Blitsvinnige spek en groente quiches

Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele crphotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spesery geroosterde groente

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
  • 1 t (5 ml) komyn
  • 1 t (5 ml) vinkelsaadjies
  • 1 t (5 ml) koljandersaad
  • ½ t (2,5 ml) gerookte paprika
  • ½ k (125 ml) olyfolie
  • 1 groot patat, skoongeskrop en in blokke opgesny
  • 6-8 babawortels
  • 3 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 1 blomkool en 1 broccoli, in blommetjies gesny
  • 3 e (45 ml) olyfolie
  • 400 g haloumi, in 3 cm-blokke gesny
  • ¼ k (60 ml) elk pampoensaad, sonneblomsaad en gevlokte amandels

Spek en groente quiches

Bêre vir 2 dae in die yskas in ’n digsluitende houer.

Metode

Spesery geroosterde groente

  1. Verhit die oond tot 200 ˚C.
  2. Meng die knoffel, komyn, vinkel, koljander, gerookte paprika en olyfolie in ’n groot mengbak.
  3. Voeg die groente by die spesery-olie, meng goed en skep in ’n groot oondpan.
  4. Rooster die groente vir 30-40 min, of tot gaar. Voeg die haloumi en saadjies by as daar 10 min. van die roostertyd oor is.
  5. Haal uit en laat afkoel voordat jy dit vir die week in ’n digsluitende houer bêre.

Spek en groente quiches

  1. Verhit die oond tot 180˚C. Sit 6 repies spek op ’n bakplaat en bak vir 10 min. tot gaar (nie bros nie).
  2. Spuit ’n muffinpannetjie met 6 holtes met kleefwerende kossproei.
  3. Meng 3 liggies geklitste eiers, ¼ k (60 ml) room, 1 k (grof gekapte) van die geroosterde groente (*sien resep bo) en ’n hand vol gekapte vars basiliekruid in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper.
  4. Vou ’n spekrepie in elke holte en vul elke holte ¾ met die eier-en-groente-mengsel. Bak vir 15-20 min. of tot gaar.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

16 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

19 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

20 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

20 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

22 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.