kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bloublasiebrand: Die volledigste noodhulp in 5 stappe

Bloublasiebrand! Die volledigste noodhulp in 5 stappe deur Salomé Delport. Hooffoto: istock/HeidiLeask

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bloublasies – elkeen is eintlik ’n vierling – is fassinerende seediertjies en goed giftig ook. As jy so ongelukkig is om deur een gesteek te word, kry hier gou die regte noodhulp, stap vir stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Dis wat jy moet weet oor bloublasies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrGesondheid: Hou ’n 750ml bottel asyn in jou rugsak of strandsak vir noodgevalle.

Noodhulp as ’n bloublasie jou steek

1 Verwyder die drade versigtig maar sónder druk op die aangetaste vel

  • Jy kan hulle afspoel – verkieslik met asyn as dit beskikbaar is.
  • As jy nie asyn byderhand het nie, spoel die drade met seewater weg en/of lig hulle op en wég van die vel. Lig die bloublasie met iets soos jou sonbril se oor, ’n skulp of ’n strooitjie op.

#rrWenk: In ’n noodgeval, vra die naaste restaurante of vis-en-skyfie-kiosk vir asyn

2 Deaktiveer die gif met asyn

Kry asyn en spoel die aangetaste dele mildelik daarmee af. Moet dit nié aanklad nie, want druk sneller die gifvrystelling.

#rrWenk: Vang die asyn op soos dit afloop en spoel die aangetaste deel weer af.

3 Klim in ’n bad vuurwarm water

Die volgende beste hulpmiddel is hitte. Hou die aangetaste deel in goedwarm water (45°C, of so warm as wat die persoon kan uithou) vir 20-40 minute, of lê in die bad, of spoel warm water vrylik oor die vel.

4  Ken die normale simptome én die komplikasies

Selfs sonder behandeling behoort die brandpyn op die vel na ’n uur te verdwyn. Simptome soos hoofpyn, naarheid, vomering en selfs diarree is normaal. As jy erg sleg voel of deur ’n hele klomp bloublasies gebrand is, gaan na die naaste noodeenheid.

5 Moenies

  • Moenie sand aan die aangetaste dele vryf nie.
  • Moenie uriene, alkohol of soutwater oor die vel giet nie.
  • Moenie die aangetaste vel met ’n kaart of skerp mes afskraap nie.

Foto: SheronStewart/istock

Meer oor die bloublasie se gif

Daar is wêreldwyd totale verwarring oor die regte manier om bloublasiebrand te hanteer. Die rate en selfs amptelike prosedures reik van grillerig (“kom ek piepie gou daarop”) tot teenstrydig.

Die ou mense sê giet asyn oor die bloublasiebrandplek. Sedert die 1980s is die amptelike noodhulpriglyn wêreldoor egter dat asyn vermy moet word en selfs die brand kan vererger. Jy moet liewer aluminiumsulfaat opsit – met ander woorde ’n bakpoeier-en-water pasta of ’n middel soos Stingose.

Ander sê weer: Spoel die drade met seewater af. Nee, sê nog ’n ewe oortuigde groep, vars water is beter. Wat van bier daaroor giet? (Ons sê: Moenie!)

Uit ’n biochemiese oogpunt klink yspakke en koue water logies, want koue onderdruk chemiese reaksies en sal dus die gif minder aktief maak. Maar nee. Warm water is die beste, sê diegene wat dit al probeer het.

Daar is selfs raad dat jy oor die vel met ’n mes of bankkaart moet skraap, om die agterblywende angels af te skraap Dis die allerverkeerdste raat wat daar is.

En laastens is daar die eg Suid-Afrikaanse brigade wat by Robertson’s Meat Tenderizer sweer, glo dit of nie. Lees hier meer daaroor.

Die Universiteit van Hawaii het dit onlangs behoorlik nagevors en van die min wetenskaplike ondersoeke daaroor gepubliseer. Bogenoemde riglyne is hierop gebaseer. Lees die volledige artikel hier

Lees ook hier hoekom die boereraat om Robertson’s Meat Tenderizer op die rooistrepe te sprinkel potensieel meriete het.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.