêreld.
Die hotel is in die Frans-Mauritiaanse koloniale plantasiestyl gebou, kompleet met ‘n statige Manor House wat die middelpunt van die hotel vorm. Die Manor House het ‘n replika van die trap wat op die Titanic was, ‘n verwysing na Lord Astor who saam met die Titanic ondergegaan het. Die hotel is deurweek met die erfenis van Lord Astor – verfyndheid, en ervaring wat op die individu afgestem is.
Elke kamer het ‘n butler wat omsien na elke behoefte wat jy maar kan hê.
Die dekor weerspieël die eiland se historiese verlede; selfs die muurpapier in die toilette wys geskiedkundige tonele!
Hoewel die hotel deftig mag klink, is dit eintlik ‘n ontspanne omgewing. Die personeel is besonder vriendelik en niks is ooit te veel moeite nie. Ons is soos rolprentsterre behandel.

Ligging
Die St. Regis is op die suidwestelike deel van die eiland geleë, op die Le Morne-skiereiland, a Unesco Wêrelderfenisgebied.Die indrukwekkende Brabant-berg is ‘n uitsonderlike, historiese landmerk wat jy nie kan miskyk nie. The hotel is uitstekend geleë vir “kite surfing”.

Akkommodasie
Die St.Regis het 120 Ocean View deluxe-kamers, 24 Beachfront Junior Suites, 8 Beachfront St.Regis Suites, 10 Beachfront Grand suites en 7 Ocean View Manor house suites, asook ‘n Beachfront Villa. Die badkamers spog met groot ovaal baddens en oorgroot storte met luukse Remedé-produkte. Die kenmerkende St.Regis-beddens is met fyn linne oorgetrek. Dis net ‘n paar tree vanaf jou balkon tot by die strand en die turkoois oseaan.

Maaltye
Jy kan uit 6 interessante eetervarings én ‘n gesofistikeerde pub kies:
Le Manoir:
Dit herinner jou aan ‘n imposante privaathuis se eetkamer. Jy kan hier ontbyt eet, of op die veranda met sy mooi suile wat oor die swembad uitkyk. Kreoolse geure en klassieke Franse geregte.
Floating Market:
Mooi, byderwets en modern. Kos uit suidoos-Asië: Thaise, Maleisiese en Viëtnamese geregte.
Atsuko:
Die oord se Japanese sjef skep klassieke Japanese gunstelinge wat in ‘n keurige omgewing bedien word.
Simply India
Hier word ‘n moderne interpretasie van outentieke Indiese cuisine aangebied in samewerking met Atul Kochar, alombekende Michelin-ster sjef. Dink aan kos wat deur antieke handelsroetes geïnspireer is. Gesofistikeerde eetervarings.
The Boathouse bar & Grill
‘n Elegante, ontspanne strandfrontrestaurant. Saans is die atmosfeer romanties. Cuisine-styl disse en seekos. Probeer die sjokoladefondant met pynappelroomys – onbeskryflik lekker!
Inspiration:
Waarskynlik die kleinste en eksklusiefste restaurant in Mauritius. Gaste word verwen met fynkos op ‘n 3 ster Michelinvlak.
1904 Bar:
Skemerkelkies, spiritualieë, “vintage” brandewyne en ‘n hoogaangeskrewe wynkelder. Aanloklike mini-disse word bedien en saans is daar lewendige vermaak. Toets gerus ‘n La Belle Creole Mary uit, die plaaslike variasie op ‘n Bloody Mary, geskep by die St. Regis, in New York – ‘n hele 75 jaar terug!

Aktiwiteite
Gholf
Twee gholfbane in die omgewing.
Spa
By hierdie Iridium spa is elke behandeling is nommerpas ervaring. Uit die 12 kamers kan 2 paartjies akkommodeer. Daar is ‘n haar- en naelsalon vir dames, ‘n salon vir mans, sauna, stoomkamer, Jacuzzi en ontspanningsterras. Probeer die “Hot Guava and Coconut Milk Body ritual” …
Fiksheid
Die fiksheidsklub bied persoonlike afrigting en fiksheidklasse. Die tennisbaan het ‘n sintetiese grasoppervlak en afrigting op alles vlakke word gebied. Buitelugswembaddens is beskikbaar.
“Kite-surfing”
Die St Regis Mauritius spog met die wêreld se eerste Club Mistral Prestige Kite Surf Club wat alles van toerusting en stoorruimte tot afrigting bied. Ry op die waters van die One Eye, een van die planeet se beste terreine vir dié sport. Bied ook branderplankry.
Watersport
Die hotel se Water Sports Club bied snorkel, duik, kajakry, waterski en “stand up paddle”, wat ons uitprobeer het en sowaar reggekry het – te danke aan die hotel se instrukteurs. Die “St Regis One” is die hotel se luukse spoedboot.

Ander lekkertes
St Regis Butler-diens
Die butlers, in die Engelse tradisie op gelei, antisipeer gaste se behoeftes en doen alles om hul verblyf aan hul verwagtinge te laat voldoen.
St Regis Beach Butlers
Terwyl jy op die strand luier, word jy met koue handdoeke, vrugte of gladdejantjies (smoothies) verras.
Middagtee-ritueel
Middagtee word van 3 tot 5 nm in die 1904 Bar bedien, in die tradisie van Lady Astor.
Sjampanje-ritueel
Die hoof-butler demonstreeer die kuns van “sobering” – hoe om ‘n kurk met die swaard los te kry!
Biblioteek
Daar is ‘n lieflike, goed toegeruste biblioteek met ‘n Apple-rekenaar vir gaste se gebruik.
La Palme D’Or Private Cinema
Hier kan jy die jongste flieks sien. Mini-roomyse, springmielies en spookasem om aan te peusel.

Ander aktiwiteite
Besoeke aan besienswaardighede soos die Pampelmousses, Grand Bassin, Black River-ravyne, die “Seven Coloured Earth” en Chamarel kan gereël word. En natuurlik inkopies in Grand Baie!
Die St. Regis is uitstekend vir
Gesinne
Die The Kite Flyers Club word by elke kind se grootte en behoeftes aangepas in ‘n vriendelike en veilige omgewing. Spesiale aktiwiteite en programme vir kinders.
Spesiale geleenthede en wittebroodspaartjies
Die romantiese St.Regis is perfek vir mense met iets om te vier. Die spa het ook behandelingskamers vir paartjies.
Meer inligting by www.stregismauritius.com

Constance Belle Mare Plage

Constance Belle Mare Plage vermeng tradisionele Mauritiaanse ontwerp met ‘n moderne styl. Klim die trappe na die hoofingang en verlustig jou in die ongelooflike uitsig oor die “infinity pool”, die strand en oseaan.
Hoewel dit ‘n groter oord is, is daar talle rustige, stil ruimtes in die pragtige tropiese tuin.
Die manjifieke strand strek 2km ver! Die oord straal luuksheid uit en nooi jou om te kom ontspan. Die diens is puik.



Ligging

Die Constance Belle Mare Plage is op die ooskus geleë en beslaan byna 15 hektaar. Twee 18-putjie gholfbane strek oor nog 140 hektaar.

Akkommodasie
Aansluitende kamers (interconnecting rooms) is beskikbaar vir groter gesinne. Elk van die 92 Prestige Rooms aan die suidpunt het ‘n private balkon met ‘n uitsig oor die Indiese Oseaan.
Die 137 Junior suites het instapkaste en groot balkonne.
Die 6 deluxe suites het ‘n woonkamer, en ‘n ekstra toilet en stort.
Daar is 20 ruim Villas het private swembaddens en daar is een Presidential villa.

Maaltye

Elk van die 7 restaurante en 5 kroeë het ‘n eie atmosfeer.
La Citronelle
Die hoofrestaurant bedien ontbyt en aandete, met tema-buffetetes.
Indigo Beach Restaurant
Die strandfrontrestaurant is ideaal vir middagetes en middaghappies.My dogter, Amy, se sushi was so mooi dat ons dit afgeneem het!
Blue Penny Cafe
‘n Elegante a la carte haute cuisine restaurant met ‘n sigbare wynkelder propvol internasionale wyne.
La Spiagga
Die restaurant naby die villas bedien ligte middagetes en snoephappies en is saans ‘n ontspanne Mediterreense restaurant.
La Kaze Beach Restaurant
‘n Middagete buffet- en slaaikroegrestaurant aan die strandfront. Verskaf middagtee en peuselhappies.
Deer Hunter
By die Legend Golf Club House geleë met ‘n lieflike uitsig op die gholfbaan en skoonvelde. Jy mag selfs die wildsbokkies sien wat daar hou! Ligte middagetes en tradisionele cuisine uit die Indiese Oseaan. Saans ‘n “fine dining”-atmosfeer.
Le Swing
By die Links Golf Club House geleë met ‘n besondere uitsig oor die gholfbaan. Oop vir ligte middagetes.
5 Bars
Skemerkelkkroeë wat oor die swembad en see uitkyk: La spiagga, Deer hunter, Indigo beach, La Kaze en Le Swing Bar.

Aktiwiteite
Gholf
The Legend Course:
Par 72/6014m – hotelgaste betaal nie baangeld nie. Gholfakademie, pro-shop en die huur van toerusting beskikbaar.
The Links Course:
Par 71/5942m – hotelgaste betaal nie baangeld nie. “Pro-shop”, en huur van toerusting beskikbaar.
Spa
Le Spa de Constance bied ‘n haarkapper, masserings, liggaams- en skoonheidsbehandelings met Shiseido produkte. Bederf jouself met ‘n gesigsbehandeling – hierdie hoogstaande produkte het my gesig buitengewoon vogtig laat voel.
Fiksheid
Die Fitness Centre het ‘n ten volle toegeruste gimnasium en ‘n daaglikse sportprogram. Daar is 4 spreiverligte tennisbane en toerusting om te huur. Ook tafeltennis, Franse rolbal en mini gholf plus 4 swembaddens, waarvan een in die wintermaande verhit word. Gebruik van die sauna, plonspoel, stoombad en draaipoel is komplimentêr. Aerobics, joga, T’ai Chi en akwagimsessies is ook ingesluit.
Watersport
Komplimentêre waterski, “windsurfing,” “wakeboards,” kajakry, “hobie cat,” laserbote, “pedalos,” snorkel en ritte in bote met glasbodems.
Skubaduik (afrigting beskikbaar), diepseehengel, “para sailing,” en fietshuur is nie gratis nie.
Ander aktiwiteite
Uitstappies na besienswaardighede soos die Pampelmousses, Grand Bassin, Black River-ravyne en die Alexandra-valle, Chamerel-valle en “Seven Coloured Earth” -sien www.mauritius.net

Ideaal vir
Gesinne
Die Kakoo Club sien om na 4-12-jariges met ‘n verhitte swembad, speletjieskamer en speelgrond. Buffetetes en peuter- en babaspyskaarte op aanvraag. Babaoppassers (teen betaling) en babatoerusting (komplimentêr) is beskikbaar.
Huweliksbevestigings en wittebroodopsies:
Alle details word deur die huweliksbeplanner hanteer. Belle Mare Plage is the volmaakte wittebroodkeuse.
Mense met gestremdhede
Die hotel maak voorsieining hiervoor.
Meer inligting by www.bellemareplagehotel.com of www.constancehotels.com

Lux* Belle Mare

Die Lux* Belle Mare is ‘n dinamiese, luukse vakansieoord. Dis ‘n “cool” hotel – van die helder, vrolike kleure eie aan die handelsmerk tot die pret-aktiwiteite. Die grasdak-oord met sy wiegende palms en lieflike tuine sal jou onmiddellik in die vakansieluim intrek. Die uitleg sentreerom die swembad wat een van die grootste op die eiland is.

Ligging
LUX* Belle Mare is geleë op die ooskus van Mauritius met asemrowende strande wat oor die Indiese Oseaan uitkyk. Net ’n kort rit van die hotel lê die klein dorpie, Centre de Flacq. By die nabygeleë kusdorpie Trou d’Eau Douce is gereelde boottoere met skuba-duikklasse beskikbaar. ’n Groot verskeidenheid gholfbane is ideaal vir almal wat dié sport wil beoefen met ’n idilliese eiland-uitsig.

Akkommodasie
LUX* Belle Mare het 174 suites met ‘n see-uitsig, 57 junior suites, 27 pool junior suites, 10 beach junior suites, 20 LUX* junior suites, 4 lagoon suites, 7 honeymoon suites, 1 maharajah suite en 19 family suites.
Daar is 12 see-uitsig villas, 8 ocean villas, 2 beachfront villas en 2 prestige villas. Ons het in ‘n lieflike strandvilla gebly, pas opgeknap en baie privaat, met ‘n butler-diens. Die kamers is oop en ruim. Daar was ‘n groot, luukse en suite badkamer, privaat buitestort, leef- en eetkamer en ‘n “butler station.” ‘n Verhitte plonspoel en lêstoele het ons uitgenooi om in die son te ontspan.
Al die kamers word deur Kelly Hoppen opgeknap en die projek word einde November voltooi.

Maaltye
The Kitchen
Die hoofrestaurant wat op die turkoois swembad uitkyk, bedien ontbyt en ‘n aandete-buffet met outentieke eiland cuisine. Vermaak soos Sega en Indiese danse word saans aangebied. Eksklusiewe New World ScruCap wyne – sommige van Suid-Afrika – is op die spyskaart.
The Beach is oop vir middag- en aandete. Ligte Mediterreense disse, seekos, slaaie en houtvuurpizzas.
East
Meng en pas-gange soos Japanees en Thai. Of probeer die tiengang Asiatiese Tapas – ‘n proemaaltyd wat suidoos Asiase cuisine met wynpasmaats kombineer.
Senses
‘n Indiese kulinêre ervaring.
The Bar
Hierdie lewendige sitkamer en kroeg bied versnaperinge langs die swembad, Engelse tees en aandvermaak.
Café LUX*
Die hotel rooster hul eie besonderse koffiemengsel van gesertifiseerde groen organiese koffiebone. Loer by die café in en bederf jouself!
Kamerdiens is 24 uur per dag beskikbaar.
Privaat maaltye
Die hotel bied verskeie opsies, soos ‘n romantiese ete op die strand.

Aktiwiteite
Komplimentêr
Watersport: Snorkel, “windsurfing”, kajakke, pedallos, platboombote en waterski. Daar is ook ‘n gymnasium, strandvlugbal, tafeltennis, “bocce balls”, tennis en daaglikse fietstoere.
Teen ’n fooi
Bergfiets, gholf. Ons het met die fietse na die nabygeleë Flacq gery om die groot, bedrywige mark te besoek. Koop enigiets van vanilla tot Indiese klere en pasjminas! ‘n Fees vir die sintuie.

LUX* ME Spa en fiksheid
Vergeet van die “regte” wêreld en verwen jouself ’n dag lank by die spa. Bespreek ’n persoonlike jogasessie en ’n gesonde al fresco ontbyt, en sluit die oggend se pamperlang af met ’n natuurlike seesout “scrub” op die strand. Lê terug vir ’n 90 minute massering en voed jou siel met ’n gebalanseerde middagete. Nou is dit tyd vir jou privaat liggaambalans-sessie, en om die dag mee af te sluit – ’n gegeurge bad.

Ekstra aktiwiteite
Die rooi telefoonhokkie vanwaar gaste gratis internasionale oproepe kan maak (ja, regtig)
Drie Apple-rekenaars vir gaste se gebruik
ScruCap & Popcap: wyn uitgesoek deur Kent Scheermeyer en met ‘n skroefdop gebottel. Cap Classique het wel ‘n kurk om te laat skiet.
Die roomyswinkeltjie verkoop laevetroomys in heerlike, interessante geure.
Die Pop Up Secret Bar: jy kan onverwags op ‘n klerekas afkom en by nadere ondersoek sal jy uitvind dis ‘n verrassingskroeg!
Boodskap in ‘n bottle: dalk is jy so gelukkig om ‘n bottel met ‘n komplimentêre spa-behandeling langs ‘n paadjie te vind, of met ‘n ander gelukkie soos ‘n strand-ete.
Strandfliek: geniet ‘n fliek op die strand op ‘n knus sofa met matjies en komberse
Mobiele sterrewag: ingeligte gidse stel jou voor aan die helder Mauritiaanse naghemel.

Gesinne
PLAY
Hierdie klub hou kinders van 3-12 besig. Goed opgeleide personeel verskaf pretaktiwiteite soos Teddy Tennis vir kinders tot 8 jaar. Oop van 10 vm –10 nm.
Studio 17
Hier kan tieners strandsport geniet, op avontuurtogte gaan en ander aktiwiteite geniet.
Troues en wittebroodspaartjies
LUX* bied trou-pakkette en hul trouebeplanners maak van jou huweliksbevestiging iets spesiaals.
Meer inligting by www.luxresorts.com/en/mauritius

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.