kategorieë: Blogs

Blitsgids om jou vintage kopies op te pas

Was of droogskoonmaak?

Meer dikwels as nie, het vintage klere geen was instruksies nie. Dit is dus belangrik om jou tipes materiale te ken. Katoen, nylon en polyester items is maklik wasbaar, sowel as sekere sy en rayon mengsels. Egte wol-items moet verkieslik droogskoonmakers toe gestuur word (veral jasse) om te verseker dat die wol nie rek nie. Klere met kralewerk, fluweel, leer of pels moet verkieslik ook deur droogskoonmakers gewas word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Geen kras gewas

Items wat wel gewas kan word moet verkieslik met die hand gewas word en een-een op ‘n slag. Ek vind ook dat gastehuis shampoo sakkies baie goed werk, dit is sagter op die materiaal as gewone wasgoed seep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kolle en spatsels

Indien jou items vlekke op het, is dit beter om die vlek te behandel alvorens jy dit was. Meng wasgoed seep tot ‘n dik pasta en plaas op die vlek, die vlekke behoort uit te kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spoel goed af

Seep is baie skadelik vir delikate items. Daarom is dit belangrik dat jy seker maak jy spoel al die seep uit jou items uit.

Droog natuurlik

Moet onder geen omstandighede jou vintage kopies in die tuimeldroër droogmaak nie. Nie net is dit skadelik vir jou artikels nie, maar dit kan ook jou items laat krimp. Vintage items moet verkieslik in natuurlike lig gedroog word, vermy egter vol son.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mooi gestoor

Vintage items moet nooit aan draadhangers gehang word nie, dit verniel die materiaal. Wol-items moet ook netjies opgevou en gestoor word op ‘n rak met tissue papier tussen die verskillende items. Items wat slegs op spesiale geleenthede gedra word kan in tissue papier toegedraai word en in spesiale sakke gebêre word.

Deur gebruik te maak van die bogenoemde wenke, sal jou vintage items nog pragtig lyk teen die tyd wat die vintage gogga jou kleinkinders gebyt het!

Tot volgende keer,

Michelle

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

2 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

2 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

3 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.