Martin Steyn het 2015 se ATKV Woordveertjie vir Spanningslektuur gewen, en in 2016 sommer wéér so gemaak – die derde keer dat ’n skrywer dié gesogte prys twee jaar agtereenvolgens wen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }En pas het nog ’n boek uit sy pen die lig gesien. Swartval is anders in die sin dat dit nie doodreguit ’n riller is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Claire Winters word in ’n sementsel gevange gehou deur, dink sy, die een wat die blomme op haar kar gelos het. Dié keer gee hy nie, dié keer wil hy vat. Vir háár. Haar hoop is dat haar broer, ’n speurder, dalk sal kom om haar te red – hy weet immers wie die man is wat haar ontvoer het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Steyn voer ’n kragtoer uit deur in die prooi se kop te klim, haar pyn, asook die reis nadat die raaisel “opgelos” is, kragtig en met patos te ondersoek.
Behalwe dat Steyn hom binne drie jaar sekerlik as een van ons voorste skrywers in die riller-genre gevestig het, is dit sy menslike benadering tot karakters wat hom kop en skouers bo ander laat uittroon. Die uitsonderlike sielkundige riller bevestig dit luid en onvergeetlik. En die wonderbaarlike is: dit raak nooit, nooit kil en klinies nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Uitgewersprys R240
rooi rose R216
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.