Blom in volkleur: Hoe om blompatrone te dra deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder Hooffoto: H&M Conscious Collection
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Blomme en bloeisels het dié lente die loopplanke versier, en ons het van surfer-sportafdrukke tot delikate tapisserie geïnspireerde ontwerpe gesien. Daar is sowaar ‘n blompatoon vir almal. Dra jou blomme só …
Lees ook: Hoe om jou wintersklere in die somer te dra
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die gewildste styl vir die lente is die helder geblomde rokke van die jare tagtig, tesame met pofmoue en -skouers!
Indien jy hierdie styl in tweedehandse winkels uitsnuffel, of uit ’n kas opdiep, hou jou bykomstighede modern. Voeg ook verbleikte denims en ander helder kleure by om van kop tot toon in 1980 partytjie te hou.
Lees ook: Wat het ons gedink? Style wat ons nie kan glo ons gedra het nie
Bloes en hakskoen Zara; Denim Levi’s; Sakkie Country Road
Die blommeromp kry ook sy inspirasie uit die tagtigerjare en is nou net so gewild soos toe. Die klassieke wit T-hemp bly die beste pasmaat vir ‘n romp.
#rrWenk: Verruil die denimbaadjie en sneakers vir ‘n netjiese somerbaadjie en hakke vir die kantoor.
Lees ook: Meghan in Suid-Afrika – kry haar voorkoms so
Romp en tekkie Zara; Baadjie Diesel; T-hemp Country Road
Nóg ’n era wat nie vergete is nie, is die sewentigerjare. Hier is ’n perfekte naweekuitrusting met leersandale en ’n leerhandsak.
#rrWenk: Skep ’n moderner gevoel en steek ’n knippie of twee in jou hare
Lees ook: Steel haar styl: Sandra Bullock
Rok H&M; Sandale en handsakkie Witchery; Knippies ByCara
‘n Somerspakkie is dié lente ’n moet-hê-uitrusting. Hierdie uitrusting is perfek vir werk, en as jy die baadjie uittrek, is jy gereed vir die naweek!
#rrWenk: Jy kan ook die broek vir denims verruil om jou voorkoms af te wissel.
Lees ook: Wat om te dra as jy ’n gas by ’n troue is
Somerspakkie Witchery; Blombloes Zara; Skoen Country Road
Die weermagbroek is nou ’n groot stylgier en sluit aan by die winter se style en dienlike oorpakke. Die broek gee ‘n stedelike afwerking aan die res van jou uitrusting.
Dra die broek saam met ’n paar hakke om daardie bemagtigde, sterk figuur voor te stel.
Lees ook: 5 moderne maniere om pêrels te dra
Blombloes H&M; Weermagbroek Zara; Hakskoen ALDO
Kry dit hier
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.