kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bekommerd omdat jy vergeet? Hou jou brein jonk

Verpes jy opmerkings oor wat mense se ouderdom hulle toelaat om te doen? Dinge soos:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Wil jy regtig Tafelberg gaan uitklim? Kan jy nie maar net daarna kyk nie?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Is daardie skoentjies / broek nie ’n bietjie te jonk vir jou nie?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Nee wat, vergeet van sosiale media en digitale bemarking. Jy is te oud.”

Dan is jy nie alleen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ouderdomstrots of ouderdomsywer is deesdae ’n groot neiging in veral Eerstewêreldlande. Waar vorige geslagte tevrede was om ná die hoogtepunte van volwassenheid te kwyn, sê die nuwe vyftigplussers nonsens daarmee.

Van die jare sewentig tot die millennium het mense bo vyftig wel teen oudword begin skop maar die meeste was heel tevrede om net jonger te lyk, met hulpmiddels soos ontrimpeling en modieuse klere en grimering.

Nie ons nie. Ons wil goed lyk én ten volle lééf ook. Ons wil soos Angela Vorobeva op byna 87 jaar Kilimandjaro uitklim; soos June Groenewald op 72 ’n restaurant begin; soos Via Strydom op tagtig ’n skootrekenaar koop en YouTube bemeester.

Die American Association of Retired Persons (AARP), met 37 miljoen lede, het glads ’n slagspreuk: It is time to disrupt aging. Ons kan kies hoe ons wil leef. Ouderdom bepaal nie ons keuses nie, sê hulle. Ons is die baas van ons jare.

Maar, vra mense, julle is tog nie meer wat julle was nie? Julle kan nie die aanslae van die ouderdom, soos diabetes, artritis, bloeddruk en cholesterol ontken nie?

Dit is waar.

As vorige geslagte ouderdomskwale as onafwendbaar aanvaar het, wil ons geslag dit bestuur. Die AARP sê ons geslag gaan dokter toe en sê: Dokter, dit is my gesondheidsituasie. Jy moet al my mankoliekigheid keer en omkeer. Ek wil nuwe knieë, ’n bril en pille vir die res hê.

Ons is ook bereid om ons kant te bring – fisiek, verstandelik en psigies.

Aangesien dit nou ’n feit is dat selfs ou breine nuwe brein-paadjies (sinapse) kan bou, moet dit moontlik wees om jou toekomstige breinouderdom beter te bestuur.

Die American Society for Aging het opnames in Amerika en Kanada gedoen en vasgestel dat 84% van mense bo vyftig elke dag doelbewus tyd maak vir aktiwiteite wat hul brein potensieel kan skerp hou, soos lees, sudoku, oefening, legkaart bou, kaart-speletjies en tyd saam met hul maat of vriende.

Stap jy soggens by ’n gim in, sien jy soms meer afgetredenes as jonger mense. Op die landelike paaie van die Boland is gryskoppe en afgetrede paartjies op fietse volop. Die Comrades se syfers bevestig dat ouer mense deesdae fluks oefen. In 1980 was die gemiddelde ouderdom van deelnemers 34; dit is nou bo 40 vir vroue en bo 42 vir mans. Om die ouderdom op te trek moes heelwat meer mense van in die vyftig as vantevore deelgeneem het.

Ons geslag is ook nie oppervlakkig nie. Ons wil ’n sinvolle lewe lei. Ons is vasbeslote om op en wakker én gelukkig te bly. En dit maak sin. Ons weet ons kans is goed om baie ouer as vorige geslagte te word. Mét alles wat dit impliseer.

Volgens die Amerikaanse CDC vrees een uit elke drie van ons verswaktheid. Die CDC se Healthy Brain Initiative wys dat 16%-25% van ons gaan sukkel met ligte kognitiewe aantasting sónder demensie teen die tyd dat ons 65 is.

Met so ’n vooruitsig is dit geen wonder nie dat ons vergeetagtigheid meer as siekte vrees – 62% teenoor 29%. Wat is die sin van ’n lang lewe as dit nie ’n gesonde, intelligente een is nie?

Kan ons regtig iets doen?

Beslis. En wag tot jy sien wát.

’n Glasie wyn, ’n lekker storieboek, goeie geselskap en ’n paar kilogramme ekstra kan jou help beskerm.

Daar is geen rede om die groot navorsingsondersoeke wat die afgelope dekade of twee in veral die VSA en Noorse lande gedoen is te wantrou nie maar resultate moet in die stadium versigtig geïnterpreteer word. Byvoorbeeld: die uitslae vir depressie is onduidelik.

Dit kan eerder met winter-depressie (SAD) verband hou, as met depressie weens druk, wat meer algemeen in ons land is. Depressie kan ook ’n voorteken van breinagteruit-gang wees, eerder as ’n oorsaak.

Kyk die lysie van bevindings uit drie van die belangrikste ondersoeke deur en tik af wat op jou van toepassing is.

Jou pad vorentoe is om eenvoudig meer van die dinge te doen wat jou help, medikasie en aanvullers te gebruik wat jou kan beskerm en die dinge wat sleg vir jou is te verminder.

Die meeste goeie dinge is eintlik baie lekker.

Lees ook: Maak jou hart gesond

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.