kategorieë: LeesOntspanning

Boek van die maand: Die rooitamatie storie

Dié Kokkedoor-finalis se menslike, teer en inspirerende verhaal bevat ook haar topresepte en ander kulinêre geheime. Baie soos die trefferboek van Laura Esquivel, Like Water for Chocolate, is dit meer as net nog ’n resepteboek: dis ’n innige verhaal van ’n mens se tog deur die lewe en die kos wat haar deurentyd as reismaat vergesel het. Die groot verskil is dat hierdie boek nie fiksie is nie, maar die regte sielereis en geskiedenis van Renette Vosloo, die kok en die kop agter die suksesstorie wat die restaurante en handelsmerk, Rooitamatie, geword het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die hele pad: van die vroegste herinneringe aan haar “groot” en “klein” oumas (en die kos wat hulle gemaak het), deur haar jare lange verbintenis met haar man, Emile, die kind wat sy verloor het en die uiteindelike sukses op TV en elders met haar groot droom: om haar eie manier van kook met ander te deel. En die resepte is op die koop toe werklik verkwikkend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy net een kookboek aanskaf, is dit hierdie een. Lieflik, eerlik, lewensbly en dankbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Uitgewersprys R390                  
rooi rose R351

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestel boeke vinnig

Indien jy hierdie boek teen die bogenoemde afslag- rooi rose-prys wil bekom, kies een van die volgende opsies:
1 E-pos jou naam, telefoonnommer en keuse(s) na shop@graffitibooks.co.za
3 Bel 012 548 2356 gedurende kantoorure en noem dat dit van die rooi rose-boeke is wat jy wil bestel. Ons sal in kantoorure terugbel of e-pos.
4 Besoek graffitiboeke.co.za
5 Boekpryse is onderhewig aan verandering.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.