Dié bekroonde skrywer se vierde roman handel oor Gilbert du Toit, ’n man wat ná die dood van sy pa visioene begin beleef van vlugtige skole visse en kontoerlyne van lig. Die gestaltes is soos boodskappers, dink Gilbert en hy besluit om die visse te volg – heel-pad oor die wye Karoo-vlaktes na die Kaap. Op sy reis kom hy allerlei karakters teë, soos die trio oudtronkvoëls wat nou met trompet, viool en kitaar die platteland deurkruis. Hy het belewenisse in kleindorpse kroeë, selfs in dinosourusparke – talle daarvan so vergesog dat jy jou dit nooit sou kon verbeel het nie. Maar al is sy reis hoe ver, bly die storms van sy verlede hom by.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Op Kuilsrivier vind hy ’n bietjie rus, selfs liefde, maar hy kan die vraag nie langer ontduik nie: Is die visse wat hom aandryf deel van die groter mag wat sy lot bepaal, of is hy net gek?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Magiese roman, tergend en onpeilbaar, nes die sterrehemel oor die Karoo …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Uitgewersprys R220
rooi rose R200
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.