kategorieë: KosMaklik en vinnig

Blitsidees met vanielje

Sonder dié verleidelike swart, soet spesery kan ’n mens kwalik bak. Die orgidee is in Mexiko ontdek en die Spanjaarde het dit Europa toe geneem. Hier het dit in die hande van die Franse beland (dank Vader) wat die plant na hul tropiese kolonies, Madagaskar, die Comore en Réunion gestuur het. Réunion het toe as Île de Bourbon bekend gestaan, vandaar die naam Bourbon-vanielje. Elke vanielje het ’n kenmerkende geur en karakter wat deur die terroir bepaal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Blitsidee 1: Vanieljebotter oor geroosterde pere

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verhit die oond tot 180 °C. Meng 60 ml (¼ k) botter met die saadjies van 2 vanieljepeule en 30 ml (2 e) strooisuiker. Sit 4 pere, middeldeur gesny, op ’n bakplaat en smeer van die vanieljebotter oor elk van die helftes. Sprinkel 30 ml (2 e) olyfolie oor en bak vir 25-30 min. tot sag. Skep die pere uit op ’n bord en strooi ’n hand vol marjoleinblaartjies oor. Sit met van die rosé-stroop voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blitsidee 2: Rosé-stroop

Kook 250 ml (1 k) rosé-wyn, 30 ml (2 e) suiker en 1 vanieljepeul saam in ’n klein kastrol tot dit met die helfte verminder.

Blitsidee 3: Vanieljesuiker

Gooi 500 ml (2 k) strooisuiker in ’n bottel wat dig seël en druk 3-4 gebruikte vanieljepeule in die suiker. Spoel net eers die peule af en druk goed droog. Gebruik in gebak of om oor vrugteslaai te strooi.

Geurpasmaats

Kaneel, perske, bessies, melk, gorgonzola, room, mascarpone, vla, blomkool, amandel, sjokolade, laventel, suurlemoen, framboos en chardonnay.

Koop só
Bourbon-peule van Madagaskar word as die bestes ter wêreld bestempel. Koop peule wat sag en plomp is, en meegee wanneer jy hulle tussen jou vingers rol. As die peule droog is, kan jy nie die sade uitkrap nie. Lees die etikette deeglik wanneer jy vanielje in ander vorme koop. Kies eerder ekstrak as vanielje-essens/geursel.
Bêre só
Bêre die peule in ’n lugdigte houer, of soos ons in die vrieskas, want dan droog hulle nie uit nie en hou baie langer. Vryf die peul tussen jou handpalms om te ontdooi.

Maak só
Rol die peul ’n paar keer tussen jou vingers om die saadjies los te wikkel. Sny die peul met ’n skerp messie in die lengte oop en krap die sade met die lemkant van die mes in een beweging uit sodat die swart saadjies aan die mespunt klou.

Gebruik só
Die heel peul kan ’n paar keer by melk, vla of room gegooi word om geur te gee. Spoel ná gebruik af, druk droog en bêre in ’n lugdigte houer, of in die suikerbottel om daar ook weer geur te gee. Sny die peul oop en krap die blinkswart saadjies in ’n suikerstroop of by gebak in.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.