kategorieë: Dra dit soMode

Boheemse-Safari by die see

1. Bespaar: Eenstuk met aztec-patroon (R450; 6-18) Jeep.
Hierdie eenstuk is ’n vleiende keuse vir meeste ouderdomme en figure. Die kleur sal ongewenste areas verbloem. Jy is ook in die kol met die seisoen se boheemse en safari-neigings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Country Road, wyerand hoed (R399) Woolworths.
Beskerm jou gesig teen die sterk Afrika-son met ’n wyerand hoed. Stylvol en prakties.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Kralewerk-armbande (R120 elk) Henriette Botha.
Hierdie armbande (gedra as ’n stel of afsonderlik), bied ’n tikkie elegansie en safari-flair as jy verkies om te skitter op die strand. Indien nie, neem dit gerus saam in jou strandsak en dra dit vir skemerkelkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Bekostigbare kopie: Mansstyl-sandaal met gespe (R69) Mr Price.
Die ‘Birkenstock’, oftewel mansstyl-sandaal is groot modenuus hierdie somer. Dit bied ’n gemaklike loopoppervlak en die goue band en gespe skep pragtige sprankel as jy nie die sand kaalvoet wil aandurf nie.

Voeg twee addisionele items in jou strandsak en transformeer jou strand-uitrusting in ’n pakkie perfek vir skemerkelkies by ’n nabye kuierplek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Kelso eenstuk (R349; 8-18) Edgars.
Die eenstuk is ’n sleutel-item hierdie somer. Die silhoueet is egter nie altyd vir almal se figuur nie. Indien jy dit oorweeg, kies ’n vleiende materiaal en donker kleur soos swart om te verbloem waar nodig. Die item glip maklik aan na ’n lang dag by die see en sal jou van die strand tot stylvolle skemerkelkies neem in n japtrap.

6. Country Road dubbelband wighak-sandaal (R1249) Woolworths.
Die wighak-sandaal is die perfekte pasmaat by hierdie stylvolle simplistiese eenstuk. Dit bied hoogte en stap gemakliker as dun spykerhakkies. Die kleur is nie seisoenaal gebonde nie en is daarom ’n slim kopie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

21 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.