Hoekom jy BrainWorking Recursive Therapy® moet oorweeg

BrainWorking Recursive Therapy ® – hoekom jy dit moet oorweeg deur Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom jy BrainWorking Recursive Therapy ® moet oorweeg

Dit gebeur selde dat ’n nuwe vorm van psigoterapie “revolusionêr” genoem kan word, maar BrainWorking Recursive Therapy of BWRT® is ’n goeie kandidaat vir dié beskrywing.

“Dis anders as enige bestaande terapie,” sê Rafiq Lockhat, Kaapse kliniese sielkundige en direkteur/opleier BWRT®. “BWRT® teiken die eerste fase van die brein se inligtingsverwerkingsproses en gryp in vóór die veg- of vlugreaksie wat toestande soos fobieë, algemene angssindroom of obsessief-kompulsiewe versteuring kenmerk, vatplek kan kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die uitkoms verras ons keer op keer. Die terapie werk vinnig en doeltreffend, en probleme wat spesifiek behandel word, keer nie terug nie. Ek was aanvanklik skepties maar die resultate het my oortuig. Ek het die dieselfde reaksie by my kollegas opgemerk – ek het sedert 2014 sowat sewehonderd sielkundiges en verskeie psigiaters in BWRT®-tegnieke opgelei.”

Rafiq gesels eers oor sy kennismaking met die terapie voor hy verduidelik hoe BWRT® werk.

“Ek het reeds dertig jaar ’n private praktyk. Een probleem waarvoor ek jare lank ’n oplossing probeer kry het, is die tydrowendheid en hoë koste verbonde aan sielkundige terapie. Ek was van 1994 tot 2004 ’n dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en my meestersgraadstudente het dikwels gesê: ‘Ons kry goeie opleiding, maar dit pla ons dat psigoterapie nie binne die bereik van alle inkomstegroepe is nie.’

”In 1999 het ek ’n kursus in EMDR (Eye Movement Desensitisation and Reprocessing) geloop. Dit het tydsgewys my sessies met traumagevalle met dertig tot vyftig persent ingekort.

“Ek het ook hipnose aangeleer, en in 2010 op die webwerf hypnosense.uk van die Britse hipnoterapeut Terence Watts afgekom. Ek het sy hulpmiddels vir professionele hipnoterapeute met groot vrug gebruik. In 2013 het Terence ’n aanlynkursus oor die soge-naamde Contentless Therapy bekend gestel. Ek het gedink dit klink weird, maar ingeskryf omdat ek respek vir sy werk gehad het.

“‘Contentless Therapy’ was Terence se aanvanklike konsep van BrainWorking Recursive Therapy ®. Ek het bitter min van die kursus begryp, en boonop het dit my gevestigde oortuigings omgedop. Sy aansprake het my geskok. Toe ek kapsie maak, het Terence net gesê: ‘Voltooi die kursus. Jy sal later verstaan.’

“Sy protokol vir die toepassing van die terapie was bra vaag. Ek is betrokke by ’n Kaapse kliniek waar van my pasiënte soms ’n tyd lank opgeneem word. Ek het besef ek sou in hierdie veilige omgewing die terapie kon uittoets met pasiënte wat bereid is om hul toestemming te gee.

“Die eerste geval was ’n pasiënt wat angsaanvalle gekry het. Ek het voorheen met haar hipnoterapie gedoen. Ná my eerste probeerslag met die vae protokol – net twintig minute – het sy gesê: ‘Iets in my brein voel anders. Die kwessie wat my gepla het, is weg.’ Ek het gesê dis onmoontlik, maar sy het volgehou.

“Terence het nou my volle aandag gehad. Ek het gevra of ek die kursus kon herhaal – verkieslik gratis, want die wisselkoers was iets vreesliks! Ek was meer ontvanklik en sy benadering het begin sin maak, al het dit hemelsbreed van my bekende werkswyse verskil.

“Kort voor lank was ek so opgewonde dat ek aangebied het om Terence te help. Hy het die terapie spesifiek vir angsstoornisse ontwikkel, maar ek sou dit uittoets met pasiënte wat uiteenlopende probleme soos trauma, seksuele mishandeling en fobieë ervaar. Ek het onderneem om minstens 200 gevallestudies aan te teken.

“Dit het my agt maande geneem. Ek en Terence het elke aand ure lank ge-Skype. In September 2014 is ek Brittanje toe waar ons ’n handleiding vir die opleiding van terapeute saamgestel het.

“Terug in Suid-Afrika het ek by PsySSA (Psychological Society of SA) se jaarlikse kongres ’n lesing oor BWRT® gelewer. Ek het besef my kollegas het bloot kom luister omdat ek reeds talle
seminare aangebied het, in professionele rade gedien het, en hulle my as geloofwaardig beskou het. Die inhoud was vir hulle ook vreemd, maar hulle het ’n werkwinkel aangevra.

“Die werkwinkel het nie goed afgeloop nie. Ek het onder meer te min tyd ingeruim om die tegnieke in te oefen, en het geen videomateriaal beskikbaar gehad nie. Sedertdien het ek geleer video’s van pasiënte wat instem om afgeneem te word, oortuig werkwinkelgangers van die sukses van die terapie.

“Later het ek die eerste werkwinkelgangers weer opgelei – dié keer gratis – en sedertdien bied ek landwyd werkwinkels vir sielkundiges, psigiaters en geregistreerde beraders aan. Die sielkundiges wat in die weermag en in Korrektiewe Dienste werk, het reeds opleiding ontvang, en ek is besig met die sielkundiges betrokke by die SAPD. Die reaksie bly besonder positief; die mense wat BWRT®-opleiding ontvang, behaal groot sukses met die toepassing daarvan .

“In 2016 het ons die eerste Internasionale BWRT®-kongres in Brittanje gehou. Die meerderheid lesings is deur Suid-Afrikaners aangebied. By PsySSA is die BWRT®-simposium deesdae die gewildste aanbieding.”

Lees ook: Neuroterapie – kry jou brein in rat

Hoe werk BWRT®?

“Die doel van sielkundige terapie is om pasiënte beter te laat voel, beter te laat funksioneer en probleemkwessies op te los. In Suid-Afrika kom ons baie voorvalle teë van post-traumatiese stressindroom, angs, depressie, fobieë, die gevolge van seksuele molestering of verkragting, mense wat die verlies van ’n geliefde moet verwerk, of ma’s wat moeilike geboortes ervaar het en angsbevange is wanneer hulle weer swanger word, en so meer.

“Neem die voorbeeld van mense met ’n fobie vir honde. Hulle kan nie die kinders park toe neem, gaan draf, of sommer net by vriende met honde opdaag nie. Hulle dink heeltyd: wat gaan gebeur as ek ’n hond teëkom? Hoe kan ek dit voorkom? Hulle weet hul ekstreme reaksie op honde is onlogies, maar hulle kan dit nie beheer nie. Dis deel van die bedrading in hul brein.

“Tot nou toe was psigoterapie hoofsaaklik daarop gemik om die effek van ’n fobie of ander toestand te help bestuur. Iemand wat angsaanvalle kry, het tegnieke aangeleer om hulself te kalmeer. Terapie kon help om sekere toestande te bestuur, maar nie om die probleem op te los nie – dink maar aan die term ‘anger management’.

“BrainWorking Recursive Therapy ® is in pas met die jongste neurowetenskaplike ontwikkelings. Dit stel die inligtingsverwerkingsproses in die brein – asook die onbewuste – in ’n nuwe lig. Die proses is geïnspireer deur die werk van die navorser Benjamin Libet, wat bevind het daar is ’n tydsverloop tussen die oomblik wanneer die brein op ’n stimulus begin reageer en die oomblik wanneer ons van dié reaksie bewus word.

“Gestel jy het ’n hondefobie. Sodra jy ’n hond sien, reageer jou reptielbrein met die veg- of vlugreaksie. Hoewel die reaksie plaasvind, is jy nog nie daarvan bewus nie. Jy word eers sowat een derde van ’n sekonde later daarvan bewus, sodra die aanvanklike neurologiese impuls vyftig meter ver in jou brein gereis het – van die reptiel- na die neo-Mammalian-gedeelte van die brein.

“Hieruit word dit duidelik dat patrone wat deur die jare in ons reptielbrein vastrapplek gekry het, soos ’n veg- of vlugreaksie wanneer ons ’n hond sien, buite ons beheer val. Ons besluit nie om so te reageer nie; die reaksie oorval ons.

“Terence – wat, terloops, as rekenaaringenieur gehelp het om die eertydse Commodore-rekenaar te ontwerp – het ’n manier gekry om in daardie gaping van ’n derde sekonde in te gryp. BWRT® stuit die gewoonte-reaksie in die reptielbrein. Dit verwyder die emosionele lading wat daaraan gekoppel is, en skep nuwe neuropaadjies met die gewenste emosionele reaksie op die stimulus. Die proses duur nie lank nie en die verandering skop onmiddellik in. Die nuwe reaksie op die stimulus is boonop permanent.”

Presies hoe BWRT®-praktisyns hierdie ingreep fasiliteer, wil Rafiq nie verklap nie. “Dis uiters belangrik dat die proses korrek en verantwoordelik uitgevoer word. Daar is ’n streng protokol wat maksimum doeltreffendheid en volkome veiligheid verseker.

“Die toepassingsmoontlikhede van BWRT® brei voortdurend uit. By die Terence Watts BWRT® Institute in Engeland is Terence, wat vanjaar tagtig word, steeds toegespits op sy ontwikkelingswerk. Van my plaaslike kollegas kry gedurig vars maniere om dié terapie aan te wend.

“Ek het nooit gedink dit sou in ’n groepsopset kon werk nie, maar dit word suksesvol gebruik in steungroepe vir vroue wat seksueel mishandel is, asook in skole om eksamenvrees te tem. Een kollega span BWRT® in om mense wat intellektueel gestrem is, van trauma te genees. Ek is oortuig daarvan dat hierdie kwantumsprong in geestesgesondheid gaan aanhou om die mensdom te verras.”

Meer inligting by bwrtsa.co.za en bwrt.org

Ek is ’n nuwe mens

“Selfvernietigende optrede het voorheen my lewe gekenmerk,” sê Odette* (30), ’n pasiënt van dr. Elisa Mecco, ’n Johannesburgse kliniese sielkundige en gevorderde BrainWorking Recursive Therapy ®-praktisyn. “Afgesien van selfdoodpogings het ek motors afgeskryf en versuim om by die werk op te daag, of my kinders skool toe te stuur. Ek het ’n geweldige stryd met my emosies gehad en op medikasie staatgemaak om staande te bly.

“My grootwordjare is deur trauma en mishandeling gekenmerk. In 2017 is grenslynversteuring by my gediagnoseer en my sielkundige is ingelig dat geen terapeut my sou kon help nie. Ek is aan myself oorgelaat tot ek so gelukkig was om verlede jaar by dr. Mecco uit te kom.”

“Ek het geweet Odette sou by BWRT® baat vind,” sê dr. Mecco. “In die BWRT®-opleiding fokus Vlak 1 op post-traumatiese stressindroom, verskillende angsversteurings, fobieë, eiewaarde- en verhoudingskwessies, vrees vir gesag, asook die rouproses. Vlak 2 is afgestem op gedragspatrone en kernidentiteit. Dit sluit depressie, nageboorte-depressie, obsessief-kompulsiewe versteuring, mense wat by die skool, of in verhoudings geboelie word, eetversteurings en afhanklikhede in.

“Vlak 1-kwessies soos trauma ná ’n rooftog kan in een of twee sessies opgelos word. Odette se geval was ingewikkeld. Ons moes eers op Vlak 1 en toe op Vlak 2 werk.”

“Ek moes ’n lys maak van al my traumatiese ervarings – veertig items!” vertel Odette. “Ons het die Vlak 1-kwessies eerste getakel. Ek was skaam oor my verlede, veral oor my seksuele gedrag – ek het op ontoepaslike maniere by mans aanvaarding gesoek.”

“Dit was nie ’n struikelblok nie, want BWRT® het ’n spesiale guilty secret-protokol,” verduidelik dr. Mecco. “Die pasiënt hoef nie besonderhede te verskaf nie, solank hulle die voorval, of die ergste voorval in ’n reeks ervarings, kan herroep.”

“Mettertyd het ek genoeg ontspan om oop te maak,” sê Odette. “Soms het die oplossing van een kwessie ander kwessies vanself laat verdwyn. Voor ons met een of ander kwessie gewerk het, moes ek die emosionele uitwerking daarvan op ’n skaal van een tot tien aandui, en agterna weer. Dis ongelooflik om skielik agter te kom die emosionele houvas wat die saak op jou gehad het, is wég.

“Vlak 2 is ’n transformasieproses waartydens ek die ‘ou ek’ verruil het vir die mens wat ek graag wou wees. Ek het nie meer die behoefte om mans te ontmoet nie en fokus nou op my kinders en my werk. Ek is nog emosioneel, maar nou kan ek my emosies beheer. Voorheen sou ek my in moeilike tye aan my kinders onttrek. Nou sê ek: ‘Kom ons kyk na ’n video en cuddle ’n bietjie.’ Ek voel soveel ligter en het nie meer medikasie nodig nie.”

Lees ook: Jy kan van trauma herstel

Wat verg BWRT® van ’n pasiënt?

“Op Vlak 1 moet hulle die kwessie identifiseer wat hulle wil oplos, en die herinnering aan ’n traumatiese gebeurtenis, of ’n angswekkende voorwerp kan oproep,” antwoord dr. Mecco. “Ons kan hiermee help; daar is onder meer ’n protokol vir ’n memoryless process vir mense wat byvoorbeeld seksuele mishandeling uitgeblok het.

“Ons behaal verstommende sukses met verslawings en rou, al dra iemand reeds twintig jaar lank ’n pynlike verlies saam. Wanneer iemand kanker het, kan ons die angs verminder en positiewer assosiasies met die siekte skep. BWRT® het ’n magdom toepassings.”

*skuilnaam

Dr. Elisa Mecco (Bryanston) doen ook Skype-sessies: 083 227 9343 of elisam@elisa-mecco.com

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.