kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 35: Cheers!

Vlam Hoofstuk 35: Cheers! deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 35: Cheers!

Na die eerste deadline staan Elsie Geselsie snipperig nader.

“Daar is ‘n man by ontvangs wat jou wil sien.  Flippie sê hy lyk nie soos een van jou polisiekontakte nie, maar hy lyk verdag. Donkerbril wat hy nie wil afhaal nie en ‘n pet laag oor sy voorkop. Jy weet, daai soort.”

Elsie en Flippie ag dit hulle plig om elke besoeker as  ‘n verdagte te beskou.

Flippie, die sekuriteitsman, immer gereed met sy Glock aan sy sy en sy knuppel byderhand. Hy werk al sedert die tagtigs by Dagblad en hunker immer na die dae toe die terroriste nog die koerantgebou wou opblaas.

“Jy en Flippie kyk te veel speurreekse. Sê vir die man ek wag net dat die nagredakteur my storie check. Hy moet ’n bietjie wag.”

Na ‘n rukkie is Elsie terug.

Sy bewe van opwinding.

“Hy sê julle het ‘n date! Ek was netnou daar onder. Hy is hot hoor! Selfs met die donkerbril waaragter hy wegkruip. Het jy ‘n date met hom?”

Niekie kyk geïrriteerd op van die rekenaarskerm.

“Ek het nie ‘n date nie en ek moet gou aan my storie verander. Sê vir Flippie die man moet wag. “

Niekie bel een van haar kontakte.

“Is jy seker Immerman is op borgtog uit? Herman het pas op Today gelees hy is nog nie uit nie?”

Sy tik terwyl hulle praat en sy sien nie die man wat agter haar kom staan nie. Na ‘n ruk sien sy Elsie maak allerlei tekens en beduie na iets agter haar.

Flippie staan langs Elsie, gereed vir aksie.

Niekie draai om in haar kantoorstoel.

Blikskottel!

Gelukkig het hy nog sy donkerbril en pet op.

“Wanneer maak jy klaar? Ons het ‘n date.”

Sy vererg haar.

Die man het die manier om haar bloed te laat kook.

“Haal af jou bril. Jy is nie nou in Hollywood nie. Jy hoef nie cool te lyk nie.”

Hy buk af en soen haar op die wang.

Hy fluister sag. “Jy is sexy as jy kwaad is.”

Sy voel hoe die hele redaksie na haar staar.

Die manne in die sportkantoor lag hoorbaar.

“Flippie, hierdie man het nie ‘n afspraak met my nie. Hoekom het jy hom laat inkom?”

Flippie en Elsie is nou grensloos opgewonde oor die aksie.

Almal kyk na Flippie vir aksie, en dis net die aanmoediging wat hy nodig het.

Hy spring vorentoe en neem die man aan die arm.

Hy buig sy arm na agter.

Niekie lag in haar binneste oor die potsierlike prentjie.

Flippie is klein en maer en die filmster, wat hard probeer om anoniem te bly, troon bo hom uit.

Dis Pieta wat laggend ingryp.

“Ou pel, dis beter as jy daar in my kantoor kom sit en wag tot Niekie klaar is. Netnou het ons moeilikheid en so laat in die dag sien ek nie kans vir nog aksie nie. My skof is amper verby.”

Pieta trek sy kantoordeur agter hom toe.

Hy trek sy laai oop, haal twee whiskyglase uit, en skink vir hom en die ster elkeen ‘n dop.

Duard lig sy glas in Niekie se rigting.

“Niekie het uiteindelik ‘n date!” hoor sy spottend uit die sportkantoor.

Sy kan skaars tik, so kwaad is sy.

As sy die groen lig vir haar storie kry, vat sy haar sak en stap sonder Duard by die kantoor uit. In die voorportaal keer Flippie haar voor.

“Ons moet ‘n incident report invul oor daai man! Hy kan bly wees ek was besig met ‘n ander besoeker anders het hy nie verby my geglip nie!”

Net toe gaan die hyser se deur oop.

Duard troon in die voorportaal.

Flippie spring agter die toonbank uit en druk die besoekersboek onder sy neus.

“Ek weet nie wie jy dink jy is nie, maar hier het ons veiligheidsregulasies wat gevolg moet word. Dis my gebou en jy het dit onwettig betree!”

Duard neem die boek gelate en vul sy naam in.

Duard Wayne.

Dan haal hy sy bril af en glimlag vir Flippie.

Flippie kyk ‘n ruk na die naam voor dit by hom registreer.

As hy opkyk, lyk dit of hy ‘n floute gaan kry.

Duard beduie met sy vinger Flippie moet stilbly.

“Ek is op ‘n geheime missie hier. Dankie dat jy die gebou so veilig hou. Ek kan sien jy is ‘n parate man van aksie.”

Hy skud blad met Flippie.

“Ons hou my identiteit maar tussen ons? Jy weet? Met al die joernaliste in die omgewing?”

Dit voel vir Niekie of sy na ‘n komedie staan en kyk.

Flippie spring op aandag en salueer die ster!

“Ek het al jou flieks gesien! Jy is my hero! Kan ons ‘n selfie saam neem?”

Duard vou sy sterk arm om Flippie se maer skouertjies.

Hy gee sy skitter-glimlag.

Dan voel Niekie sy hand ferm onder haar elmboog.

“Soos ek gesê het, ons het ‘n date, Niekie Branders.”

Uit die hoek van haar oog sien sy hoe Flippie bel.

Sy weet Elsie gaan binne sekondes haar verskyning maak.

“Kom, laat ons gaan,” sê sy en stap voor die glimlaggende man uit.

Sy motor staan reg voor die deur, op ‘n geel streep.

“Jou arrogansie ken geen perke nie,” sê sy as sy inklim.

“Hoe lyk dit? Is jy honger? Italiaans?”

Hy wag nie vir ‘n antwoord nie.

Sy sit woordeloos en toekyk hoe hy die motor deur die laat spitsverkeer van Johannesburg stuur.

Asof hy die pad ken.

Hy vleg af met Beyers Naudé en draai in by een van die systraatjies van Linden.

Dié restaurantjie is een van die bes bewaarde geheime in Johannesburg.

“Die beste pasta in die stad!”

Niekie is steeds verstom.

Duard neem haar na ‘n bespreekte stil tafeltjie.

Hy sorg dat hy met sy rug na die res van die gaste sit.

“Bring vir ons julle beste chardonnay. En ‘n groot kraffie sangria. Maak Mamma nog die beste calzone in die stad?”

Die chardonnay skitter in die kerslig.

Duard skink haar glas vol en laat glip twee blokkies ys in, soos sy daarvan hou.

“Niekie Branders, op ons vriendskap.”

Sy neem ‘n groot sluk voor sy haar woorde terugvind.

“Ons is nie vriende nie.”

Duard gee sy skitterglimlag.

“O, maar ons gaan nog baie goeie vriende word  … Cheers!

As jy Vlam Hoofstuk 35 geniet het, sal jy beslis van ons voorlesing, Botox, Barbies en Bietse hou! PLUS ons het ’n nuwe voorlesing wat volgende week begin, Dans met die rooi rok. Dis alles gratis en jy kan enige tyd daarna luister!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.